Deur : Skriba  /  April 15th, 2012

SAFARI HALFMARATHON

Almal wat op 1 Mei kan help by die waterpunt voor die kerk, skakel asb vir Danie Theart 021 873 1275 of 084 517 2610.  Die hande word baie benodig.

 

OUTENIEKWA GEMEENTESTAP V/A 27 – 30 APRIL

Daar is nog plek vir ongeveer 6 persone.  Indien u sou belangstel om saam te stap, kontak die kerkkantoor of ds Jan.

 

OSBRAAI

By Wellington-Oos op Saterdag 12 Mei vanaf 18:30.  Die spyskaart bestaan uit wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis (roosmaryn sous), gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek, nagereg en DAAI KOFFIE!!  Kaartjies kos R60-00 per persoon en u bring u eie eetgerei en glase.

 

PINKSTER 2012

Die Pinkster is hierdie jaar vanaf 17 – 27 Mei en die tema is ” ‘n Lewe saam met God”.

 

MIDDELBURG WILDSFEES

Ons afgevaardigdes vergader Saterdag 21 April op Beaufort-Wes met Middelburg.  Persone of groepe wat ten bate van ons gemeente / projekte / basaar wil woeker op die Wildsfees op 28 Julie, skakel Danie Theart  021 873 1275 of 084 517 2610 vir ‘n tafel.

 

LIG TYDSKRIF

Koop gerus hierdie baie goeie, christelike gesinstydskrif vol insiggewende artikels.

 

JAGPAKKETTE

Pakkette is beskikbaar vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskommissie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deel kan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

AANDDIENSREEKS

Terug na die basiese (“Back to the basics”):  ‘n Geesvervulde gemeente is ‘n kerk van die Woord , verwonderd oor God en handhaaf ‘n etiese lewensstyl.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Enige wol sal ook welkom wees.

 

STUURDERSKONFERENSIE

Op 21 April 2012 by NGK Wellington-Oos met die tema Die “Geslote” lande en ons.  Die koste beloop R80-00 pp wat verversings by aankoms, by teetyd en ‘n ligte maaltyd insluit.  Daar is inligtingspamflette in die voorportaal.  Laat weet asb die kerkkantoor @ Maandag 16 April voor 13:00 indien u sou belangstel om dit by te woon.  Vir navrae kontak ds Attie van Wijk 082 557 9796 of attievw@mweb.co.za

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

VERBLYF VIR BELGIESE STUDENTE

2 Belgiese finale jaar onderwysstudente wat hul prakties doen by Bergrivier en Groenberg soek verblyf vir ‘n paar weke.  Hulle is bereid om tot R140-00 per dag te betaal.  Kontak asb ds Jan vir verdere inligting of indien u bereid is om te help.

 

WELLINGTON GEBEDSIMFONIE

Hierdie maand se Gebedsimfonie (interkerklike biduur vir Wellington se sendelinge en gemeentes) word DV gehou op Sondag 15 April om 15:30 by Eerste Laan 22.  Almal welkom.  Bring jou eie gebedsonderwerpe saam.  Vir meer inligting: Attie van Wijk, 082 557 9796.

 

MOEDERGEMEENTE KERSMARK

Vanjaar se Kersmark vind plaas van 27 Nov tot 1 Des.  Jy kan aanlyn inskryf op die kersmark se webwerf by www.murraymark.co.za of Moeder se  kerkkantoor kontak by 021 873 1561. Inskrywings sluit 18 Mei 2012.  Keuring vind plaas op Saterdag, 26 Mei 2012 by NG Gemeente Lourensrivier, Die Strand.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Woensdag 18 April om 19:15 by die Marthasaal (oorkant die landdroskantoor).  Die spreker is dr Heinie Portwig en die onderwerp: “Hoe om depressie te onderskei van ander siektes” en “Wanneer om die pasiënt na ‘n sielkundige of psigiater aan te stuur”.  Die byeenkoms is nie net vir depressievegters nie, maar oop vir almal.  As jou geliefde nie meer dierbaar is nie, kom luister, jy gaan iets wys word. As jou buurman skielik moeilik raak na jare se vriendskap, dan kan hy dalk ‘n probleem hê!  Op die manier wil ons mense toerus met kennis.  Bring ‘n koffiebeker saam, want ons gaan lekker koffie/tee drink en ‘n ietsie eet na die gesprek.  Kontak gerus vir Petro 072 709 8000 indien jy vrae het.

 

VROUE MET VLERKE

Donderdag 19 April van 09:00 tot 16:00 (registrasie reeds om 08:30) by NGK Durbanville Bergsig.  Kostes beloop R100-00 pp wat ligte middagete en verversings insluit.  Prof Christina Landman is die spreker.  Inskrywings en navrae by Esther 021 808 9060 of ngkvroue@sun.ac.za

 

MANNE VIR CHRISTUS BYEENKOMS

Op D’Olyfboom in die Paarl op 19 April om 19:00.  Navrae David Malherbe 082 457 0020 .

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 15 – 21 April

1 Konings 19.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

In die Nuus