Deur : Skriba  /  August 5th, 2012

KERKRAADSVERKIESING 20 AUGUSTUS 2012

Die volgende wyke is vakant:

Ouderlinge:  2, 5, 6, 9, 11, 12, 15, 16, 17, 22, 23, 24, 27, 28, 31, 32, 33, Bordeaux, Albatros, Onder Berg-en-Dal, Krommerivier, Les Huguenote A, Hertzog

Diakens:  1 Suid, 2, 4, 5, 6, 9, 10, 16, 22, 23, 25, 26, 32, 34, Spruitrivier, Richelieu, Bordeaux, Albatros, Krommerivier, Patatskloof

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

DS JAN SIEKVERLOF

Ds Jan is tot 15 Augustus met siekverlof na sy operasie vir ‘n mantelvliesbreuk.  Kontak asb gedurende hierdie tyd vir ds NJ.

 

JEUGWEEK

Die Jeugweek begin op 12 Aug met die Sportdiens (aanddiens) en dan van Maandag tot Woensdag by die hoërskool.

 

GETUIENISAAND

Almal word baie vriendelik uitgenooi na ‘n spesiale ete op Vrydagaand  7 Sept om 19:00 in die kerksaal waar die soeklig veral op kinders sal val, plaaslik sowel as in Madagaskar, waar Dries en Marlee Volschenk die evangelie aan kinders bring.  Etekaartjies sal binnekort by die kerkkantoor beskikbaar wees.  Vir verdere inligting kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039.

 

MANNEKAMP

V/a 7 – 9 Sept by Wemmershoek.  Koste is R280-00 pp wat verblyf, etes en aktiwiteite insluit.  Belangstellendes kan u name voor Vry 24 Aug by die kerkkantoor gee.  Gelde moet asb voor 31 Aug betaal word.  Vir nog inligting kontak Gerhard Visagie 083 406 0796 of Krige de Waal  072 725 8899.

 

WELLINGTON-OOS SE EIE VROUEKAMP 2012

V/a 24 tot 26 Aug by Zikomo woonstelle in die Strand.  Die spreker is Amanda Swanepoel met die tema “Maak oop jou geskenk”  en die kostes beloop R300-00 pp.  Indien u nog sou belangstel kontak Elize of Carien dringend by die kerkkantoor voor of op Woens 8  Aug.

 

FIETSTOER 2012 IN WESKUS NASIONALE PARK BY LANGEBAAN 28 – 30 SEPT

 Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag deur die Nasionale Park tot by Kraalbaai en terug en Sondag tot by die park se afdraai op die R27.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND

Diakens deel koeverte uit waarin u op 26 Aug ‘n bydrae vir Barmhartigheid in die gemeente kan gee.  Die fondse word aangewend vir ‘n maandelikse ondersteuning aan Silwerkruin, ACVV Dienssentrum en die ACVV Maatskaplike Dienste, Vreugdediens Senior Bediening en vir alimentasie (nood in die gemeente).

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD

U kan deelneem as gesin, wyk, Bybelstudiegroep of gesinsgroep.  Die boekies kos R70-00 elk en DVD’s R60-00 elk.  Skakel asb die kerkkantoor as u wil inskakel.  Donderdae sal daar ook ‘n DVD gewys word by Die Sentrum en daarna verdeel ons in kleiner groepe.  Inligtingsaand vir groepleiers op Dins 7 Aug om 18:00 in Die Sentrum.  Boekies en DVD’s nou by die kerkkantoor beskikbaar.

 

VREUGDEDIENS KERRIE & RYS

Let asb daarop dat die datum verander vanaf 3 Augustus na 17 Augustus.  Die prys bly onveranderd vanaf verlede jaar – R25-00 per bakkie.  Bestellings kan by die kerkkantoor of die Vreugdediens komitee geplaas word.

 

4X4 DAG OP 1 SEPTEMBER

Meer inligting sal later volg.  Navrae kan intussen gerig word aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za

 

DANKIE AAN JEUGKOMMISSIE

Namens die gemeente wil ons die Jeugkommissie bedank vir die mooi blindings en gordyne in Die Sentrum.  Dit is befonds deur verskeie projekte wat die Jeugkommissie geloods het.

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Die Vreugdediens komitee benodig leë 750g koffieblikke vir dié funksie.  Handig asb in by die kerkkantoor of by Hetta Cloete.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

POSTE BESKIKBAAR

Daar is 2 poste in die Sinodale Kantoor in Bellville beskikbaar – Persoonlike Assistent/Sekretaresse en Projek en Netwerk Koördineerder.  Kontak kerkkantoor vir verdere inligting.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Vlg byeenkoms is DV Woens 15 Aug 19:15 in die Marthasaal.  Die spreker is Adéle Brink, maatskaplike werker in privaatpraktyk en die onderwerp “Hoe om jouself in staat te stel om elke dag se besige lewe te hanteer.”

 

DRAKENSTEIN TRANSFORMASIE DEURNAG VAN GEBED

8 Augustus 2012 – vanaf 19:00 tot 06:00 op 9 Aug.  Plek:  Die Bikers Kerk – Past Esri Malan – 0726341095 (agter On-Tap, Jan van Riebeeckweg, Paarl.)

 

WELLINGTON PRIMêRE SKOOL SE “KOM ONS LEES PROJEK”

Hulle benodig leesboekies, legkaarte, skryfbehoeftes en speelgoed wat in onbruik is.  U kan dit tot Vrydag 17 Aug by die kerkkantoor inhandig.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 29 Julie – 4 Augustus

Daniel 2God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus