Deur : Skriba  /  July 22nd, 2012

WILDSFEES DRIVE THRU VRYDAG 27 JULIE

Vergeet van kosmaak en kom koop v/a 17:00 tot 18:45 wildswors hotdogs en hamburgers by Die Sentrum.  Mense wat wil help, skakel asb vir Herman le Roux by 021 864 3364 (H) / 021 873 1567 (W) / 083 441 9455 of kom sommer net vir die samesyn.  Hulp v/a 15:00 sal baie waardeer word.

 

WILDSFEES SATERDAG 28 JULIE OM 09:00

Kom kyk na demonstrasies om wildsgeregte keurig voor te berei in Die Sentrum. Vleis en sosaties sal te koop wees op Die Sentrum se stoep.  Kom koop ook pannekoek, poeding, jaffles, slap tjips, roosterkoek, hamburgers, boereworsrolle, wildspot en drinkgoed in die saal.  Buite is daar ‘n 4X4 uitstalling, skyf- en boogskiet,  die treintjie en springkasteel vir die kleingoed en ‘n takbok op ‘n spit. U sal ook die geleentheid hê om bloed te skenk.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Augustus in die Strand.  Die spreker is Amanda Swanepoel met die tema “Maak oop jou geskenk”  Die kostes beloop R300-00 pp en is betaalbaar op die laatste teen 25 Julie.  Indien u belangstel, kontak Carien 021 873 2180 of die kerkkantoor.  Onthou – daar is net plek vir ‘n beperkte aantal vroue en die eerste 30 wat betaal is verseker van ‘n plek!

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 27 SEPT

Almal wat belangstel om leiding te neem of deel te word van ‘n kleingroep, ontmoet Gerhard Visagie of ds NJ in die voorportaal na die oggenddiens.  Ons wil graag nuwe kleingroepe op die been bring.  Die doel is dat ons teen die einde van die 40 dae:

  1. Liewer sal wees vir die Woord van God
  2. Die Woord sal bestudeer
  3. Die Woord prakties sal uitleef

Probeer deel wees van ‘n kleingroep wat saam na die DVD (R60-00) kyk en dan die tema bespreek.  Koop ‘n boek @ R70-00 wat vir jou ‘n permanente gids van sinvolle Bybelstudie kan wees.  Ons gaan ook op Donderdae ‘n byeenkoms hê in Die Sentrum waar almal saam die DVD kyk en daarna in kleiner groepe verdeel.  Vir verdere navrae kontak die kerkkantoor.

 

VREUGDEDIENS KERRIE & RYS

Let asb daarop dat die datum verander vanaf 3 Augustus na 17 Augustus.

 

BASAAR POEDINGTAFEL

 Ons benodig asb jellie (enige kleur) en kondensmelk.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

4X4 DAG OP 15 SEPTEMBER

Meer inligting sal later volg.  Navrae kan intussen gerig word aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Wol sal ook welkom wees.

 

DUVETPROJEK

Die span is steeds arbeidsaam.  Help ons asb om kinders wat koud kry, warm te laat slaap.  Enige donasie van lap, “inners” (ook gebuiktes) of geld sal verskriklik welkom wees.  Kontaknrs is Elsa 021 873 0110 / 082 373 5853 of Cecilia 021 873 3163 of Louwtjie 021 873 2647.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

SANGDIENS OOR KANKER

29 Julie om 09:30 in NGK Wellington-Noord.  Kom deel in ‘n baie spesiale erediens, waar ons deur middel van drama en musiek die storie van hoop en vertroosting bring van kanker.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 22 – 28 Julie

2 Kon 23:30 – 37, 2 Kon 24:1-17God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus