Deur : Skriba  /  October 7th, 2012

DS NJ VERLOF

Ds NJ is met verlof vanaf 15 tot 25 Oktober.

 

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Op Sondag 14 Oktober direk na die oggenddiens.

 

GEMEENTEFEES SATERDAG 27 OKT 2012

Vrydagaand 26 Okt is daar om 18:00 gratis treinritte vir die kinders, boereworsrolle, koffie en koeldrank te koop en om 19:00 is ons gemeentekonsert – toegang gratis.  Saterdagoggend skop ons 07:00 af met draf, stap en/of fietsry om die Perdeskoen, ‘n heerlike ontbyt @ R45-00 vanaf 07:30, opening van basaar om 09:00 en ‘n “Fancy Dress” om 10:30 vir kinders voorskool tot Gr 6.  Ons sluit die naweek af met ’n hoenderbraai om 18:00 by die kerk @ R50-00 vir volwassenes en R15-00 vir kinders.  Kaartjies vir die ontbyt en hoenderbraai is vooraf te koop by die kerkkantoor en/of diakens/dienswerkers.

 

SKAAPVLEIS VANAF CALVINIA

Nical Sauerman het gereël dat ons skaapvleis vanaf Calvinia kan bestel, na eie keuse opgesaag, netjies in plat kartonne verpak en in Wellington gelewer.  Dit kan ʼn handige inkomste lewer vir die vleistafel!  Kry die bestelvorm elektronies van die kerkkantoor, navrae aan Nical Sauerman 082 899 1005 of sauerman1@telkomsa.net

 

BASAAR MARKTAFEL

Benodig leë 2L en 500ml bottels om gemmerbier in te maak en verkoop.

 

BASAAR JAFFLES

Soek hulp met die maak van die jaffles op die dag van die basaar.  Indien u bereid is om te help, skakel asb vir Cecilia Claassen by 021 873 3163 / 073 174 0122 of Obie Prins by 021 864 3253 / 082 566 7867.

 

DIE FLUITENDE PREDIKANTSVROU

Die CD of plaat van Ryne de Beer  nl “Die Fluitende Predikantsvrou”  word benodig vir ‘n item op die gemeentekonsert op 26 Oktober 2012.  Indien u kan help kontak Lounette van Niekerk by  082 774 9039 / 021 864 3175

 

GROOT KINDERNUUS!  Kamp Jerigo

Dis tyd vir ons jaarlikse Graad 1 tot 3 kamp by die kerk.  Vrydag, 12 Okt (17:00) tot Saterdag, 13 Okt (12:00).  R50 per kind.  Volledige inligting op die inskrywingsvorm beskikbaar by die Kinderkerk en/of kerkkantoor.  Navrae Adell 082 925 7190.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

OUERS VAN KINDERS 0 – 5 JAAR

Ontmoet weer op 17 Oktober by die tennisklub.

 

SENIOR DIENS

Op 21 Oktober preek ds Johan Rossouw en André Serfontein speel orrel.  Ons nooi spesiaal al ons senior lidmate (bo 60) na hierdie diens.

 

NOODKAS

Ons benodig:  suiker, grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, was- poeier, opwasmiddel, blikkies tamatievis, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, koffie, tee en roll-on. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

 MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

WONDERLIK!!  KERSKAARTJIES  stroom in!!  Elke Kerskaartjie benodig nou ‘n posseël!!

Indien u dalk daarmee kan help om ‘n paar posseëls of ‘n geldjie daarvoor te skenk, kan ons op Sondag, 14 Oktober in Die Sentrum,  terwyl u lekker tee drink, die laaste kaartjies maak,  seëls op die koeverte plak en dan is alles gereed vir aflewering.  Baie dankie by voorbaat vir u wonderlike samewerking!  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk  082 774 9039 / 021 864 3175

 

WERKGEWERS

Skakel asb die kerkkantoor indien u enige vakatures beskikbaar het.

 

KERKTUIN

Ons sal die hulp van ‘n vrywilliger waardeer wat in samewerking met die koster en Eiendomskommissie kan raadgee met tuinuitleg (aanplant van bome en struike).  Skakel asb met Gerhard Fick 021 873 6363 (W) / 073 385 9513 / gerhard@mbcestates.co.za

 

KARWAS

Paul Snyders was en stofsuig motors @ R40-00.  U kan hom skakel by 073 146 0877.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

STROOIDAK/WILLISTON FEES

Op hierdie fees van 12 – 13 Oktober is al die LEKKER treffers  en Sondag 09:00 sê ons DANKIE Heer.  NUWE TERREIN:  De Poort Erfenis Terrein (oorkant De Oude Renbaan) Suider-Paarl. NUUT op die fees: Nedbank OTM, Boeke-loer en uitstallers.  Vrydag- en Saterdagoggend heerlike plaasontbyt @ R40 per persoon.  Manneontbyt in die kerksaal Vrydagoggend 06:00 – 07:30 @ R100 per persoon.  Spreker dr Braam Hanekom.  Groot kuier Vrydagaand – afval- en skenkelpotte met rys en ‘n lekker glasie wyn @R40 per persoon.  EN tafels vol produkte en heerlike Williston lamsvleis en sosaties en wors – gebraai of rou!!!

 

MUSIEKUITVOERING BY STROOIDAKKERK

Cristel de Meulder (sopraan), Fien van Dingenen (fluit) en Ad van Sleuwen (orrel) van België gee op Sondagaand 21 Oktober om 18:00 ‘n uitvoering in die Strooidakkerk.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 7 – 13 Okt

Nehemia 1-3God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus