Deur : Skriba  /  August 13th, 2012

KERKRAADSVERKIESING 20 AUGUSTUS 2012

Die volgende wyke is vakant:

Ouderlinge:  2, 5, 6, 9, 11, 12, 15, 16, 17, 22, 23, 24, 27, 28, 31, 32, 33, Bordeaux, Albatros, Onder Berg-en-Dal, Krommerivier, Les Huguenote A, Hertzog

Diakens:  1 Suid, 2, 4, 5, 6, 9, 10, 16, 22, 23, 25, 26, 32, 34, Spruitrivier, Richelieu, Bordeaux, Albatros, Krommerivier, Patatskloof

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

LEIERKATEGEET

Baie geluk aan Pieter Terblanche as die nuwe leierkategeet.  Ons wil hom bedank vir sy bereidwilligheid om leiding te neem en ook sterkte en seënwense toebid vir sy taak.  Kategete is welkom om hom te skakel met enige navrae of verskonings by 082 378 9302.

 

GETUIENISAAND

Almal word baie vriendelik uitgenooi na ‘n spesiale ete op Vrydagaand  7 Sept om 19:00 in die kerksaal waar die soeklig veral op kinders sal val, plaaslik sowel as in Madagaskar, waar Dries en Marlee Volschenk die evangelie aan kinders bring.  Etekaartjies sal binnekort by die kerkkantoor beskikbaar wees.  Vir verdere inligting kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039.

 

MANNEKAMP

V/a 7 – 9 Sept by Wemmershoek.  Koste is R280-00 pp wat verblyf, etes en aktiwiteite insluit.  Belangstellendes kan u name voor Vry 24 Aug by die kerkkantoor gee.  Gelde moet asb voor 31 Aug betaal word.  Vir nog inligting kontak Gerhard Visagie 083 406 0796 of Krige de Waal  072 725 8899.

 

FIETSTOER 2012 IN WESKUS NASIONALE PARK BY LANGEBAAN 28 – 30 SEPT

Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag deur die Nasionale Park tot by Kraalbaai en terug en Sondag tot by die park se afdraai op die R27.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, hoërskool of ds NJ.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND

Diakens deel koeverte uit waarin u op 26 Aug ‘n bydrae vir Barmhartigheid in die gemeente kan gee.  Die fondse word aangewend vir ‘n maandelikse ondersteuning aan Silwerkruin, ACVV Dienssentrum en die ACVV Maatskaplike Dienste, Vreugdediens Senior Bediening en vir alimentasie (nood in die gemeente).

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 26 SEPT

Ons preek vir 6 Sondae en praat saam in kleingroepe oor die 6 temas:  Spreek dit uit, Sien dit, Ondersoek dit, Som dit op, Maak dit persoonlik en die beginsels van Bybelinterpretasie.  As u nog nie deel van ‘n kleingroepie is nie, is u welkom om Woensdae om 18:30 by Die Sentrum saam na die DVD te kyk.  V/a 18:15 eet ons eers saam sop waarna ons saam na die DVD kyk en dan in kleingroepe verdeel.  Bring die kinders saam, hulle word apart bedien.  U behoort @ 20:00 weer by die huis te wees.  Boeke vir groepe en inividue is by die kerkkantoor beskikbaar @ R70-00 en DVD’s @ R60-00.  U kan ook die boek gebruik vir u daaglikse stiltetyd.

 

4X4 DAG 1 SEPTEMBER

Jan Serdyn roete oor Porseleinberg.  Koste beloop R200-00 per voertuig en inbetalings kan gedoen word voor 29 Aug in die vlg rek:  ABSA, rekno 430 580 116, takkode 632 005 met  verwysing 4X4 + naam.  Registrasie is 08:00 by Wellington-Oos kerkgronde voor Die Sentrum en ons vertrek 08:30 vanaf die kerk.  Navrae aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za  Bring u eie piekniekmandjie – geriewe vir bring & braai is beskikbaar aan die einde van die roete.  Die fondse is tbv barmhartigheid in ons gemeente.

 

NOODKAS

Diens van Barmhartigheid sê baie dankie vir al die vrywillige bydraes.  Dit word opreg waardeer.  Ons benodig tans:  mieliemeel, bruismeel, Weet-Bix, langlewe melk, konfyt, grondboontjiebotter, margarien, suiker en hawermout.

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Die Vreugdediens komitee benodig leë 750g koffieblikke vir dié funksie.  Handig asb in by die kerkkantoor of by Hetta Cloete.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Sien die nuwe uitgawe van die Familienuus.

 

NG KERK WELLINGTON-NOORD BASAAR

Beste gehalte maalvleis en wors teen billike pryse te koop by hulle basaar Sater 1 Sept.  Voorafbestellings kan geplaas word en sal beskikbaar wees Woens 22 Aug.  Vir verdere navrae skakel Christa Steyn 021 864 1166 / 084 664 1166.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Vlg byeenkoms is DV Woens 15 Aug 19:15 in die Marthasaal.  Die spreker is Adéle Brink, maatskaplike werker in privaatpraktyk en die onderwerp “Hoe om jouself in staat te stel om elke dag se besige lewe te hanteer.”

 

WELLINGTON PRIMêRE SKOOL SE “KOM ONS LEES PROJEK”

Hulle benodig leesboekies, legkaarte, skryfbehoeftes en speelgoed wat in onbruik is.  U kan dit tot Vrydag 17 Aug by die kerkkantoor inhandig.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

DIE NAG VAN KRAG VAN RAMADAN VIR DIE MOSLEMS MAAN 13 AUG

Hulle bid heelnag en is baie ingestel op ‘n geestelike ontmoeting met Allah.  Kom ons as Christene vat hande en bid spesifiek daardie aand vir Moslems. Ons doen dit vanaf 18h30 tot 19h30 by Paarl-Vallei se gebedskamer.  Navrae: Lona Liebenberg 082-3820526. Indien enige kleingroep of Bybelstudiegroep vir Mariam (Moslem-bekeerling)  wil nooi om by hulle te kom getuig, kontak asb vir Charmaine de Swardt by 082-9736740.

 

DEURKOLLEKTE VROUEBEDIENING

Die Taakspan vir Vrouebediening funksioneer binne die Diensgroep Gemeentebegeleiding (Communitas).  Die Taakspan se fokus is:  (a) om vroue te begelei om deel te neem aan God se beweging in hulle lewe en skep sodoende ‘n waarderende kultuur; (b) Toerusting, skep netwerke, ontwikkel en voorsien hulpmiddels en stel inligting oor kerklike werksaamhede bekend; (c) Kwartaalblad, Interaksie, word uitgegee; (d) Sinodale Vrouekampe word aangebied.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 12 – 18 Augustus

2 Konings 24:18 – 25:21God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus