Deur : Skriba  /  October 21st, 2012

GEMEENTEFEES SATERDAG 27 OKT 2012

Vrydagaand 26 Okt is daar om 18:00 gratis treinritte vir die kinders, boereworsrolle, koffie en koeldrank te koop en om 19:00 is ons gemeentekonsert – toegang gratis.  Saterdagoggend skop ons 07:00 af met draf, stap en/of fietsry om die Perdeskoen, ‘n heerlike ontbyt @ R45-00 vanaf 07:30, opening van basaar om 09:00 en ‘n “Fancy Dress” om 10:30 vir kinders voorskool tot Gr 6.  Ons sluit die naweek af met ’n hoenderbraai om 18:00 by die kerk @ R50-00 vir volwassenes en R15-00 vir kinders.  Kaartjies vir die ontbyt en hoenderbraai is vooraf te koop by die kerkkantoor en/of diakens/dienswerkers.

 

SKAAPVLEIS VANAF CALVINIA

Nical Sauerman het gereël dat ons skaapvleis vanaf Calvinia kan bestel, na eie keuse opgesaag, netjies in plat kartonne verpak en in Wellington gelewer.  Dit kan ʼn handige inkomste lewer vir die vleistafel!  Kry die bestelvorm elektronies van die kerkkantoor, navrae aan Nical Sauerman 082 899 1005 of sauerman1@telkomsa.net

 

BASAAR

Ons het u hulp met die vlg nodig – kontak asb die kerkkantoor indien u kan help:

  • Marktafel benodig leë 2L en 500ml bottels om gemmerbier in te maak en verkoop.   
  • Kafee soek hulp met die maak van jaffles op die dag van die basaar. 
  • Grootkoektafel soek enige polistereen verpakkings met of sonder deksels en groot tunablikke (om kleiner koeke in te bak).
  • Hennie Engelbrecht soek gazebo’s om te leen. 
  • Mannetafel soek nog baie goeie bruikbare artikels wat u nie meer wil gebruik nie.
  • Indien u enige plek wil help of enige ander bydraes wil lewer, skakel asb die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

BASAAR KLEINGELD

Herinnering dat kleingeld afgehaal kan word vanaf Woensdag 24 tot Vrydag 26 Oktober voor 13:00.  Indien kleingeld eers Saterdag afgehaal kan word, moet spesiale reëlings vooraf met Carien getref word.

 

BASAAR POEDING

Op Don 25 Okt maak ons poeding in Die Sentrum vanaf 14:30 tot 17:00.   Bring asb mengbak en groot lepel saam.  Ons benodig nog 40 L boksies vla.  Wees asb so vriendelik en bring klaar gemaakte poedings Vrydagaand 26 Okt om 19:00 na die kerk en sit in kombuis se yskas.  Die kombuis sal oop wees gedurende die konsert.

 

FAMILIENUUS

Ons wil vra dat u asb vir ons bydraes vir die laaste uitgawe in 2012 sal stuur.  U kan dit aan die kerkkantoor stuur (of bring) of aan Christa van Rooyen by christa@safj.co.za

 

VROUE GROEPBYEENKOMSTE

Herinnering aan die Vrouegroepsbyeenkomste wat asb moet plaasvind op 30 Oktober 2012.

 

GELOOFSOFFER

Baie dankie vir almal wat steeds die Here vertrou vir ‘n geloofsoffer.  Twee derdes van die beloofde geloofsoffers vir 2012 is reeds inbetaal. Die Getuieniskommissie betaal op ‘n gereelde basis die geloofsoffers oor aan die betrokke persone of projekte wat ondersteun word. Fondse wat “Algemeen” gemerk word, sal eers aan die einde van die finansiële jaar uitbetaal word wanneer al die verskillende verdienstelike projekte oorweeg sal word.

 

NUUS VAN ‘MIRIAM’

Ek is nou reeds 2 maande in Noord-Afrika waar die eenvoudigste ding  baie lank neem om af te handel.  Dit voel soms of dit ’n dag lank neem om 100 m te loop – baie uitputtend.  Ek het ’n werk gekry en gee 3 aande per week klas.  Ek geniet die klasse, maar daar’s ’n paar goed wat dit op die oomblik vir my baie onaangenaam maak.  Ek het regtig my eie woonstel nodig (ek sal graag wil ‘settle’) – tot dusver het ons nog nie iets gevind nie.  Dan wag ek ook vir die vernuwing van my visum.  Ek sal julle gebede waardeer, want op die oomblik voel dit of ek in ’n taai (geestelike) stryd is.  Bid net dat ek sal staan en dat die vreugde van die Here my krag sal wees (dit voel my vreugde uit my gedruk word).  Die land is in ’n oorgangsproses en daar is baie onstabiliteit.  Bid asb vir die regering en ook die land se mense – dat die Koninkryk van God hier sal kom.  Dankie vir julle gebede en ondersteuning.

 

HERFSVREUGDEKOOR

Is op soek na 10 swart dasse vir koordrag.  Indien u ‘n das het om te skenk, kontak Hetta Cloete 021 873 3158

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, tee, toiletpapier, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.  Lynette Nel sê baie baie dankie aan almal wat gehelp ry het na Cape Gate.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

MUSIEKUITVOERING BY STROOIDAKKERK

Cristel de Meulder (sopraan), Fien van Dingenen (fluit) en Ad van Sleuwen (orrel) van België gee op Sondagaand 21 Oktober om 18:00 ‘n uitvoering in die Strooidakkerk.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

ARBEIDSBEDIENING

Arbeidsbediening word in die Wes-Kaap, Suid-Kaap en ‘n deel van die Noord-Wes Kaap onderneem, vanaf die Kaapse metropool tot by Springbok aan die Wes-kus oor Beaufort-Wes tot by Plettenbergbaai aan die Suid-Kus. Reeds sedert die 1880’s bedien aangestelde geestelike werkers en vrywilligers in plaaslike aksies die werkplek met die Evangelie van Christus die Here. Deur middel van verskillende soorte samekomste, toerustingsgeleenthede, persoonlike besoeke, maatskaplike hulpverlening en toepaslike geestelike literatuur, word werkende Christene ondersteun om geloofsgetrou te werk. Arbeidsbediening se aksies bereik jaarliks meer as 400,000 werkende mense binne die handel en nywerheid.

 

GR 4 – 6 BYBELLEESLYS 21 – 27 Okt

Nehemia 8 & 9God se WOORD is ‘n boek vol kosbare skatte!  Gebruik die tyd om as gesin saam deur die Bybel te lees.

In die Nuus