Deur : Skriba  /  September 2nd, 2012

DS JAN AFNAWEEK

Ds Jan geniet sy afnaweek hierdie naweek.

 

SPESIALE KERKRAADSVERKIESING

Sondag 9 Sept direk na die oggenddiens.

 

SANG EN MUSIEKBEDIENING

Let asb daarop dat hierdie kommissie se vergadering verskuif v/a Woens 26 Sept na Don 20 Sept om 19:00.

 

GROOT KINDERNUUS!  Kamp Jerigo

Dis tyd vir ons jaarlikse Graad 1 tot 3 kamp by die kerk.  Vrydag, 12 Okt (17:00) tot Saterdag, 13 Okt (12:00).  R50 per kind.  Volledige inligting op die inskrywingsvorm beskikbaar by die Kinderkerk en/of kerkkantoor.  Navrae Adell 082 925 7190.

 

FAMILIENUUS 3DE KWARTAAL

Artikels of nuusgebeure moet die kerkkantoor of Christa van Rooyen christa@safj.co.za voor 7 September bereik.

 

GETUIENISAAND

Almal word baie vriendelik uitgenooi na ‘n spesiale ete op Vrydagaand  7 Sept om 19:00 in die kerksaal waar die soeklig veral op kinders sal val, plaaslik sowel as in Madagaskar, waar Dries en Marlee Volschenk die evangelie aan kinders bring.  Iemand wat Madagskar besoek het, gaan van sy ervarings kom vertel.  Etekaartjies @ R40-00 is nou by die kerkkantoor beskikbaar.  Vir verdere inligting kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039.

 

FIETSTOER 2012 IN WESKUS NASIONALE PARK BY LANGEBAAN 28 – 30 SEPT

Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag deur die Nasionale Park tot by Kraalbaai en terug en Sondag tot by die park se afdraai op die R27.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, hoërskool of ds NJ.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 26 SEPT

Woensdagaande is daar sop in Die Sentrum v/a 18:45 en v/a 19:00 kyk ons DVD waarna ons verdeel in kleingroepe.  Bring die kinders gerus saam.  Adell Erasmus bedien en versorg ons kinders – alle ouderdomme.

 

NOODKAS

Ons benodig tans:  langlewe melk, suiker, margarien, grondboontjiebotter, hawermout, Weet-Bix, konfyt, olie, hoender, 2 Min Noodles, waspoeier, opwasmiddel.  Baie dankie.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 875 5842 of 083 662 5126.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa Gevangenis ‘n kerskaartjie te gee om oor die Kerstyd vir hulle geliefdes te stuur.  Die kerskaartjies kan gemaak word deur ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u kans sien om ‘n kerskaartjie of meer te maak, sal ons dit baie waardeer.  Ons wil graag weer 300 kaartjies vir hulle gee.  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

ARBEIDSBEDIENING SAKEONTBYT MET TENK LOUBSER

Dinsdag 25 September om 06:30 by Wellington Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp ontbyt ingesluit. Vir kaartjies en meer inligting skakel Johan Crous 072 289 0842 / 021 873 7024.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

EVOLUSIEGESPREK

Daar is baie vrae rondom die verstaan van die Bybel in ’n post-Darwinistiese wêreld. Evolusie as wetenskaplike verklaringsmodel laat sommige mense dink jy moet kies: óf die Bybel óf evolusie. Maar baie Christene aanvaar evolusie as die beste wetenskap- like verduideliking van die ontstaan en ontwikkeling van spesies op aarde, EN bly steeds glo dat God die “Skepper van hemel en aarde” is.  Kom luister na twee vakkundiges – die Karoo-paleontoloog, dr Jurie v/d Heever, en die Bybelkundige, dr Christo Lombard – op Donderdag 13 Sept , as hulle vanuit twee hoeke na hierdie saak kyk.  Die gesprek begin 19:00 en vind in die Marthasaal plaas. Daar sal ook geleentheid vir vrae wees.  Ons vertrou dat die gespreksaand mense sal toerus om met groter verdraagsaamheid te luister na ander se standpunte en ons verstaan van die wetenskap en God se grootheid sal verruim.  Navrae: Kerkkantoor, NG Moederkerk, Wellington: 021 873 1561.

 

GEOPENDE DEURE DAMESTEE

Sat 15 Sept van 10:00 – 12:00 by NGK Durbanville Bergsig. Toegang is gratis. RSVP na women@opendoors.org.za of 011 888 9341 voor 1 Sept.

 

DIE ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES BIED AAN

‘n Pretaand van sang, musiek en  drama.  Donderdag 13 September 2012 in die Saal van die NG Kerk Wellington-Oos.  Toegang volwassenes R30 en kinders onder 12 jr R20.  Kontak asseblief die Dienssentrum vir kaartjies.  Ondersteun asb hierdie fondsinsameing projek van ons.

 

ST GEORGE’S PRESBYTERIAN CHURCH

Hou ‘n verskeidenheidskonsert op Vrydag 7 en Saterdag 8 Sept in die kerksaal van Wellington Noord gemeente. Kom geniet ‘n aand van goeie vermaak, ‘n ligte aandete word ook bedien.  Kaartjies is beskikbaar by Gilliland Oogkundiges en St George’s se kerkkantoor (021 873 1179).

 

DEUROFFER – INSTITUUT VIR DOWES

Die Instituut vir Dowes is in 1881 deur die kerk tot stand gebring om vir Dowes taal te gee, sodat hulle ook die boodskap van Jesus Christus kon ontvang.  Die Instituut borg steeds die De la Batskool en die twee gemeentes vir Dowes in die WesKaap.  Tans word Dowes ook as sendelinge opgelei om die meer as 400 000 onbereikte Dowes in Suid-Afrika te bedien met die Woord.  Agtergeblewe volwasse Dowes ontvang vaardigheidsontwikkeling by die Instituut, terwyl 95 meervoudig gestremde volwasse Dowes ook deur die Instituut binne ‘n terapeutiese gemeenskap ontwikkel en versorg word.  ‘n Ouetehuis met 38 Dowes word ook deur die Instituut bedryf.  Bid dat al die Dowes in SA ook die geleentheid sal kry om die boodskap van verlossing te ontvang.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 2 – 8 Sept

EsterGod se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus