Deur : Skriba  /  September 16th, 2012

Verkose kerkraadslede 2012 – 2013

Ouderlinge                                                              Diakens

Wyk 10   – Christine Bezuidenhout                 Wyk 10  – Margarite Scheepers

                   (Geestelike versorger)                 Wyk 29  – Elizna Coetzee (dienswerker)

Wyk 15   – Johan Pool (herkies)                     Albatros –  Bekker van Niekerk

Wyk 24   – Adrian Jacobs                                  Krommerivier  – Jan Heystek

Wyk 31   – Gert Boerssen                                 Bordeaux  – Marinda Lochner

Wyk 32   – Boetie Cronjé (herkies 1 jr)

Wyk 33   – Mariette Lloyd                              

Krommerivier – Thys Odendal (herkies 1 jr)

 

EREDIENSTYE

Let asb daarop dat die eredienstye soggens vanaf 7 Oktober verander na 09:00.

 

GEMEENTEFEES 27 OKT 2012

Ons begin nou na die woekerprojekte van die jaar,  werk aan die gemeentefees. Die eerste stap is om die lyste vir die insameling van kontant bydraes en produkte na lidmate te neem. U kan verwag dat u ouderling in die volgende paar weke u in hierdie verband sal kom besoek. Benewens u bydrae het ons ook op die dag van die fees hande nodig, ons versoek dat u die kerkkantoor sal skakel indien u iewers wil saamwerk om dit ʼn fees tot eer van die Here te maak.

 

SANG EN MUSIEKBEDIENING

Let asb daarop dat hierdie kommissie se vergadering verskuif v/a Woens 26 Sept na Don 20 Sept om 19:00.

 

GROOT KINDERNUUS!  Kamp Jerigo

Dis tyd vir ons jaarlikse Graad 1 tot 3 kamp by die kerk.  Vrydag, 12 Okt (17:00) tot Saterdag, 13 Okt (12:00).  R50 per kind.  Volledige inligting op die inskrywingsvorm beskikbaar by die Kinderkerk en/of kerkkantoor.  Navrae Adell 082 925 7190.

 

FIETSTOER FIETSTOER FIETSTOER – WESKUSPARK.  28 – 30 SEPT

Ons ry vanjaar tbv Huis Andrew Murray.  Elkeen wat saamgaan moet asb mbv ‘n borgvorm R400-00 se donasies insamel.  Volwassenes wat bereid is om te help, is baie welkom.  Ons ry Vrydag v/a Hopefield tot op Langebaan.  Saterdag en Sondag ry ons deur die Nasionale Park.  Borgvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, hoërskool of ds NJ. Daar is slegs plek vir 40 persone en die eerste 40 wat @ 25 Sept inbetaal het se plek is verseker.  Vir verdere navrae skakel ds NJ of Charl Marais 082 421 7921.

 

40 DAE – WANDEL IN DIE WOORD 19 AUG – 26 SEPT

Woensdagaande is daar sop in Die Sentrum v/a 18:45 en v/a 19:00 kyk ons DVD waarna ons verdeel in kleingroepe.  Bring die kinders gerus saam.  Adell Erasmus bedien en versorg ons kinders – alle ouderdomme.

 

BASAAR JAFFLES

Hulle soek hulp met die maak van die jaffles op die dag van die basaar.  Indien u bereid is om te help, skakel asb vir Cecilia Claassen by 021 873 3163 / 073 174 0122 of Obie Prins by 021 864 3253 / 082 566 7867.

 

NOODKAS

Ons benodig tans:  langlewe melk, suiker, margarien, grondboontjiebotter, hawermout, Weet-Bix, konfyt, olie, hoender, 2 Min Noodles, waspoeier, opwasmiddel.  Baie dankie.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

GEVANGENIS BEDIENING

Reg Cowie besoek elke Woensdagaand gevangenes in tronke. Hy nooi mense om saam met hom te gaan.  U kan hom skakel by 082 854 6016.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie dankie aan almal wat al Kerskaartjies vir die gevangenes gegee het.  Ons is baie dankbaaar daarvoor en vir u bereidwilligheid om saam te werk. Ons wil graag 500 kaartjies vir hulle gee.  Indien u dalk kan help om ‘n posseël of meer te skenk of dalk ‘n geldjie wil gee om die uitgawes te help dra, sal ons dit baie waardeer.  Daar sal op Sondag 14 Oktober kaartjies, prentjies en gom in Die Sentrum beskikbaar wees indien u daar by die tee vir ons kan help om ‘n kaartjie of twee gereed te maak.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

CV’S

Indien u op die uitkyk is vir werk, bring asb u CV na die kerkkantoor sodat dit beskikbaar is vir werkgewers met moontlike werksgeleenthede.

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

ARBEIDSBEDIENING SAKEONTBYT MET TENK LOUBSER

Dinsdag 25 September om 06:30 by Wellington Noord se kerksaal.  Koste is R50-00 pp ontbyt ingesluit. Vir kaartjies en meer inligting skakel Johan Crous 072 289 0842 / 021 873 7024.

 

HUIS ANDREW MURRAY KERMIS

Op 24 Sept hou hulle kermis as deel van `n fondsinsameling.   Dit gaan saamval met die Bainsklof Ultramarathon.  HAM is verantwoordelik vir die Buksiewedloop van 6 km.  Elke huis van HAM gaan `n tafel tydens die kermis beman. Ons benodig die volgende vir die tafels:  Groente en vrugte, koeldrank en sap, boerewors + rolletjies, koffie + tee asook roomys.  Indien u kans sien om `n bydrae te maak, kontak Elsabe Sauerman by elsabe@andrewmurray.org.za

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

WAMAKERSVALLEI OPLEIDINGSENTRUM

‘n Kursus in Huishouding & Kookkuns word aangebied vir huishulpe en werklose persone.  Die kursus word een keer ‘n week oor ‘n tydperk van 8 weke aangebied vanaf 08:00 tot 15:45.  Bemagtig u eie huishulp of indien dit op u hart is om ‘n werklose persoon te borg om die kursus by te woon, kan u ons ook gerus kontak.  Gastehuise en besighede is ook welkom om hulle dienswerkers verder te laat oplei.   Kursus begin Donderdag 18 Oktober (Afrikaans/ Engels).  Koste:   R1 500-00p.p.  Vir meer inligting kan u die Sentrum kontak by 021- 873 5942 of wamakers@ibits.co.za

 

DEUROFFER –  FIETSTOER

Die deuroffer gaan om die kostes van die fietstoer te dek en die balans gaan vir Huis Andrew Murray.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 9 – 15 Sept

Esra 8 & 9God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus