Deur : Skriba  /  August 29th, 2012

SPESIALE KERKRAADSVERKIESING

Sondag 9 Sept direk na die oggenddiens.

 

BASAAR

Die konvenors vergader Dins 28 Aug om 18:00 in die konsistorie.

 

FAMILIENUUS 3DE KWARTAAL

Artikels of nuusgebeure moet die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za voor 7 September bereik.

 

GETUIENISAAND

Almal word baie vriendelik uitgenooi na ‘n spesiale ete op Vrydagaand  7 Sept om 19:00 in die kerksaal waar die soeklig veral op kinders sal val, plaaslik sowel as in Madagaskar, waar Dries en Marlee Volschenk die evangelie aan kinders bring.  Iemand wat Madagskar besoek het, gaan van sy ervarings kom vertel.  Etekaartjies @ R40-00 is nou by die kerkkantoor beskikbaar.  Vir verdere inligting kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039.

 

MANNEKAMP

V/a 7 – 9 Sept by Wemmershoek.  Koste is R280-00 pp wat verblyf, etes en aktiwiteite insluit.  Almal wat belangstel, ontmoet Krige de Waal na die diens in die voorportaal.  Belangstellendes kan hul name nog tot Vry 24 Aug by die kerkkantoor gee.  Gelde moet asb voor 31 Aug betaal word.  Vir nog inligting kontak Krige de Waal  072 725 8899.

 

FIETSTOER 2012 IN WESKUS NASIONALE PARK BY LANGEBAAN 28 – 30 SEPT

Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag deur die Nasionale Park tot by Kraalbaai en terug en Sondag tot by die park se afdraai op die R27.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, hoërskool of ds NJ.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 26 SEPT

Ons preek vir 6 Sondae en praat saam in kleingroepe oor 6 temas.  Sien die “Gebedsbulletin” vir elke dag se teks.  Woensdagaande is daar sop in Die Sentrum v/a 18:45 en v/a 19:00 kyk ons DVD waarna ons verdeel in kleingroepe.  Bring die kinders gerus saam.  Adell Erasmus bedien en versorg ons kinders – alle ouderdomme.

 

4X4 DAG LENTEDAG TBV BARMHARTIGHEID

Jan Serdyn roete oor Porseleinberg – ± 55 km wat tussen 3 en 4 ure duur.  Kom geniet Lentedag en bewonder God se skepping en beskou Wellington, Malmesbury en Voëlvleidam van daarbo.  Dit is ‘n Klas 3 roete – u voertuig sal nie verniel nie.  Aan die einde van die roete is daar speelplek in die sand.  Koste beloop R200-00 per voertuig en inbetalings kan gedoen word voor 29 Aug in die vlg rek:  ABSA, rekno 430 580 116, takkode 632 005 met  verwysing 4X4 + naam.  Registrasie is 08:00 by Wellington-Oos kerkgronde voor Die Sentrum en ons vertrek 08:30 vanaf die kerk.  Navrae aan Bennie Smith 083 651 3305  /  info@kfcf.co.za  Bring u eie piekniekmandjie – geriewe vir bring & braai is beskikbaar aan die einde van die roete.

 

NOODKAS

Ons benodig tans:  mieliemeel, bruismeel, Weet-Bix, langlewe melk, konfyt, grondboontjiebotter, margarien, suiker en hawermout.

 

SUNFIELD KERSFUNKSIE

Die Vreugdediens komitee benodig leë 750g koffieblikke vir dié funksie.  Handig asb in by die kerkkantoor of by Hetta Cloete.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

ATKV WELLINGTON WESKUS BLOMMETOER 1 SEPT

Die toerbus vertek 8h00, gaan deur Darling (waar orgedieëplaas besoek word) verder tot by Langebaan, Jacobsbaai en dan ‘n heerlike middagete by Saldanha se Hoedjiesbaai Hotel.  Daarna via Hopefield, Malmesbury terug teen ± 17:00.  Kostes is R190 pp en Hentas Kotze kan geskakel word by 083 309 7411 en/of die ACVV  Dienssentrum by 021 873 4682 vir kaartjies.

 

GEOPENDE DEURE DAMESTEE

Sat 15 Sept van 10:00 – 12:00 by NGK Durbanville Bergsig. Toegang is gratis. RSVP na women@opendoors.org.za of 011 888 9341 voor 1 Sept.

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

WELLINGTON NOORD BASAAR

Sat 1 Sept v/a 09:00.  Ontbyt, middagete, vleis, poeding, koeke, terte, beskuit, brode, Witolifant tafel, pannekoek, Tuine en Tossels, groente, kinderspeel- goed en -vermaak (springkasteel, treintjie ry, hindernisbaan, skyfskiet, pamperlang hoekie, kreatiwiteits area, boontjiesakkie gooi, skyfskiet en Chris Welsch, ‘n fantastiese kulkunstenaar, buikspreker en “juggler” tree op om 10:00 – kaartjies @ R20 elk) – moet dit nie misloop nie!!

 

ARBEIDSBEDIENING SAKEONTBYT MET TENK LOUBSER

Dinsdag 25 September om 06:30 by Wellington Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp ontbyt ingesluit. Vir kaartjies en meer inligting skakel Johan Crous 072 289 0842 / 021 873 7024.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 26 Aug – 1 Sept

Haggai & SagariaGod se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus