Deur : Skriba  /  May 6th, 2012

OSBRAAI

By Wellington-Oos op Saterdag 12 Mei vanaf 18:30.  Die spyskaart bestaan uit wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis (roosmaryn sous), gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek, nagereg en DAAI KOFFIE!!  Eie eetgerei en glase. Kaartjies kos R60-00 pp en is beskikbaar by die kerkraad en die kerkkantoor.

 

PINKSTER 2012

Die Pinkster is hierdie jaar vanaf 17 – 27 Mei en die tema is ” ‘n Lewe saam met God”.  U ouderling sal vir u ‘n boekmerk met die onderwerpe gee.

 

KINDERPINKSTER

Vanaf 21 – 25 Mei om 19:00 in Die Sentrum.  Adell Erasmus hanteer die tema “SOS – Jesus ons Redder” met die kinders.

 

FAMILIENUUS

Artikels of nuusgebeure kan voor Vrydag 18 Mei gestuur word na die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD

Vanaf  19 Aug – 27 Sept gaan ons saam met Moeder en Noord 6 Sondae preek en 6 kleingroepbyeenkomste hê oor die tema “Wandel in die Woord” deur Rick Warren.  U kan inskakel by u wyk, ‘n nuwe of bestaande kleingroep of u kan dit as familie doen.  As u bereid is om deel te word van ‘n kleingroep of selfs leiding te neem, stel asb die kerkkantoor in kennis.

 

NISMUUR

Nisse in die kerk se gedenkmuur is beskikbaar teen R1 610-00 – die prys van die nisse styg jaarliks op 1 Maart met 10%.  Vir verdere navrae, skakel die kerkkantoor.

 

SOPKOMBUIS MBEKWENI

Benodig droë bestandele soos pakkies droë bone, ertjies en sopmengsel.  U bydrae kan afgegee word by die kerkkantoor of Baby Botha, Mimosastr 1.

 

SENIOR BURGER PANNEKOEK

Donderdag 10 Mei om 10:00 by die kerk.  Al ons senior burgers baie welkom. Indien iemand 60 jr of ouer nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, skakel asb die kerkkantoor of Hetta Cloete 021 873 3158 / 082 717 3062.

 

POEDINGTAFEL

Benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.

 

SKOOLKLERE

Die volgende skoolklere is by die kerk beskikbaar:  grys kortbroeke, wit hemde, truie, skoolrokke en netbalrompies.  Indien u iets hiervan nodig het, skakel gerus vir Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931 – dit word absoluut vertroulik hanteer.

 

VERLORE GOEDERE

Daar is verskeie items wat oor die jare agtergebly het na kampe ens wat nooit opgeëis is nie.  Indien dit nie teen einde Mei afgehaal word by die kerkkantoor nie, sal dit verkoop word.

 

JAG BY MIDDELBURG

Vanaf 30 Mei – 2 Junie.  Jagpakkette om 2 springbokke en 1 groter bok te skiet, is beskikbaar.  Skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

KLERE TEN BATE VAN GETUIENIS

As u klere wil skenk om te verkoop ten bate van getuieniswerk, skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

NUUSBRIEWE SENDELINGE

Nuusbriewe met  oondvars inligting, gebedsversoeke en terugvoer van ons sendelinge en plaaslike werkers, is beskikbaar.  In die voorportaal is ‘n plakkaat met al die sendelinge se fotos.   Vul u kontakbesonderhede en die naam van die bedizening / sendeling in op die lys wat ook in die voorportaal is en ons sal sorg dat u die nuus ontvang.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES KOMITEE

Mense wat bereid is om te help met die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar, kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Enige wol sal ook welkom wees.

 

SILWERKRUIN BASAAR

Silwerkruin hou basaar op Saterdag 26 Mei 2012.  Hulle benodig 250g pakkies koekies.  Indien iemand bereid is om vir hulle ‘n skenking te maak, kan u dit by die kerkkantoor afgee.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

MOEDERGEMEENTE KERSMARK

Vanjaar se Kersmark vind plaas van 27 Nov tot 1 Des.  Jy kan aanlyn inskryf op die kersmark se webwerf by www.murraymark.co.za of Moeder se  kerkkantoor kontak by 021 873 1561. Inskrywings sluit 18 Mei 2012.  Keuring vind plaas op Saterdag, 26 Mei 2012 by NG Gemeente Lourensrivier, Die Strand.

 

DEUROFFER – AMOS

Amos is ‘n interkerklike organisasie wat op min of meer 44 plase in die gemeenskap werk!  Die hele plaas word bedien met die evangelie tydens invaltye in die oggend. Op hierdie manier word maandeliks in die omgewing van 3000 mense bereik! Berading word gegee vir mense wat na vore kom, daar word ook genetwerk met verskillende diensorganisasies in die gemeenskap om ‘n holistiese diens te kan lewer!  Huweliks- en gesinsopleiding word in werkstyd gehou vir plaaswerkers en ons beleef die vrug daarvan. Oor die 400 mense het die kursus al voltooi. Ons is ook deel van ‘n groter gebedsnetwerk oor die land om te bid en te hoor wat die Here vir die landbouers sê. Amos het ook ‘n kinderbediening waar kinderwerkers opgelei word vir creché en kinderklubs, daar word gereeld werkswinkels aan kinderwerkers aangebied. Tannie Helmien van der Merwe neem hier die leiding. Oom Koos Malherbe is ook ‘n hulpwerker wat help om dienste te hou. Hy gebruik hierdie geleentehede om Bybels aan werkers uit te deel.  Baie dankie vir die Gemeente se finansiële ondersteuning oor jare en almal wat vir AMOS bid!  Indien u op enige manier betrokke wil raak, skakel gerus vir Edmund O`Ehley 079 496 1437.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 6 Mei – 12 Mei

Jona 1 & 2God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

In die Nuus