Deur : Skriba  /  April 23rd, 2012

WATERPUNT: SAFARI HALFMARATHON 1 MEI

Almal wat bereid is om te help, ontmoet Marius Mostert net na die oggenddiens voor die preekstoel of skakel hom by 082 498 6688 of 021 873 5271.  Hulp is nodig met die opstelling vanaf 06:00 en die bediening van die water en Coke begin 07:00.

 

OUTENIEKWA GEMEENTESTAP V/A 27 – 30 APRIL

Stappers vergader Woens 25 Apr om 18:00 in Die Sentrum om reëlings te finaliseer.  Daar is nog plek vir ongeveer 4 persone.  Indien u sou belangstel om saam te stap, kontak die kerkkantoor of ds Jan.

 

OSBRAAI

By Wellington-Oos op Saterdag 12 Mei vanaf 18:30.  Die spyskaart bestaan uit wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis (roosmaryn sous), gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek, nagereg en DAAI KOFFIE!!  Eie eetgerei en glase. Kaartjies kos R60-00 pp en is beskikbaar by die kerkraad en die kerkkantoor.

 

MALAWI UITREIK 2012

Vind plaas vanaf 1 tot 13 Julie.  Almal wat belangstel om saam te gaan, ontmoet op Dins 24 Apr om 20:00 in Die Sentrum.

 

PINKSTER 2012

Die Pinkster is hierdie jaar vanaf 17 – 27 Mei en die tema is ” ‘n Lewe saam met God”.  U ouderling sal vir u ‘n boekmerk met die onderwerpe gee.

 

VREUGDEDIENS VERGADERING

Op Woens 25 April om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

 

POEDINGTAFEL

Benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.

 

SKOOLKLERE

Die volgende skoolklere is by die kerk beskikbaar:  grys kortbroeke, wit hemde, truie, skoolrokke en netbalrompies.  Indien u iets hiervan nodig het, skakel gerus vir Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 – dit word absoluut vertroulik hanteer.

 

LIG TYDSKRIF

Koop gerus hierdie baie goeie, christelike gesinstydskrif vol insiggewende artikels.

 

JAGPAKKETTE

Pakkette is beskikbaar vir 16 jagters in groepe van 4.  Vanaf 30 Mei – 2 Junie, Midelburg Kaap (750km), pryse uiters billik.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

GETUIENIS STRAATVERKOPE

Ons het uit die onlangse klereverkope R865-00 inbetaal.  Het u steeds ou bruikbare klere?  Bring dit vir ons, dit sterk die fondse van die Getuieniskommissie en het Koninkrykswaarde!!  Ons sal dit ook kom afhaal – skakel Danie Theart 084 517 2610.

 

NUUSBRIEWE SENDELINGE

Nuusbriewe met  oondvars inligting, gebedsversoeke en terugvoer van ons sendelinge en plaaslike werkers, is beskikbaar.  In die voorportaal is ‘n plakkaat met al die sendelinge se fotos.   Vul u kontakbesonderhede en die naam van die bediening/ sendeling in op die lys wat ook in die voorportaal is en ons sal sorg dat u die nuus ontvang.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES 2012

Ons benodig enkele persone wat deel kan vorm van die kommissie vir die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar.  Kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor indien jy ons kan help met die beplanning.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

AANDIENSREEKS

 Terug na die basiese (“Back to the basics”):  ‘n Geesvervulde gemeente is ‘n kerk van die Woord , verwonderd oor God en handhaaf ‘n etiese lewensstyl.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Enige wol sal ook welkom wees.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

MOEDERGEMEENTE KERSMARK

Vanjaar se Kersmark vind plaas van 27 Nov tot 1 Des.  Jy kan aanlyn inskryf op die kersmark se webwerf by www.murraymark.co.za of Moeder se  kerkkantoor kontak by 021 873 1561. Inskrywings sluit 18 Mei 2012.  Keuring vind plaas op Saterdag, 26 Mei 2012 by NG Gemeente Lourensrivier, Die Strand.

 

KUNSUITSTALLING

Riebeek Kasteel se 8ste uitstalling.  Die tema vanjaar is die PSALMS!  Uitstalling word gehou in die NG Kerksaal daagliks vanaf 26 Apr – 6 Mei (09:00 – 17:00).  Toegang is gratis en verversings word tydens die uitstalling te koop aangebied.

 

SEMINAAR OOR BESIGHEID VOLGENS BYBELSE BEGINSELS

Saterdag 5 Mei 2012 v/a 08:30 – ±16:00 by die Ferguson Gebou, Bybel Media, Kerkstraat, Wellington (oorkant Museum en Huis Navarre).  Die koste is R400-00 per persoon (R600-00 per paar).  Vir verdere inligting kontak  David Malherbe by info@jedidiah.org.za of 021 873 0262.

 

DEUROFFER – NORSA

Projekte waarby hulle betrokke is, is oa die versorging van voorskoolse kinders, voorsien van etes aan skoolkinders, siek mense en senior burgers en die plasing van weeskinders by pleegfamilies.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 22 – 28 April

1 Konings 21.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

In die Nuus