Deur : Skriba  /  November 11th, 2012

VROUEDIENSAFSLUITING

Gryskrag”  – MOENIE MISLOOP NIE.  Die aand is ‘n moet vir almal …. kom geniet ‘n humoristiese aand saam met prof Johan Cronje oor ‘n aangeleentheid wat ons almal gaan tref.  Vir party net vinniger as ander.  Mans en vrouens welkom.  Hierdie aand gaan jou lewe vir jou eendag BAIE makliker maak.  Dinsdag 13 Nov om 19h00 in die kerksaal.

 

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Sondag 25 November 2012 direk na die oggenddiens.

 

CHILL TIENERKAMP

V/a 29 Nov – 2 Des by Hartenbos.  Hou die spasie dop vir meer inligting.

 

FAMILIENUUS

Ons wil vra dat u asb vir ons bydraes vir die laaste uitgawe in 2012 voor 14 Nov aan die kerkkantoor of ds NJ sal stuur.  Die berig moet asb nie langer as 350 woorde wees nie.

 

BEDIENINGE

Ons praat nie meer van kommissies nie, maar van bedieninge en wil graag lidmate wat nie op die kerkraad is nie, motiveer om by die bedieninge betrokke te raak.  U kan die kerkkantoor skakel vir die onderskeie voorsitters se besonderhede.

 

BASAARVLEIS

Daar is nog maalvleis @ R55-00/kg, “Topside” maalvleis @ R60-00/kg en wors @ R60-00/kg te koop by die kerkkantoor.

 

SOPKOMBUIS

Benodig dringend droë sopmengsel, ertjies en boontjies.  Enige donasie sal ook baie welkom wees.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, langlewe melk, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, bruismeel, maalvleis, tee, gesigseep, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

SKALIEGAS-EKSPLORASIE IN DIE KAROO

Die kerkraad neem kennis van die besorgdheid van individue, organisasies en belangegroepe oor die regering se opheffing van die moratorium op die skaliegas-eksplorasie in die Karoo en moedig ons lidmate aan om :

  • op hoogte te bly van die inligting, navorsing en debat insake die ontginning van gas deur hidrobreking;
  • saam met ander Christene op verantwoordelike wyses te probeer verseker dat daar nie besluite geneem en praktyke gevestig word wat op die korter of langtermyn die omgewing ernstig benadeel nie.

Die kerkraad moedig veral die gemeentes in die Karoo aan om aktief betrokke te wees by enige inligtingsessies of werkswinkels wat die regering of ander instansies mag reël insake die ontginning van skaliegas deur hidrobreking ten einde ook daar hulle getuienis te lewer en die breër kerk met inligting en perspektief te bedien.

 

UIT DIE BEEK 2013

Bybeldagboek en –oordenkings oor Genesis, Josua, Spreuke, Jesaja, Matteus, Romeine, Filippense en Jakobus @ R110-00.  U kan bestel by 086 026 3342 of epos u bestelling na bestel@bmedia.co.za

 

KURSUSSE BY BYBELMEDIA (HUGENOTE BYBELINSTITUUT)

Korrespondensiekursusse in Bybel- en Godsdienskunde, Christelike Nood- en Traumaberading, Jeugbediening en Sending.  Vir meer inligting skakel Ronell Baard 021 864 8283 of besoek www.bybelmedia.co.za – klik op Bedienings, Kursusse en Gemeentedienste.

 

ORIëNTERINGSKURSUS VIR VOORNEMENDE SENDELINGE

Aangebied deur Hugenote Kollege v/a 3 – 12 Jan 2013 op hulle kampus.  Vir inskrywingsvorms of meer inligting kontak Ryk van Velden by 021-8645678 / 0828574368 / tiw@hugenote.com .

 

 MURRAY KERSMARK

Dinsdag, 27 – Vrydag 30 November van 09:00 tot 19:00 en Saterdag, 1 Desember 2012 van 08:30 tot 14:00 in die Kerksaal van NG Moedergemeente te Kerkstraat.

 

EERSTEJAARSKAMP 2013

Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk en Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp in 2013 aan!  Enige een is welkom:  Universiteit Stellenbosch, ISA,  Elsenburg,  Stellenbosch Academy,  Elizabeth Galloway,  Chef School, Boland Collage – ENIGE EEN!  Die kamp vind plaas van 20-23 Januarie 2013.  Registrasie is op 20 Januarie 2013 by Kruiskerk, Stellenbosch. Koste is R550 (etes, verblyf en vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron by 076 385 7720 | kamp@moederkerk.co.za | www.moederkerk.co.za of FACEBOOK: www.facebook.com/kruiskerkeerstejaarskamp

 

SKOENDOOSPROJEK

Die doel van die projek is om vir elke kind in Huis Andrew Murray `n geskenk te gee tydens ons Kerspartytjie op 1 Des.  Indien u geroepe voel om `n skoenboks te vul met items vir `n geskenk, kan u my kontak.  U kan noem vir hoeveel skoenbokse u kans sien en ek sal vir u name en ouderdomme van ons kinders verskaf.  Ons sal graag die skoenbokse @ 16 Nov wil ontvang om alles gereed te kry vir die Kerspartytjie.  U kan gerus ook op ons webwerf gaan loer by die wenslys om vir u `n idee te gee waarmee u die skoenboks kan vul.  Indien u enige vrae het, kontak Elsabe Sauerman (021) 873 3834/5.

 

AFRIKAANS OP `N DRAFSTAP WEDLOOP

Dit is `n aandwedloop wat aangebied word ten bate van Huis Andrew Murray op 12 Des.  So, terwyl u in `n vakansiestemming is, trek u stap- of drafskoene aan, kom asem die vars Bolandse aandlug in en raak sommer by voorbaat ontslae van `n paar kilojoules wat u gedurende die vakansie gaan bykry.  Bring ook al die vriende en familie wat reeds by u kuier saam.  Vir meer inligting, kontak Elsabe Sauerman by (021) 873 3834/5 of elsabe@andrewmurray.org.za

 

HUIS ANDREW MURRAY KLERE

Hulle benodig wel dwarsdeur die jaar tweedehandse klere. Skoolklere is ook baie welkom.  Die kinders is in die volgende skole:  Hugenote Hoër en Laer, Wellington Primêr, Blouvlei Primêr, De Grendel Skool, Ligstraal, Paarl Vaardigheidskool en Pauw Gedenk Primêr.  Wanneer u dus na die winter of somer ontslae wil raak van `n paar van u of u kinders se klere, kan u dit gerus na hulle neem.

 

KERSFEES TUINLIGGIES

Wellington Tuinbouklub bied aan Kersfeesliggies in die Tuin!  5 Tuine word feestelik  in ‘n kersfeesstemming getooi en kan besigtig word op Vrydag 30 Nov en Saterdag 1 Des v/a 08:00 tot 20:00. Kaartjies teen R40-00  beskikbaar by Write Shoppe en Basson Skoene.  Laerskoolkinders gratis, maar onder toesig.  Fondse gaan vir liefdadigheid.  Skakel Susna du Toit 021 864 1665 / 084 664 1665  vir verdere besonderhede.

 

HET LIEVE WELLINGTON FEES

Vind plaas Sat 1 Des op Schalk Burger se plaas, Welbedacht.  Die organiseerders wil graag die hele gemeenskap betrek.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting.

In die Nuus