Deur : Skriba  /  April 12th, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof tot 9 April

 

LIG TYDSKRIF

Koop gerus hierdie baie goeie, christelike gesinstydskrif vol insiggewende artikels.

 

JAGPAKKETTE

Pakkette is beskikbaar vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskom- missie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deel kan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

STUURDERSKONFERENSIE

Op 21 April 2012 by NGK Wellington-Oos met die tema Die “Geslote” lande en ons.  Die koste beloop R80-00 pp wat verversings by aankoms, by teetyd en ‘n ligte maaltyd insluit.  Vir navrae kontak ds Attie van Wijk 082 557 9796 of attievw@mweb.co.za

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ACVV MAATSKAPLIKE DIENSTE

Benodig mense om op hul Bestuur te dien.  Belangstellendes kan die kantoor 021 873 2204 skakel vir meer inligting.

 

OP SAFARI DEUR DIE LEWE

13-15 April 2012 by Wellington Noord Kerksaal.  Koste beloop R600-00.  Vir meer inligting kontak Adel Malan 083 395 7775 of adel@ibits.co.za

 

VROUE MET VLERKE

Donderdag 19 April van 09:00 tot 16:00 (registrasie reeds om 08:30) by NGK Durbanville Bergsig.  Kostes beloop R100-00 pp wat ligte middagete en verversings insluit.  Prof Christina Landman is die spreker.  Inskrywings en navrae by Esther 021 808 9060 of ngkvroue@sun.ac.za

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 8 – 14 April

1 Konings 15 – 18.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

 

DEUROFFER BADISA

BADISA is die NG en VG Kerk se gesamentlike bediening vir barmhartigheid. BADISA bewys namens die kerke Christelike Barmhartigheid aan ’n groot verskeidenheid mense en gemeenskappe in nood.  Ons visie is:  Christelike Barmhartigheid – ons is ‘n naaste van elkeen in nood.  Deur lidmate se bydraes help die gemeente dat onder andere kinders en gesinne, bejaardes, gestremdes en vroue in nood versorg word.  Besoek gerus BADISA se webtuiste (www.badisa.org.za) om meer uit te vind of betrokke te raak.  Ons vra ook die gemeente se voorbidding dat die Here ons sal voorsien met genoegsame fondse vir die programme wat in in finansiële krisis is.

In die Nuus