Deur : Skriba  /  November 4th, 2012

VROUEDIENSAFSLUITING

MOENIE DIé EEN MISLOOP NIE!!!!!!!!!  Op Dinsdag 13 Nov in die Kerksaal om 19:00.  Kom deel ‘n humoristiese aand saam met Johan Cronjé.  Die tema is “Gryskrag”.  Mans en vroue welkom!!

 

FAMILIENUUS

Ons wil vra dat u asb vir ons bydraes vir die laaste uitgawe in 2012 voor 14 Nov aan die kerkkantoor of ds NJ sal stuur.  Die berig moet asb nie langer as 350 woorde wees nie.

 

BEDIENINGE

Ons praat nie meer van kommissies nie, maar van bedieninge en wil graag lidmate wat nie op die kerkraad is nie, motiveer om by die bedieninge betrokke te raak.  U kan skakel met die voorsitters van die onderskeie bedieninge (sien onder).

 

BASAARVLEIS

Daar is nog maalvleis @ R55-00/kg, “Topside” maalvleis @ R60-00/kg en wors @ R60-00/kg te koop by die kerkkantoor.

 

STRAATVERKOPING

Is u kaste so vol ou klere dat daar nie plek is vir die pragtige nuwe somer- nommertjies waarna u hart smag nie?  OF lê daar orals in die huis oortollige goed rond wat net in u pad is?  Ons kan help!!  Skenk dit vir die Getuieniskommissie se rommelverkoping op Sat 10 Nov 2012.  Kontak die kerkkantoor of Lounette van Niekerk  021 864 3172 / 082 774 9039.

 

SOPKOMBUIS

Benodig dringend droë sopmengsel, ertjies en boontjies.  Enige donasie sal ook baie welkom wees.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, hawermout, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, blikkies tuna, bruismeel, maalvleis, tee, gesigseep, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

SELGROEP VIR OUERS MET KINDERS TOT 5 JR

Kom byeen op Woens 14 Nov om 19:00 in die Jeuglokaal.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

PASTORALE SPREEKKAMER

Ds George Conradie, ‘n kliniese pastorale terapeut, het ‘n spreekkamer by die kerk. U kan hom skakel by 021 864 1526 of 083 662 5126.

 

KERSSANGDIENS  BY WELLINGTON-NOORD MET DIE PHANTOM!

Die persoon wat plaaslik en internasionaal opslae gemaak het as Phantom, in die Lloyd-Webber Musical The Phantom of the Opera, kom betower Wellingtonners op Sondagaand, 4 November 2012 om 19:00 met sy reusagtige stem, en fantastiese persoonlikheid.  Jonathan Roxmouth is die gaskunstenaar by die jaarlikse Kerssangdiens saam met ons plaaslike kunstenaars, André Terblanché en Henriëtte Strydom.  Winand Grundling en Johann Enslin sal die begeleiding waarneem agter die klavier en orrel en Schalk Wasserman op perkussie.  Musiek sluit in baie bekendes soos White Christmas, Silent Night, Maria, Halleluja, The Prayer, It’s beginning to look a lot like Christmas en die gehoor sing natuurlik ‘n klomp ou bekende liedere saam.  Toegang is gratis.

 

KERSFEES TUINLIGGIES

Wellington Tuinbouklub bied aan Kersfeesliggies in die Tuin!  Kom geniet Wellington op sy mooiste! 5 Tuine word feestelik  in ‘n kersfeesstemming getooi en kan besigtig word op Vrydag 30 November en Saterdag 1 Desember saans vanaf 20h00 tot 22h00. Kaartjies teen R40-00 is beskikbaar by Write Shoppe en Basson Skoene.  Laerskoolkinders gratis, maar onder toesig.  Fondse gaan vir liefdadigheid.  Skakel Susna du Toit 021 864 1665 / 084 664 1665  vir verdere besonderhede.

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

AFRIKAANS OP `N DRAFSTAP WEDLOOP

Dit is `n aandwedloop wat aangebied word ten bate van Huis Andrew Murray op 12 Des.  So, terwyl u in `n vakansiestemming is, trek u stap- of drafskoene aan, kom asem die vars Bolandse aandlug in en raak sommer by voorbaat ontslae van `n paar kilojoules wat u gedurende die vakansie gaan bykry.  Bring ook al die vriende en familie wat reeds by u kuier saam.  Vir meer inligting, kontak Elsabe Sauerman by (021) 873 3834/5 of elsabe@andrewmurray.org.za

 

HUIS ANDREW MURRAY KLERE

Hulle benodig wel dwarsdeur die jaar tweedehandse klere. Skoolklere is ook baie welkom.  Die kinders is in die volgende skole:  Hugenote Hoër, Hugenote Laer, Wellington Primêr, Blouvlei Primêr, De Grendel Skool, Ligstraal, Paarl Vaardigheidskool en Pauw Gedenk Primêr.  Wanneer u dus na die winter of somer ontslae wil raak van `n paar van u of u kinders se klere, kan u dit gerus na hulle neem.

 

HET LIEVE WELLINGTON FEES

Vind plaas Sat 1 Des op Schalk Burger se plaas, Welbedacht.  Die organiseerders wil graag die hele gemeenskap betrek.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

 

JAN KRIEL LIGGIEBOOMFEES

Vanjaar kom Andriëtte Norman saam met Jan Kriel se kinders in die dennebos sing.  Bring jou vriende en familie, jou eie piekniekmandjie en ‘n kombers of stoele en kom geniet hierdie ongelooflike atmosfeer in die dennebos. (Stoele sal ook beskikbaar wees.)  Die program is tussen 19h00 en 21h00 waarna die liggies op die boom aangeskakel sal word.  Tot en met 19 Oktober 2012 is daar ‘n spesiale prys van slegs R50 vir volwassenes en R30 vir skoolgaande kinders.  Babas, kleuters en peuters kom gratis in.  Wikkel en koop jou kaartjie want daar is slegs ‘n beperkte aantal van 500 kaartjies beskikbaar.

 

DEUROFFER

Gemeentehulpfonds verleen ondersteuning aan hulpbehoewende gemeentes wat vanweë verminderde lidmaattalle, natuurrampe, ontvolking en swak sosio-ekonomiese toestande nie meer hul begrotings kan laat klop nie.  Die fonds is bedoel om die geestelike bediening in stand te hou en nie vir kapitale werke of reparasies aan fisiese fasiliteite nie.

 

VOORSITTERS VAN BEDIENINGE  2012 – 2013:

Gemeentebediening               –  Gerhard Visagie

Getuienisbediening                –                      

Jeugbediening                         –  Naas van der Merwe

Diensteverhoudings                –  Nical Sauerman

Eiendomme                              –  Gerhard Fick

Barmhartigheidsbediening    –  Suzanne Fabricius

Finansies                                   –  Pieter du Toit

Aktuelesakebediening             –  Lampies Lamprecht

 

DAGBESTUUR 2012 – 2013:

Predikante                                 –  Di NJ van As & Jan Grobbelaar

Leierouderling                          –  Pieter du Toit  

Leierdiaken                               –  Hennie Engelbrecht   

Onderleier ouderling                –  Naas van der Merwe

Onderleier diaken                     –  Herbert Sills

 

UITVOERENDE KOMITEE 2012 – 2013

Bestaan uit Dagbestuur plus voorsitters van kommissies.

 

PREDIKANTSWYKE

Predikantswyke bly in 2013 dieselfde as in 2012.

In die Nuus