Deur : Skriba  /  June 24th, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof v/a 22 tot 24 Junie en v/a 2 tot 8 Julie.  Indien u ‘n leraar benodig gedurende hierdie tyd, skakel dr Ryk van Velden (2 – 5 Julie) by 082 857 4368 of ds George Conradie (6-8 Julie) 083 662 5126.

 

KOSTER VERLOF

Die koster is met verlof v/a 7 tot 16 Julie.  Philip de Villiers 082 979 2685 sal in haar plek waarneem.

 

MALAWI UITREIK

Ds Jan neem ‘n span van 30 persone v/a 30 Junie tot 13 Julie op ‘n uitreik na Nkomo in Malawi.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Augustus in die Strand.  Die spreker is Amanda Swanepoel met die tema “Maak oop jou geskenk”  Die kostes beloop R300-00 pp en is betaalbaar op die laatste teen 25 Julie.  Indien u belangstel, kontak Carien 021 873 2180 of die kerkkantoor.  Onthou – daar is net plek vir ‘n beperkte aantal vroue en die eerste 30 wat betaal is verseker van ‘n plek!

 

WELLINGTON WILDSFEES

Op Saterdag 28 Julie 2012 v/a 09:00 by Wellington-Oos.  Kom koop wildsvleis en -wors, biltong en ander interessante wildsprodukte vanaf Middelburg teen billike pryse.  Kom geniet ook pannekoek, worsrolle, roosterkoek en nog vele meer.  Vertel u vriende en kom hou lekker saam fees.

 

WILDSFEES VERBLYF

Indien u bereid is om van die Middelburgers te huisves tydens die Wildsfees op 28 Julie, skakel asb die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 27 SEPT

Die koste van die boekie is R70-00 en die DVD is R60-00 wat tussen groepslede verdeel kan word.  Ons benodig getalle vir bestellings.  Kan u asb so spoedig moontlik aandui by die kerkkantoor of u belangstel in ‘n kursusboek en/of DVD.  Die inhoud van die kursus:  Verskillende metodes om die Bybel te lees wat my help om dit wat ek in die Bybel hoor, in die praktyk toe te pas.

 

4X4 DAG OP 15 SEPTEMBER

Meer inligting sal later volg.  Navrae kan gerig word aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

MIRIAM

Ek is tans in Spanje by YWAM se Noord-Afrika personeel konferensie tot 5 Jul waar ek met ander wat ook op pad is na ‘my Noord-Afrika land’ kan vergader en met my leiers kan gesels.

Ek en baie ander soos ek is tans besig om aansoek te doen vir werk in Noord-Afrika sodat ons visums na die land kan kry.  Bid dat die Here vir ons die regte deure op die regte tyd sal oopmaak.

 

LIBIë SE VERSKIESING VIR ‘N NASIONALE VERGADERING IS TOT 7 JULIE UITGESTEL

Bid dat die leiers wat verkies word die mense se belange op die hart sal dra en dat die Here hulle sal gebruik tot uitbreiding van sy Koninkryk.

  • Bid vir ‘n vreedsame verkiesing.
  • Ons gebede kan die toekoms van ‘n nasie verander….

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Wol sal ook welkom wees.

 

DUVETPROJEK

Die span is steeds arbeidsaam.  Help ons asb om kinders wat koud kry, warm te laat slaap.  Enige donasie van lap, “inners” (ook gebuiktes) of geld sal verskriklik welkom wees.  Kontaknrs is Elsa 021 873 0110 / 082 373 5853 of Cecilia 021 873 3163 of Louwtjie 021 873 2647.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

ACVV PROJEK WINTERHOOP

Winterhoop is ‘n landswye veldtog in samewerking met kerke, RSG, KykNET, koerante en verskeie welsynsorganisasies, om die nood in ons land gedurende wintertyd aan te spreek.  Die tema vir 2012 is:  Warm harte met hande.  Die doel van Winterhoop is om ‘n beroep op die publiek te maak om kos, klere, komberse, toiletware en kospakkies in te samel en aan soveel moontlike behoeftige mense te versprei in die wintertyd.  Bydraes kan na die ACVV kantoor in Bainstraat 20 gebring word.  Navrae 021 873 2204.

 

DEUROFFER – BEDIENING AAN DIE DOWES

Die De la Bat gemeente in Bellville en die Worcester-De la Bat gemeente bedien 395 belydende dowe lidmate, verspreid oor 16 ringe in die Wes-Kaap, asook 448 dowe leerders uit hoofsaaklik die sinodale gebied, in twee residensiële skole op Worcester.  Die gemeentes doen baanbrekerswerk in die ontwikkeling van kategese materiaal vir dowes, ontwikkeling van ‘n liturgie vir Dowes en die aanwending van die nuutste tegnologie vir die bediening aan Dowes.  Die gemeente bied ook praktiese opleidingsgeleenthede vir die dowe sendingstudente.  Dank die Here dat Hy ook Dowes sy kinders maak.  Bid vir die werk en die voortgang daarvan, en vir die Afrikaanse Bybel vir Dowes wat vanjaar beskikbaar geraak het, totdat elke Dowe sal kan bely: “Jesus is die Here”.

In die Nuus