Deur : Skriba  /  April 2nd, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof tot 5 April en ds NJ vanaf 2 April tot 9 April.  Indien u ‘n predikant benodig vanaf 2 tot 5 April, skakel gerus vir dr Hennie van Deventer by 021 873 7914 (H) of 072 433 0085.

 

VAS IN LYDENSTYD

Lydenstyd is die 7 weke of 46 dae van Aswoensdag tot Paassondag wanneer gelowiges die lyding van Christus gedenk.  Wanneer gelowiges gedurende Lydenstyd vas, is dit om ons daaraan te herinner hoe Jesus alles vir ons opgeoffer het.  Jy kan vas (nie eet of iets doen nie om sodoende meer aan Jesus te dink) van kos of koffie, sjokolade, TV kyk of enigiets. As jy honger of lus raak vir dit waarvan jy vas, herinner dit jou om aan Jesus te dink.

 

LIG TYDSKRIF

Koop gerus hierdie baie goeie, christelike gesinstydskrif vol insiggewende artikels.

 

JAGPAKKETTE

Pakkette is beskikbaar vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskom- missie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deel kan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

 

STUURDERSKONFERENSIE

 Op 21 April 2012 by NGK Wellington-Oos met die tema Die “Geslote” lande en ons.  Die koste beloop R80-00 pp wat verversings by aankoms, by teetyd en ‘n ligte maaltyd insluit.  Vir navrae kontak ds Attie van Wijk 082 557 9796 of attievw@mweb.co.za

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ACVV MAATSKAPLIKE DIENSTE

Benodig mense om op hul Bestuur te dien.  Belangstellendes kan die kantoor 021 873 2204 skakel vir meer inligting.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za

 

DEUROFFER MOSLEMBEDIENING

Die deuroffer is ten bate van Wessel en Lomé Cronje se bediening in Durban.

In die Nuus