Deur : Skriba  /  August 19th, 2012

KERKRAADSVERKIESING 20 AUGUSTUS 2012

Die volgende wyke is vakant: 

Ouderlinge:  2, 5, 6, 9, 11, 12, 15, 16, 17, 22, 23, 24, 27, 28, 31, 32, 33, Albatros, Onder Berg-en-Dal, Krommerivier, Les Huguenote A, Hertzog, Uitsig

Diakens:  1 Suid, 2, 4, 5, 6, 9, 10, 16, 22, 23, 25, 26, 32, 34, Spruitrivier, Richelieu, Bordeaux, Albatros, Krommerivier, Patatskloof

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

FAMILIENUUS 3DE KWARTAAL

Artikels of nuusgebeure moet die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za voor 7 September bereik.

 

GETUIENISAAND

Almal word baie vriendelik uitgenooi na ‘n spesiale ete op Vrydagaand  7 Sept om 19:00 in die kerksaal waar die soeklig veral op kinders sal val, plaaslik sowel as in Madagaskar, waar Dries en Marlee Volschenk die evangelie aan kinders bring.  Iemand wat Madagskar besoek het, gaan van sy ervarings kom vertel.  Etekaartjies @ R40-00 is nou by die kerkkantoor beskikbaar.  Vir verdere inligting kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039.

 

MANNEKAMP

V/a 7 – 9 Sept by Wemmershoek.  Koste is R280-00 pp wat verblyf, etes en aktiwiteite insluit.  Almal wat belangstel, ontmoet Krige de Waal na die diens in die voorportaal.  Belangstellendes kan hul name nog tot Vry 24 Aug by die kerkkantoor gee.  Gelde moet asb voor 31 Aug betaal word.  Vir nog inligting kontak Krige de Waal  072 725 8899.

 

FIETSTOER 2012 IN WESKUS NASIONALE PARK BY LANGEBAAN 28 – 30 SEPT

Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag deur die Nasionale Park tot by Kraalbaai en terug en Sondag tot by die park se afdraai op die R27.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, hoërskool of ds NJ.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

AUGUSTUS IS BARMHARTIGHEIDSMAAND

Diakens deel koeverte uit waarin u op 26 Aug ‘n bydrae vir Barmhartigheid in die gemeente kan gee.  Die fondse word aangewend vir ‘n maandelikse ondersteuning aan Silwerkruin, ACVV Dienssentrum en die ACVV Maatskaplike Dienste, Vreugdediens Senior Bediening en vir alimentasie (nood in die gemeente).

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 26 SEPT

Ons preek vir 6 Sondae en praat saam in kleingroepe oor 6 temas.  Sien die “Gebedsbulletin” vir elke dag se teks.  Woensdagaande is daar sop in Die Sentrum v/a 18:15 en v/a 18:30 kyk ons DVD waarna ons verdeel in kleingroepe.  Bring die kinders gerus saam.  Adell Erasmus bedien en versorg ons kinders – alle ouderdomme.

 

4X4 DAG 1 SEPTEMBER

Jan Serdyn roete oor Porseleinberg – ± 55 km wat tussen 3 en 4 ure duur.  Kom geniet Lentedag en bewonder God se skepping en beskou Wellington, Malmesbury en Voëlvleidam van daarbo.  Dit is ‘n Klas 3 roete – u voertuig sal nie verniel nie.  Aan die einde van die roete is daar speelplek in die sand.  Koste beloop R200-00 per voertuig en inbetalings kan gedoen word voor 29 Aug in die vlg rek:  ABSA, rekno 430 580 116, takkode 632 005 met  verwysing 4X4 + naam.  Registrasie is 08:00 by Wellington-Oos kerkgronde voor Die Sentrum en ons vertrek 08:30 vanaf die kerk.  Navrae aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za  Bring u eie piekniekmandjie – geriewe vir bring & braai is beskikbaar aan die einde van die roete.  Die fondse is tbv barmhartigheid in ons gemeente.

 

NOODKAS

Ons benodig tans:  mieliemeel, bruismeel, Weet-Bix, langlewe melk, konfyt, grondboontjiebotter, margarien, suiker en hawermout.

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Die Vreugdediens komitee benodig leë 750g koffieblikke vir dié funksie.  Handig asb in by die kerkkantoor of by Hetta Cloete.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 19 – 25 Augustus

Esra 1,2, & 3God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

NG KERK WELLINGTON-NOORD BASAAR

Beste gehalte maalvleis en wors teen billike pryse te koop by hulle basaar Sater 1 Sept.  Voorafbestellings kan geplaas word en sal beskikbaar wees Woens 22 Aug.  Vir verdere navrae skakel Christa Steyn 021 864 1166 / 084 664 1166.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

GEBEDSIMFONIE

‘n Interkerklike biduur op 19 Aug om 15:30 by Eerstelaan 22.  Bring jou eie gebedsonder- werpe saam. Navrae ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

FONDSINSAMELING VIR DIE PIONIERSKOOL WORCESTER

Die Bordienghuisteater bied op Dinsdag 21 Augustus om 19:00 ‘n klavieruitvoering aan ten bate van die skool vir blindes. Die 9-jarige blinde pianis, Ying-Shan Tseng, ‘n leerder van die skool, kom voer graad 6 en 8 UNISA stukke uit. Belangstellendes kan Heinrich kontak by 082 812 1112.

 

DANIEL KONFERENSIE

Dit word die naweek van 24 & 25 Aug aangebied by NGK La Rochelle in Bellville.  Vir verdere navrae kontak Braam Grobbelaar 082 923 9182.

 

DEURKOLLEKTE JAN KRIEL INSTITUUT

Jan Krielskool bied spesialis-onderwys aan kinders met leerhindernisse soos epilepsie, disleksie, gehoor- of sigprobleme om hul potensiaal met waardigheid te ontsluit. Lidmate van die NG Kerk is grotendeels verantwoordelik vir die ontstaan en voortbestaan van hierdie onderneming wat vanjaar 75 jaar oud word. Dankie aan elkeen wat ʼn oop hart en hand vir die kinders van Jan Kriel het.

In die Nuus