Deur : Skriba  /  March 11th, 2012

VAS IN LYDENSTYD

Lydenstyd is die 7 weke of 46 dae van Aswoensdag tot Paassondag wanneer gelowiges die lyding van Christus gedenk.  Wanneer gelowiges gedurende Lydenstyd vas, is dit om ons daaraan te herinner hoe Jesus alles vir ons opgeoffer het.  Jykan vas (nie eet of iets doen nie om sodoende meer aan Jesus te dink) van kos of koffie, sjokolade, TV kyk of enigiets. As jy honger of lus raak vir dit waarvan jy vas, herinner dit jou om aan Jesus te dink.

 

GEMEENTEVERGADERING

Vanaand tydens die aanddiens wil ons graag luister wat die gemeen- te hoor in Luk 10.  Ons wil almal oud en jonk nooi om u insette te kom lewer tussen 19:00 en 20:00.

 

GEMEENTE  VERJAAR

Dinsdag 13 Maart is die gemeente 39 jaar oud. Kom ons maak moeite om Dinsdagaand die wyksbyeenkomste by te woon.

 

DAG SONDER SKOENE

Baie dankie aan almal wat skoene geskenk het.  Dit het al baie vreugde en dankbaarheid verskaf.

 

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggende se eredienstye verander vanaf 1 April 2012 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

FINANSIES

Danksy lidmate se positiewe reaksie gaan ons vanjaar met baie minder as die verwagte R80 000-00 tekort afsluit. Baie baie dankie aan elkeen wat sy/haar verantwoordelikheid op die gebied nakom.  ” Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het, nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief”  2 Kor 9:7.

 

BEHEERLIGGAAM VAN SKOLE

Gedurende Maart is daar weer verkiesings en ons moedig ouers aan om betrokke en verkiesbaar te wees.

 

GEBEDSSPAN

Wil u medewerker van God wees?  Kom bid dan saam om die wil van die Here en strewe saam om ʼn gebedskultuur in die gemeente te vestig.  Name aan Danie  084 517 2610.

 

WILDSFEES

 Jagpakkette is nou beskikbaar – net vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Praat met Danie Theart.

 

SOP EN BROOD RESEPTEBOEK

Groep 6 wil graag ‘n “Sop en Brood Resepteboek”  uitgee as ‘n woekerprojek vir die basaar.  Gee of stuur asb u resep na die kerkkantoor.  Ons sal dit veral waardeer as ons resepte van groep 6 kan kry.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds (vir u) ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskom- missie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie by 084 5172610.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deelkan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy onskan help met die beplanning.

 

BID VIR PROSES VAN KERKHERENIGING

Die dagbesture van die VGK SA en die NG Kerk het op 23-25 Februarie ontmoet as deel van die voortgaande fasiliteringsproses oor kerkhereniging.  Taakspanne sal nou besprekingsdokumente voorberei oor eenheid, die Belydenis van Belhar en herstellende geregtigheid. Volledige inligting hieroor is reeds na gemeentes en predikante gestuur.  Voorbidding vir hierdie proses word ook gevra.

 

PETISIE TEEN BYBELVERTALING

Die Bybelgenootskap neem kennis van ’n e-pos-petisie teen die nuwe Bybelvertaling wat die rondte doen. Hierop reageer dr Gerrit Kritzinger van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika as volg: “Ek wil dit baie duidelik stel dat vir die Bybelgenootskap en die vertalers die geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, ononder- handelbaar is, en ons sal nooit, soos die e-pos beweer, die Godheid van Christus misken nie.”

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ACVV WINKEL

Die ACVV winkel agter die Spar wat tweedehandse klere verkoop, het baie dringend vrywilligers nodig om te help in die winkel.  Indien u bereid is om te help, kontak asb vir Susette Hugo 084 244 6380.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Ons volgende byeenkoms vir depressievegters is Woensdag 14 Maart om 19:15 in die Marthasaal, Jan van Riebeekstraat (oorkant die landdros-kantoor).  Die spreker is ds Rogers van die VGK in Wellington.  Die onderwerp is “Die Uitwerking van depressie op die Gemeenskap en Gemeente en Huisgesin.” Ds Rogers is ‘n gebore Welling-tonner enkan sy woord goed doen.  Dit beloof om ‘n baie mooi aand te wees.  Kontak Petro 021 873 4688 / 072 709 8000 indien jy vrae het.

 

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Hierdie interkerklike biduur vir herlewing en getuienis ontmoet weer op Sondag 11 Maart om15:30 by Eerste Laan 22. Ons kry vars nuus en bid onder andere virWellington se sendelinge by die naam.  Almal welkom.  Bring jou eie gebedsonderwerpe ook saam.  Vir meer inligting: ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za

 

BASAAR WELLINGTON MOEDER

Saterdag 17 Mrt v/a08:00!  Vleis, groente, vrugte, ingelegde produkte, pannekoek, basaarpoeding, gebak, koekies, brood en beskuit, geriefsvoedsel, boereworsrolle, hamburgers, sosaties, geskenke, handwerk en ‘n heerlike Koffie/Tee Tuin. Kinderpret: poppekas, kettie skiet, “paintball”, cupcake versier kompetisie, kom bederf jouself by die “beauty parlour”, skopfiets resiesbaan, sandput vir die peuters, lekkernye by die dosyne, slush puppy & vele meer verrassings soos Nickerbol die Nar om jou dag vol pret te maak!  Kom kuier heerlik saam met jou kinders onder die bome en tente terwyl julle smul aan ons lekkernye.

 

DEUROFFER KIX

Kinders in Christus is ons midweekbediening aan ons GrR tot Gr3 leerders.  Elke Woensdag kom ons bymekaar vir bediening van die Woord.  Dit word op ‘n prettige manier aangebied dmv speletjies, skeppende aktiwiteite , bak en brou en vele ander lekker dinge!  Ons is op die oomblik ongeveer 25 kinders wat KIX getrou bywoon.

 

ANDER SERTIFIKAAT VAN LIDMAATSKAP MET KERKRAADSTOESTEMMING

Marius Truter & Johanna Christina Louw (nou Truter) vanaf Moeder na wyk Laer-Uitsig.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 11 – 17 Maart

2 Kron 14 – 20.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

In die Nuus