Deur : Skriba  /  May 14th, 2012

PINKSTER 2012:  “LEWE SAAM MET GOD” 17 – 27 MEI OM 19:00.

U ouderling sal u voorsien van ‘n boekmerk met temas.  Kinderpinkster van 21 – 25 Mei in Die Sentrum.  Na die diens kuier ons lekker saam met sop en brood.  Nie bederfbare produkte vir kosnood kan in die trollie voor in die kerk geplaas word.  Maandag 21 Mei tot Donderdag 24 Mei is die deurkollekte ten bate van Bybelverspreiding.

 

JUNIE DANKOFFER

Die diakens/dienswerkers kollekteer nie gedurende Junie nie, maar sal aan u ‘n dankofferkoevert gee wat u op 3 Junie (Dankoffersondag) of later in die maand kerk toe bring.  “En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê en volop kan bydra vir elke goeie werk.”  2 Kor 9:8

 

FINANSIëLE POSISIE VAN GEMEENTE

Danksy ekstra finansiële bydraes het ons die vorige boekjaar afgesluit met ‘n tekort van R62 000-00 ipv R80 000-00.  Ons begroot ‘n tekort van R161 000-00 vir hierdie boekjaar.  Die tekort is te wyte aan projekte en ondersteuning wat ons beplan bv ondersteuning aan Silwerkruin, ACVV Dienssentrum, Amosbediening, senior bediening (Vreugdediens), jeugbediening en nood in gemeente.  Daarom doen ons beroep op elke lidmaat om R10-00 pm ekstra te begroot vir dankoffer, dan wis ons die tekort uit.  “Elkeen moet gee soos hy hom in sy hart voorgeneem het (beplan/begroot), nie met teensin of uit dwang nie, want God het die blymoedige gewer lief.”  2 Kor 9:7

 

MALAWI UITREIK 1 – 13 JULIE

Almal wat wil saamgaan, ontmoet ds Jan op Dins 15 Mei om 19:00 in Die Sentrum.

 

FAMILIENUUS

Artikels of nuusgebeure kan voor Vrydag 18 Mei gestuur word na die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD

Elke 40 dae veldtog in ons gemeenskap was tot dusver ‘n baie positiewe ervaring,  God het  lewens verander,  geestelike groei het plaasgevind en mense het  ‘n tuiste in ‘n kleingroep gevind. Die volgende 40 Dae wat ons aanpak is “40 Dae in die Woord” deur Rick Warren van die Saddleback gemeente.  Die fokus van hierdie reeks is om ons as gemeentes, en jou spesifiek, uit te daag om weer erns te maak met die Bybel.  Vanaf 19 Aug tot 27 Sep 2012 bied die 3 NG gemeentes saam ‘n reeks van 6 preke aan waarby kleingroepmateriaal aansluit en wat in die daaropvolgende week in die groepe bespreek kan word.  Wat moet jy doen om die uitnodiging te aanvaar? Kom skakel in by ’n groep (as plaas, besigheid, gesin, egpaar of selfs as individu). Vir 6 weke gaan die selgroepe onder leiding van gashere/-vrouens regdeur die gemeenskap, weekliks bymekaar kom. Die “groep” ervaring vorm die HART van die 40 Dae. Daarom vra ons dat jy met oorgawe deel sal word van ‘n groep vir die duur van die 40 Dae tydperk. Alle groepe, gaan vanaf 19 Augustus 2012 met ‘n kleingroep-werkboek “Wandel in die Woord” besig wees.  Nooi asseblief enige ander persoon of gesin uit.

 

NISMUUR

Nisse in die kerk se gedenkmuur is beskikbaar teen R1 610-00 – die prys van die nisse styg jaarliks op 1 Maart met 10%.  Vir verdere navrae, skakel die kerkkantoor.

 

VERLORE GOEDERE

Daar is verskeie items wat oor die jare agtergebly het na kampe ens wat nooit opgeëis is nie.  Indien dit nie teen einde Mei afgehaal word by die kerkkantoor nie, sal dit verkoop word.

 

JAG BY MIDDELBURG

Kom jag saam!!!  Skiet Springbok/Rooiribbok vir R425 per bok, Blesbok R850, dagfooie R200, jagfooi R200, uiters billike slagfooie – JY HET NOG NOOIT GOEDKOPER GEJAG NIE!!  Kom saam – jagdatums 31 Mei en 1 Junie.  Ons ry 30 Mei. Inkomste vir Middelburg NG Kerk. Skakel Danie Theart 084 5172610.

 

KLERE TEN BATE VAN GETUIENIS

As u klere wil skenk om te verkoop ten bate van getuieniswerk, skakel Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

NUUSBRIEWE SENDELINGE

Nuusbriewe met  oondvars inligting, gebedsversoeke en terugvoer van ons sendelinge en plaaslike werkers, is beskikbaar.  In die voorportaal is ‘n plakkaat met al die sendelinge se fotos.   Vul u kontakbesonderhede en die naam van die bedizening / sendeling in op die lys wat ook in die voorportaal is en ons sal sorg dat u die nuus ontvang.

 

WELLINGTON GETUIENISFEES KOMITEE

Mense wat bereid is om te help met die beplanning van die Wellington Getuienisfees later vanjaar, kontak asb Ryk van Velden 082 857 4368 of die kerkkantoor.

 

GEBEDSIMFONIE

Die Wellington Gebedsimfonie (maandelikse intergemeentelike biduur vir herlewing en sendelinge) ontmoet op Sondag 13 Mei 2012 om 15:30 by Eerste Laan 22.  Almal welkom!  Bring jou eie gebedspunte.  Vir meer inligting: ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

SILWERKRUIN BASAAR

Silwerkruin hou basaar op Saterdag 26 Mei 2012.  Hulle benodig 250g pakkies koekies.  Indien iemand bereid is om vir hulle ‘n skenking te maak, kan u dit by die kerkkantoor afgee.

 

MOEDERGEMEENTE KERSMARK

Vanjaar se Kersmark vind plaas van 27 Nov tot 1 Des.  Jy kan aanlyn inskryf op die kersmark se webwerf by www.murraymark.co.za of Moeder se  kerkkantoor kontak by 021 873 1561. Inskrywings sluit 18 Mei 2012.  Keuring vind plaas op Saterdag, 26 Mei 2012 by NG Gemeente Lourensrivier, Die Strand.

 

DEPRESSIEONDERSTEUNINGSGROEP

Woensdag 16 Mei 2012 om 19h15 by die Marthasaal.  Die spreker is dr ST Potgieter en die onderwerp: Stres, Angs en Depressie by die Werkplek.  Na die ernstig wees gaan ons heerlik kuier en koffie of tee drink en ietsie eet – bring asb ‘n koffiebeker saam.  So ‘n klein donasie sal welkom wees.  Kontakpersoon Petro  072 709 8000.

 

DEUROFFER – BEDIENING AAN DIE JODE

Bid asseblief vir ds Francois Wessels en me Cecilia Burger wat na Jode uitreik met die evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad.  Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is, dit wil sê Christen-Jode.  Die Beit Ariel gemeente het Joodse en nie-Joodse lidmate.  Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom.

 

NUUTVERKOSE KERKRAADSLEDE:
LEIERDIAKEN:  Hennie Engelbrecht
ONDERLEIERDIAKEN: Herbert Sills
Ouderling:  
Wyk 26   Marí Joubert
Diaken:  
Uitsig Noord  Charmaine Cato
Dienswerkers:
Wyk 15   Suzanne Steenkamp
Uitsig Noord  Erka Rossouw

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 13 Mei – 19 Mei

Jona 3 & 4.  God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die boeke van die Bybel te lees.

In die Nuus