Deur : Skriba  /  September 30th, 2012

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Op Sondag 14 Oktober direk na die oggenddiens.

 

EREDIENSTYE

Let asb daarop dat die eredienstye soggens vanaf 7 Oktober verander na 09:00.

 

KERKKANTOOR GESLUIT

Die kerkkantoor sal gesluit wees vanaf 13:00 op 1 – 3 Oktober 2012.

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof vanaf 1 – 4 Oktober en ds NJ vanaf 5 – 7 Oktober.

 

GEMEENTEFEES SATERDAG 27 OKT 2012

Vrydagaand 26 Okt is daar om 18:00 gratis treinritte vir die kinders, boereworsrolle, koffie en koeldrank te koop en om 19:00 is ons gemeentekonsert – toegang gratis.  Saterdagoggend skop ons 07:00 af met draf, stap en/of fietsry om die Perdeskoen, ‘n heerlike ontbyt @ R45-00 vanaf 07:30, opening van basaar om 09:00 en ‘n “Fancy Dress” om 10:30 vir kinders voorskool tot Gr 6.  Ons sluit die naweek af met ’n hoenderbraai om 18:00 by die kerk @ R50-00 vir volwassenes en R15-00 vir kinders.  Kaartjies vir die ontbyt en hoenderbraai is vooraf te koop by die kerkkantoor en/of diakens/dienswerkers.

 

GROOT KINDERNUUS!  Kamp Jerigo

Dis tyd vir ons jaarlikse Graad 1 tot 3 kamp by die kerk.  Vrydag, 12 Okt (17:00) tot Saterdag, 13 Okt (12:00).  R50 per kind.  Volledige inligting op die inskrywingsvorm beskikbaar by die Kinderkerk en/of kerkkantoor.  Navrae Adell 082 925 7190.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

 MATRIEKETE

Vind plaas op Woensdag 10 Oktober om 19:00 in die kerksaal.  Indien jy nog nie ‘n uitnodiging ontvang het nie, kontak asb die kerkkantoor.

 

SENIOR DIENS

Op 21 Oktober preek ds Johan Rossouw en André Serfontein speel orrel.  Ons nooi spesiaal al ons senior lidmate (bo 60) na hierdie diens.

 

BASAAR MARKTAFEL

Benodig leë 2L en 500ml bottels om gemmerbier in te maak en verkoop.

 

BASAAR JAFFLES

Soek hulp met die maak van die jaffles op die dag van die basaar.  Indien u bereid is om te help, skakel asb vir Cecilia Claassen by 021 873 3163 / 073 174 0122 of Obie Prins by 021 864 3253 / 082 566 7867.

 

NOODKAS

Ons benodig:  suiker, grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, was- poeier, opwasmiddel, blikkies tamatievis, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, koffie, tee en roll-on.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

GEVANGENIS BEDIENING

Reg Cowie besoek elke Woensdagaand gevangenes in tronke. Hy nooi mense om saam met hom te gaan.  U kan hom skakel by 082 854 6016.

 

WONDERLIK!!  KERSKAARTJIES  stroom in!!  Elke Kerskaartjie benodig nou ‘n posseël!!

Indien u dalk daarmee kan help om ‘n paar posseëls of ‘n geldjie daarvoor te skenk, kan ons op Sondag, 14 Oktober in Die Sentrum,  terwyl u lekker tee drink, die laaste kaartjies maak,  seëls op die koeverte plak en dan is alles gereed vir aflewering.  Baie dankie by voorbaat vir u wonderlike samewerking!  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175

 

DIE FLUITENDE PREDIKANTSVROU

Die CD of plaat van Ryne de Beer  nl “Die Fluitende Predikantsvrou”  word benodig vir ‘n item op die gemeentekonsert op 26 Oktober 2012.  Indien u kan help kontak Lounette van Niekerk by  082 774 9039 / 021 864 3175

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

WAMAKERSVALLEI OPLEIDINGSENTRUM

‘n Kursus in Huishouding & Kookkuns word aangebied vir huishulpe en werklose persone.  Die kursus word een keer ‘n week oor ‘n tydperk van 8 weke aangebied vanaf 08:00 tot 15:45.  Bemagtig u eie huishulp of indien dit op u hart is om ‘n werklose persoon te borg om die kursus by te woon, kan u ons ook gerus kontak.  Gastehuise en besighede is ook welkom om hulle dienswerkers verder te laat oplei.   Kursus begin Donderdag 18 Oktober (Afrikaans/ Engels).  Koste:   R1 500-00p.p.  Vir meer inligting kan u die Sentrum kontak by 021- 873 5942 of wamakers@ibits.co.za

 

MUSIEKUITVOERING BY STROOIDAKKERK

Cristel de Meulder (sopraan), Fien van Dingenen (fluit) en Ad van Sleuwen (orrel) van België gee op Sondagaand 21 Oktober om 18:00 ‘n uitvoering in die Strooidakkerk.

 

DEUROFFER – STRAATWERK

Straatwerk is ‘n Christen organisasie wat uitreik na mense in nood in Kaapstad.  Ons reik onder andere uit na: vroue vasgevang in prostitusie (en hulle kinders), hawelose mense en diegene wat betrokke is in die nagklubkultuur van ons stad (dwelmhandelaars, mans betrokke in prostitusie, nagklubgangers, ens).  Ons hoofdoel is om die Goeie Nuus van Jesus Christus met hulle te deel en om hulle te help hoe dit ookal moontlik is (voedsel, klere, basiese medeise hulp, krisis-verblyf)  Met Projek OPRUIM / Jesus Saves word hawelose mense ‘n geleentheid gebied om ‘kontant in die hand’ te verdien en met die Waardevol vir Jesus Veldtog  is ons poging om voorkomend op te tree teen prostitusie, pornografie en misbruik.

In die Nuus