Deur : Skriba  /  October 15th, 2012

DS NJ VERLOF

Ds NJ is met verlof vanaf 15 tot 25 Oktober.

 

FIETSTOER 2012

Baie dankie vir almal wat getrap, gehelp en bydraes gemaak het.  Ons kan die mooi bedrag van R10 463-70 oorbetaal aan Huis Andrew Murray.

 

GEMEENTEFEES SATERDAG 27 OKT 2012

Vrydagaand 26 Okt is daar om 18:00 gratis treinritte vir die kinders, boereworsrolle, koffie en koeldrank te koop en om 19:00 is ons gemeentekonsert – toegang gratis.  Saterdagoggend skop ons 07:00 af met draf, stap en/of fietsry om die Perdeskoen, ‘n heerlike ontbyt @ R45-00 vanaf 07:30, opening van basaar om 09:00 en ‘n “Fancy Dress” om 10:30 vir kinders voorskool tot Gr 6.  Ons sluit die naweek af met ’n hoenderbraai om 18:00 by die kerk @ R50-00 vir volwassenes en R15-00 vir kinders.  Kaartjies vir die ontbyt en hoenderbraai is vooraf te koop by die kerkkantoor en/of diakens/dienswerkers.

 

SKAAPVLEIS VANAF CALVINIA

Nical Sauerman het gereël dat ons skaapvleis vanaf Calvinia kan bestel, na eie keuse opgesaag, netjies in plat kartonne verpak en in Wellington gelewer.  Dit kan ʼn handige inkomste lewer vir die vleistafel!  Kry die bestelvorm elektronies van die kerkkantoor, navrae aan Nical Sauerman 082 899 1005 of sauerman1@telkomsa.net

 

BASAAR

Ons het u hulp met die vlg nodig – kontak asb die kerkkantoor indien u kan help:

  • Marktafel benodig leë 2L en 500ml bottels om gemmerbier in te maak.   
  • Kafee soek hulp met die maak van jaffles op die dag van die basaar.
  • Grootkoektafel soek enige polistereen verpakkings met of sonder deksels en groot tunablikke (om kleiner koeke in te bak).
  • Hennie Engelbrecht soek gazebo’s om te leen.
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.
  • Indien u enige plek wil help of enige ander bydraes wil lewer, skakel asb die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

BASAAR KLEINGELD

Herinnering aan konvenors dat vorms vir aanvra van kleingeld by kerkkantoor moet wees @  Donderdag 18 Oktober.  Kleingeld kan afgehaal word vanaf Woensdag 24 tot Vrydag 26 Oktober voor 13:00.  Indien kleingeld eers Saterdag afgehaal kan word, moet spesiale reëlings vooraf met Carien getref word.

 

BAIE DANKIE!

Baie dankie aan die Eiendomskommissie, die koster en werkers vir ons mooi versorgde geboue en tuine wat ook ’n getuienis is van wat binne ons gemeente gebeur.

 

VROUE GROEPBYEENKOMSTE

Herinnering aan die Vrouegroepsbyeenkomste wat asb moet plaasvind op 30 Oktober 2012.

 

HERFSVREUGDEKOOR

Is op soek na 10 swart dasse vir koordrag.  Indien u ‘n das het om te skenk, kontak Hetta Cloete 021 873 3158

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  suiker, grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, was- poeier, opwasmiddel, blikkies tamatievis, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, koffie, tee en roll-on. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

KERSKAARTJIES

Baie baie dankie aan elkeen wat ‘n Kerskaartjie of meer vir die gevangenes  gemaak of geskenk het. Wees verseker dat deur u toedoen “iemand” oor die Kerstyd baie gelukkig gaan wees!  Ons maak vanoggend na die diens in Die Sentrum, die laaste klompie kaartjies  gereed – u is baie welkom om self ‘n kaartjie te kom maak of om ‘n paar seëls of ‘n geldjie daarvoor te skenk sodat die kaartjies afgelewer kan word.  Baie dankie by voorbaat.

 

HAM Sê DANKIE

Baie dankie aan almal wat so hard getrap het gedurende die vakansie om vir Huis Andrew Murray fondse in te samel.  Ook `n groot dankie aan almal wat `n bydrae gelewer het tot ons kermis, op watter manier ook al.  Donateurs en vrywilligers is onvergeetlike mense wat om een of ander rede `n permanente plek in HAM se hart gevind het.  Die wat ons gedurig laat wonder wat ons gedoen het om jul te verdien.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Volgende byeenkoms is op 17 Okt om 19:15 by die Marthasaal.  Die spreker is Marian Acker en die onderwerp  Depressie en die dieet”.  Marian Acker is ‘n dieetkundige en gaan vir ons vertel hoe om die regte dieet te volg om verligting van depressie te kry of dit selfs te vermy.  Kontak Petro 072 709 8000  indien jy meer wil weet en onthou asb om ‘n beker saam te bring.

 

MUSIEKUITVOERING BY STROOIDAKKERK

Cristel de Meulder (sopraan), Fien van Dingenen (fluit) en Ad van Sleuwen (orrel) van België gee op Sondagaand 21 Oktober om 18:00 ‘n uitvoering in die Strooidakkerk.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

BYEENKOMS VAN PLAASEIENAARS EN BESTUURDERS

Die 3 NG-gemeentes en VGK Kerk het vanjaar in die kleingroepie-byeenkomste die “40 Dae Wandel in die Woord” deur Rick Warren bestudeer.  As ‘n praktiese opdrag moes ons ‘n probleem identifiseer waar ons graag ‘n verskil sou wou maak. Daar is besluit om  veral die drank- en dwelmmisbruik en gepaardgaande probleme, ook onder die jeug, aan te spreek.  Mnr Hans Stormbroek wat reeds baie welslae met die Crossroads-projek in die tronke behaal het, het inligting daaromtrent met ons gedeel.  Aangesien dit ‘n probleem is wat ons ook by sommige van ons arbeiders en hul gesinne ervaar, nooi ons graag almal wat betrokke wil raak na ‘n inligtingsvergadering waar mnr Stormbroek ons weer sal toespreek.  Indien genoeg belangstelling, vind dit plaas op 15 Okt 19:00 by die Stucki-skool.  Laat weet Moedergemeente 021 873 1561 asb voor 12 Oktober of u teenwoordig kan wees.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 14 – 20 Okt

Nehemia 5-7God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus