Deur : Skriba  /  July 2nd, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof tot 8 Julie.  Indien u ‘n leraar benodig gedurende hierdie tyd, skakel dr Ryk van Velden (tot 5 Julie) by 082 857 4368 of ds George Conradie (6-8 Julie) 083 662 5126.

 

KOSTER VERLOF

Die koster is met verlof v/a 7 tot 16 Julie.  Philip de Villiers 082 979 2685 sal in haar plek waarneem.

 

MALAWI UITREIK

Ds Jan is weg met ‘n span van 30 persone tot 13 Julie op ‘n uitreik na Nkomo in Malawi.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Augustus in die Strand.  Die spreker is Amanda Swanepoel met die tema “Maak oop jou geskenk”  Die kostes beloop R300-00 pp en is betaalbaar op die laatste teen 25 Julie.  Indien u belangstel, kontak Carien 021 873 2180 of die kerkkantoor.  Onthou – daar is net plek vir ‘n beperkte aantal vroue en die eerste 30 wat betaal is verseker van ‘n plek!

WELLINGTON WILDSFEES

Op Saterdag 28 Julie 2012 v/a 09:00 by Wellington-Oos.  Kom koop wildsvleis en -wors, biltong en ander interessante wildsprodukte vanaf Middelburg teen billike pryse.  Kom geniet ook pannekoek, worsrolle, roosterkoek en nog vele meer.  Vertel u vriende en kom hou lekker saam fees.

 

WILDSFEES VERBLYF

Indien u bereid is om van die Middelburgers te huisves tydens die Wildsfees op 28 Julie, skakel asb die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 27 SEPT

Almal (individue en groepe) wat graag ‘n boek (R70-00) en/of ‘n DVD (R60-00) wil bestel, moet asb die kerkkantoor voor of op 9 Julie kontak.  Die inhoud van die kursus is:  Verskillende metodes om die Bybel te lees wat my help om dit wat ek in die Bybel hoor, in die praktyk toe te pas.

 

4X4 DAG OP 15 SEPTEMBER

Meer inligting sal later volg.  Navrae kan gerig word aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za

 

LYNETTE NEL

Sy moet vanaf Woensdag 4 Julie vir 10 dae vir bestraling by Cape Gate gaan.  Die sessies duur ongeveer een uur.  Indien iemand bereid is om ‘n rybeurt te neem en verdere inligting verlang, skakel asb die kerkkantoor.

In die Nuus