Deur : Skriba  /  March 18th, 2012

VAS IN LYDENSTYD

Lydenstyd is die 7 weke of 46 dae van Aswoensdag tot Paassondag wanneer gelowiges die lyding van Christus gedenk.  Wanneer gelowiges gedurende Lydenstyd vas, is dit om ons daaraan te herinner hoe Jesus alles vir ons opgeoffer het.  Jy kan vas (nie eet of iets doen nie om sodoende meer aan Jesus te dink) van kos of koffie, sjokolade, TV kyk of enigiets. As jy honger of lus raak vir dit waarvan jy vas, herinner dit jou om aan Jesus te dink.

 

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggende se eredienstye verander vanaf 1 April 2012 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

“BREAKFAST RUN” 21 MAART

Motorfietsrit na Goudini via Bainskloof en Slanghoek.  Ons eet ontbyt by ‘n restaurant naby Goudini.  Mans, vrouens, kinders – almal welkom. Vir scooters/poegies is daar ‘n verkorte roete tot 1ste of 2de tol.  Kinders moet ‘n lisensie hê en ook ‘n vrywaringsvorm voltooi.  Vrouens en vriende welkom om met motors saam te ry.  Die groep sal met motors voor en agter begelei word.  Almal wat belangstel, ontmoet Bennie Smith na die oggenddiens voor die preekstoel.  Navrae aan ds NJ of Bennie Smith 021 873 5252 / 083 651 3305.  Ons vertrek om 08:00 vanaf Die Sentrum.

 

MOET SIEN FLIEK

“Courageous”  is ‘n goeie inspirerende fliek vir die hele gesin.

 

FINANSIES

Danksy lidmate se positiewe reaksie gaan ons vanjaar met baie minder as die verwagte R80 000-00 tekort afsluit. Baie baie dankie aan elkeen wat sy/haar verantwoordelikheid op die gebied nakom.  ” En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”  2 Kor 9:8.

 

KATEGESEBOEKE

Herinnering aan alle ouers wat nog nie hul kinders se Kategeseboeke betaal het nie.  Die pryse van die boeke is as volg:  Gr 4-6 R15-00, Gr 7-10 R35-00 en Belydenisklas R50-00.

 

WILDSFEES

Jagpakkette is beskikbaar vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

SOP EN BROOD RESEPTEBOEK

Groep 6 wil graag ‘n “Sop en Brood Resepteboek”  uitgee as ‘n woekerprojek vir die basaar.  Gee of stuur asb u resep na die kerkkantoor.  Ons sal dit veral waardeer as ons resepte van groep 6 kan kry.

 

BASAAR POEDINGTAFEL

Hulle benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica Basson 084 664 3895.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskom- missie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deel kan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

 

STUURDERSKONFERENSIE

 Op 21 April 2012 by NGK Wellington-Oos met die tema Die “Geslote” lande en ons.  Die koste beloop R80-00 pp wat verversings by aankoms, by teetyd en ‘n ligte maaltyd insluit.  Vir navrae kontak ds Attie van Wijk 082 557 9796 of attievw@mweb.co.za

 

PETISIE TEEN BYBELVERTALING

Die Bybelgenootskap neem kennis van ’n e-pos-petisie teen die nuwe Bybelvertaling wat die rondte doen. Hierop reageer dr Gerrit Kritzinger van die Bybelgenootskap van Suid-Afrika as volg: “Ek wil dit baie duidelik stel dat vir die Bybelgenootskap en die vertalers die geloof in die drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, ononderhandelbaar is, en ons sal nooit, soos die e-pos beweer, die Godheid van Christus misken nie.”

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ACVV MAATSKAPLIKE DIENSTE

 Benodig mense om op hul Bestuur te dien.  Belangstellendes kan die kantoor 021 873 2204 skakel vir meer inligting.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za

 

DRAKENSTEIN TRANSFORMASIE DEURNAG VAN GEBED

Datum 20 Maart 2012 v/a 19:00 tot 06:00 op 21 Maart.  Plek:  Huis van Gebed – Kerk van Pastoor Jerome September – h/v Lakay en Van den Bosstraat (agter Shoprite in Klein Drakensteinweg), Paarl Oos.  Sekuriteit by parkering.  Vir verdere vrae skakel Annebet Els 072 269 5647 of Esri Malan 072 634 1095.

 

DEUROFFER BYBELGENOOTSKAP

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring.  Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in.  Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

In die Nuus