Deur : Skriba  /  July 29th, 2012

DS JAN SIEKVERLOF

Ds Jan is vir die volgende 2 weke op siekverlof na sy operasie vir ‘n mantelvliesbreuk.  Kontak asb gedurende hierdie tyd vir ds NJ.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Aug by Zikomo woonstelle in die Strand.  Die spreker is Amanda Swanepoel met die tema “Maak oop jou geskenk”  en die kostes beloop R300-00 pp.  Almal wat reeds hul name opgegee het, moet asb voor of op 3 Aug betaal om hul plek te verseker.  Daar is nog 7 plekke beskikbaar.  Indien u belangstel, kontak Carien 021 873 2180 of die kerkkantoor.

 

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND

Diakens deel koeverte uit waarin u op 26 Aug ‘n bydrae vir Barmhartigheid in die gemeente kan gee.  Die fondse word aangewend vir ‘n maandelikse ondersteuning van Silwerkruin, ACVV Dienssentrum en die ACVV Maatskaplike Dienste, Vreugdediens Senior Bediening en vir alimentasie (nood in die gemeente).

 

JEUGWEEK 12 – 15 AUGUSTUS

Die sportdiens is op 12 Augustus om 19:00 en die prediker is ds Jan Venter.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD

U kan deel wees deur vir 6 weke eredienste by te woon vanaf 19 Aug tot 23 Sept  of deel te wees van ‘n kleingroep of wyk wat vir 6 byeenkomste ‘n DVD kyk en dit dan bespreek.  Of u kan saam kom kyk na ‘n DVD in Die Sentrum waarna ons dan in kleiner besprekingsgroepe verdeel.  U kan ‘n handboek koop @ R70-00.  Die DVD kos R60-00.  U kan ook DVD’s leen by die kerkkantoor.  Net ‘n beperkte aantal is beskikbaar.  Bestel betyds by die kerkkantoor.

 

KLEINGROEPLEIERSVERGADERING – WANDEL IN DIE WOORD

Dinsdag 7 Aug om 18:00 in Die Sentrum.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

VREUGDEDIENS KERRIE & RYS

Let asb daarop dat die datum verander vanaf 3 Augustus na 17 Augustus.  Die prys bly onveranderd vanaf verlede jaar – R25-00 per bakkie.  Bestellings kan by die kerkkantoor of die Vreugdediens komitee geplaas word.

 

BASAAR POEDINGTAFEL

 Ons benodig asb jellie (enige kleur) en kondensmelk.  U kan dit by die kerkkantoor afgee.

 

4X4 DAG OP 15 SEPTEMBER

Meer inligting sal later volg.  Navrae kan intussen gerig word aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

BREIPROJEK

Ons beplan om weer vanjaar truie, serpe, bedsokkies en musse te brei.  Enigiemand wat wil help brei, kan vir Suzanne Fabricius kontak by 021 864 1122 of 072 244 3931.  Wol sal ook welkom wees.

 

DUVETPROJEK

Die span is steeds arbeidsaam.  Help ons asb om kinders wat koud kry, warm te laat slaap.  Enige donasie van lap, “inners” (ook gebuiktes) of geld sal verskriklik welkom wees.  Kontaknrs is Elsa 021 873 0110 / 082 373 5853 of Cecilia 021 873 3163 of Louwtjie 021 873 2647.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

RADIOKANSEL

Radiokansel is amptelik terug op die Wes-Kaapse luggolwe op 729AM en gaan uitsaai onder die naam Kaapse Kansel!

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 29 Julie – 4 Augustus

Daniel 1God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

 

DEURKOLLEKTE – TOERUSTINGSBURO VIR INTERKULTURELE WERKERS (TIW)

TIW rus lidmate, voornemende en reeds dienende gestuurdes in gemeentes en die gemeenskap omvattend toe met toepaslike kursusse (korter of langer) om optimale diens in interkulturele kontekste binne en buite die RSA te lewer. Belangrike sake soos dienslewering en samewerking in onbekende gemeenskappe, die uitdaging van interkulturele kommunikasie, hoe ons taal aanleer, kruiskulturele verkondiging van die evangelie, bediening in informele nedersettings en sinvolle gesprek en besluitnemning in interkulturele konteks word byvoorbeeld aangespreek. TIW se toerusting neem die spesifieke behoeftes, situasie en verwagte uitkomste van betrokke gemeentes of lidmate in ag.  Skakel gerus die direkteur dr Ryk van Velden by 082 857 4368; tiw@hugenote.co.za.

In die Nuus