Deur : Skriba  /  October 28th, 2012

FAMILIENUUS

Ons wil vra dat u asb vir ons bydraes vir die laaste uitgawe in 2012 sal stuur.  U kan dit aan die kerkkantoor stuur (of bring) of aan Christa van Rooyen by christa@safj.co.za

 

HERFSVREUGDEKOOR

Is op soek na 10 swart dasse vir koordrag.  Indien u ‘n das het om te skenk, kontak Hetta Cloete 021 873 3158.

 

STRAATVERKOPING

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe somer- nommertjies waarna u hart smag nie?  OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!  Skenk dit vir die Getuieniskommissie se rommelverkoping op Sat 10 Nov 2012.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, tee, toiletpapier, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is 2 hulpfondse gestig – een vir Michelle Munnik en een vir Lynette Nel.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

KERSSANGDIENS  BY WELLINGTON-NOORD MET DIE PHANTOM!

Die persoon wat plaaslik en internasionaal opslae gemaak het as Phantom, in die Lloyd-Webber Musical The Phantom of the Opera, kom betower Wellingtonners op Sondagaand, 4 November 2012 om 19:00 met sy reusagtige stem, en fantastiese persoonlikheid.  Jonathan Roxmouth is die gaskunstenaar by die jaarlikse Kerssangdiens saam met ons plaaslike kunstenaars, André Terblanché en Henriëtte Strydom.  Winand Grundling en Johann Enslin sal die begeleiding waarneem agter die klavier en orrel en Schalk Wasserman op perkussie.  Musiek sluit in baie bekendes soos White Christmas, Silent Night, Maria, Halleluja, The Prayer, It’s beginning to look a lot like Christmas en die gehoor sing natuurlik ‘n klomp ou bekende liedere saam.  Toegang is gratis.

 

KERSFEES TUINLIGGIES

Wellington Tuinbouklub bied aan Kersfeesliggies in die Tuin!  Kom geniet Wellington op sy mooiste! 5 Tuine word feestelik  in ‘n kersfeesstemming getooi en kan besigtig word op Vrydag 30 November en Saterdag 1 Desember vanaf 08:00 tot 20:00. Kaartjies teen R40-00 is beskikbaar by Write Shoppe en Basson Skoene.  Laerskoolkinders gratis, maar onder toesig.  Fondse gaan vir liefdadigheid.  Skakel Susna du Toit 021 864 1665 / 084 664 1665  vir verdere besonderhede.

 

KERSBLYSPEL IN RIEBEEK KASTEEL

“Boodskap van bevryding”  – ‘n Kersblyspel olv Louwena Brand op Saterdag 17 November om 19:30 in die NG Kerk Riebeek Kasteel.  Toegang is gratis……..slegs ‘n sagte kollekte om onkostes te dek.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

WESKAAP TOEWYDING AAN GOD!

Saterdag 10 Nov by The Grand Parade, Sentraal Kaapstad, h/v Kasteel- en Darlingstrate v/a 14:00 – 18:00.  Bring saam:  SA vlaggie en kampstoel.  Dit is ‘n geleentheid waar alle gelowiges die Wes-Kaap aan God toewy en ons totale afhanklikheid van God wys.  By die geleentheid word die land, sy mense, die bronne en hele skepping aan God opgedra.  Indien u belangstel om saam te ry, skakel met ds Attie van Wijk 021 873 3523 / 082 557 9796.

In die Nuus