Deur : Skriba  /  June 10th, 2012

BYEENKOMS VIR NUWE LIDMATE VANDAG

Almal wat dié jaar lidmaat van die gemeente geword het, word uitgenooi na tee op die stoep van Proteastraat se pastorie direk na die oggenddiens.  Gebruik die houthek vanaf die parkeerarea.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Augustus in die Strand.  Die kostes beloop R300-00 pp.  Indien u belangstel, kontak Carien 021 873 2180 of die kerkkantoor.  Daar is net plek vir ‘n beperkte aantal vroue!

 

BYBELSKOOL!!!!!!!!!!  “SKATTEJAG”

Graad 1 – 6 kom ontdek die skatte in die Bybel  vanaf 25 – 29 Junie 2012 om 09:00 tot 13:00.  Die koste beloop R150-00.  Inskrywingsvorms is tot 20 Junie beskikbaar by die kerkkantoor en tannie Adell Erasmus.  Vir verdere navrae kontak Adell by 082 925 7190.  Graad 7 – 12’s meld asb by tannie Adell aan indien jy wil help by die Bybelskool.

 

WELLINGTON WILDSFEES

Op Saterdag 28 Julie 2012 v/a 09:00 by Wellington-Oos.  Kom koop wildsvleis en -wors, biltong en ander interessante wildsprodukte vanaf Middelburg teen billike pryse.  Kom geniet ook pannekoek, worsrolle, roosterkoek en nog vele meer.  Vertel u vriende en kom hou lekker saam fees.

 

WILDSFEESVERGADERING

Woensdag 13 Junie om 19:00 in Die Sentrum vir sameroepers, helpers en alle belangstellendes.

 

SNOEKBRAAI MIDDELBURG

170 kaartjies vir die braai is verkoop asook patats, naartjies, koejawels en droë vrugte.  Die 2 gemeentes wat een geword het, het heerlik saam feesgevier.  Dankie aan al die Wellington-Oosers wat dit moontlik gemaak het.  Die inkomste is ten bate van Wellington-Oos.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD

Vanaf 19 Aug tot 27 Sep 2012 bied die 3 NG gemeentes saam ‘n reeks van 6 preke aan waarby kleingroepmateriaal aansluit en wat in die daaropvolgende week in die groepe bespreek kan word.  Skakel die kerkkantoor as u bereid is om leiding te neem in ‘n groep of as u net wil inskakel by ‘n groep.  U kan ook inskakel by ‘n groter groep wat in Die Sentrum bymekaarkom.  Hulle sal daar saam na ‘n dvd kyk en dan in kleiner besprekingsgroepe verdeel.

 

SILWERKRUIN Sê DANKIE

Silwerkruin dra hul dank oor aan alle lidmate vir ondersteuning van Silwerkruin se basaar deur middel van skenkings en bywoning van die geleentheid.  Dit het ‘n positiewe bydrae gemaak tot die sukses van die geleentheid en word opreg waardeer.

 

‘N LEKKERRUIK GESKENKIE  VIR DIE SENDELINGVROUE IN MALAWIE

Baie dankie aan almal wat reeds geskenkies vir die sendelingvroue in Malawie geskenk het – dit help ons vreeslik baie.  Ons kort egter nog die volgende:  Vir die vroue: Handewas seep, sjampoe, lyfroom, handeroom, lyfpoeier, aques room, tandeborsels, tandepasta, waslappies, en handdoeke.  Vir die kinders: Tandeborsels, tandepasta (klein), dik vetkryte, inkleurboekies,  balle bv sokker en ander.  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens(Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Wol sal ook welkom wees.

 

DUVETPROJEK

Die span is steeds arbeidsaam.  Help ons asb om kinders wat koud kry, warm te laat slaap.  Enige donasie van lap, “inners” (ook gebuiktes) of geld sal verskriklik welkom wees.  Kontaknrs is Elsa 021 873 0110 / 082 373 5853 of Cecilia 021 873 3163 of Louwtjie 021 873 2647.

 

POEDINGTAFEL

Benodig 2 en 5 L roomysbakke.  Gee asb by kerkkantoor of diaken af of kontak Veronica 084 664 3895.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

SOPKOMBUIS MBEKWENI

Benodig droë bestandele soos pakkies droë bone, ertjies en sopmengsel.  U bydrae kan afgegee word by die kerkkantoor of Baby Botha, Mimosastr 1.

 

ACVV PROJEK WINTERHOOP

Winterhoop is ‘n landswye veldtog in samewerking met kerke, RSG, KykNET, koerante en verskeie welsynsorganisasies, om die nood in ons land gedurende wintertyd aan te spreek.  Die tema vir 2012 is:  Warm harte met hande.  Die doel van Winterhoop is om ‘n beroep op die publiek te maak om kos, klere, komberse, toiletware en kospakkies in te samel en aan soveel moontlike behoeftige mense te versprei in die wintertyd.  Bydraes kan na die ACVV kantoor in Bainstraat 20 gebring word.  Navrae 021 873 2204.

 

GEBEDSIMFONIE

Almal word genooi na die Gebedsimfonie (interkerklike biduur vir herlewing en sending) vandag om 15:30 by Eerste laan 22, Wellington. Ons kry vars nuus uit die velde en deel ons eie gebedsonderwerpe. Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk, 082 557 9796.

 

DRAKENSTEIN TRANSFORMASIE DEURNAG VAN GEBED

Almal welkom.  Datum 15 Junie 2012 vanaf 19:00 tot 06:00 op 16 Junie.  Plek Die Bikers Kerk (Agter On-Tap, Jan van Riebeeck- weg Paarl).  Vir verdere vrae skakel Jerome September 084 358 8775 of Esri Malan 072 634 1095.

 

DEUROFFER – JEUGWERK

Die visie van die Jeugkommissie is om vir alle generasies ruimte te maak binne die kerk.  Die Jeugkommissie ondersteun dit met materiaal wat ontwikkel word en kursusse wat aangebied word vir onder andere kategese en KIX.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 10 Junie – 16 Jun

2 Kron 32:1-33, 2 Kon 19-21God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus