Deur : Skriba  /  November 18th, 2012

Sertifikaat van lidmaatskap

Marius Burger Kieck & Anél Engelbrecht (nou Kieck) v/a Porterville en hul seun Andreas Charles Kieck v/a Stellenbosch-Welgelegen na wyk 7

 

Sertifikaat van lidmaatskap met kerkraadsgoedkeuring

Marco Guglielmo Passerini & Johanita de Villiers (nou Passerini) met hul kinders Alyssa en Matteo Guglielmo v/a die Rooms Katolieke Kerk Paarl na wyk 01 Noord

 

BIDDAG VIR SUID-AFRIKA EN SY MENSE

Ons nooi alle Christene uit na ‘n verootmoedigings-geleentheid by Wellington Moedergemeente op Woensdag 21 Nov om 13:15 – 13:45.  Ons as Christene wil graag hande vat om saam te bid vir ons land en sy mense.  Almal is welkom en ons vra vir plase en besighede om dit asb vir hulle mense moontlik te maak om die geleentheid by te woon.  Die kerk sal ook oop wees tot 18:00 vir mense wat op hul eie hul wil kom verootmoedig.  Gebedsriglyne sal beskikbaar wees.

 

SPESIALE KERKRAADSVERGADERING

Sondag 25 November 2012 direk na die oggenddiens.

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 3 tot 27 Des 2012 en ds NJ v/a 27 Des 2012 tot 27 Jan 2013.

 

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor v/a 1 Desember 2012 oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.

 

GEMEENTEFEES 2012

Ons het die mooi bedrag van R269 935-00 ge-in.  Baie dankie aan almal wat gehelp en ondersteun het.  Ons versoek u vriendelik om enige u/s bedrae op die basaarlyste so gou as moontlik in te betaal.

 

CHILL TIENERKAMP

V/a 29 Nov – 2 Des by Hartenbos.  Die kostes bedra R350-00 pp en inskrywingsvorms is beskikbaar by die hoërskool en kerkkantoor.  Inskrywings sluit 25 November.

 

BEDIENINGE

Ons praat nie meer van kommissies nie, maar van bedieninge en wil graag lidmate wat nie op die kerkraad is nie, motiveer om by die bedieninge betrokke te raak.  U kan die kerkkantoor skakel vir die onderskeie voorsitters se besonderhede.

 

BASAARMAALVLEIS EN -WORS

Daar is nog maalvleis @ R55-00/kg en wors @ R60-00/kg te koop by die kerkkantoor.

 

SOPKOMBUIS

Benodig baie dringend droë sopmengsel, ertjies en boontjies.  Hulle het nie meer bestandele om vir die weke van 26 Nov en 3 Des sop te maak nie. Die kostes beloop R250-00 per week en enige donasie sal ook baie welkom wees.

 

LIG & KERKBODE

Indien u sou belangstel om vir 2013 in te teken op die Lig tydskrif en/of die Kerkbode, kontak asb die kerkkantoor voor of op 19 November.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, langlewe melk, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, bruismeel, maalvleis, tee, gesigseep, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta, koekies en aanmaak koeldrank. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

DRIES VOLSCHENK PIENK ARONSKELKE (PIENK VARKBLOMME)

Iemand het oor 4 jaar Pienk Aronskelke in potte gekweek. Hulle blom nou pragtig en hy het dit geskenk om fondse te in vir Dries Volschenk in Madagaskar.  Ons gaan ʼn klompie van die plante vandag in die vierkant uitstal, waar u ook bestellings kan plaas. Skakel Danie Theart 084 517 2610 – aflewering kan gereël word.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

DS FANIE MARAIS

Sy afskeidspreek is op 2 Desember 2012.  Ons wens hom alles wat mooi is toe vir die nuwe fase in sy lewe.

 

UIT DIE BEEK 2013

Bybeldagboek en –oordenkings oor Genesis, Josua, Spreuke, Jesaja, Matteus, Romeine, Filippense en Jakobus @ R110-00.  U kan bestel by 086 026 3342 of epos u bestelling na bestel@bmedia.co.za

 

KURSUSSE BY BYBELMEDIA (HUGENOTE BYBELINSTITUUT)

Korrespondensiekursusse in Bybel- en Godsdienskunde, Christelike Nood- en Traumaberading, Jeugbediening en Sending.  Vir meer inligting skakel Ronell Baard 021 864 8283 of besoek www.bybelmedia.co.za – klik op Bedienings, Kursusse en Gemeentedienste.

 

ORIëNTERINGSKURSUS VIR VOORNEMENDE SENDELINGE

Aangebied deur Hugenote Kollege v/a 3 – 12 Jan 2013 op hulle kampus.  Vir inskrywingsvorms of meer inligting kontak Ryk van Velden by 021-8645678 / 0828574368 / tiw@hugenote.com .

 

 MURRAY KERSMARK

Dinsdag 27 – Vrydag 30 Nov van 09:00 tot 19:00 en Saterdag 1 Des van 08:30 tot 14:00 in die kerksaal van NG Moedergemeente te Kerkstraat.

 

EERSTEJAARSKAMP 2013

Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk en Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp in 2013 aan!  Enige een is welkom:  Universiteit Stellenbosch, ISA,  Elsenburg,  Stellenbosch Academy,  Elizabeth Galloway,  Chef School, Boland Collage – ENIGE EEN!  Die kamp vind plaas van 20-23 Januarie 2013.  Registrasie is op 20 Januarie 2013 by Kruiskerk, Stellenbosch. Koste is R550 (etes, verblyf en vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron by 076 385 7720 | kamp@moederkerk.co.za | www.moederkerk.co.za of FACEBOOK: www.facebook.com/kruiskerkeerstejaarskamp

 

AFRIKAANS OP `N DRAFSTAP WEDLOOP

Dit is `n aandwedloop wat aangebied word ten bate van Huis Andrew Murray op 12 Des.  So, terwyl u in `n vakansiestemming is, trek u stap- of drafskoene aan, kom asem die vars Bolandse aandlug in en raak sommer by voorbaat ontslae van `n paar kilojoules wat u gedurende die vakansie gaan bykry.  Bring ook al die vriende en familie wat reeds by u kuier saam.  Vir meer inligting, kontak Elsabe Sauerman by (021) 873 3834/5 of elsabe@andrewmurray.org.za

 

HUIS ANDREW MURRAY KLERE

Hulle benodig wel dwarsdeur die jaar tweedehandse klere. Skoolklere is ook baie welkom.  Die kinders is in die volgende skole:  Hugenote Hoër en Laer, Wellington Primêr, Blouvlei Primêr, De Grendel Skool, Ligstraal, Paarl Vaardigheidskool en Pauw Gedenk Primêr.  Wanneer u dus na die winter of somer ontslae wil raak van `n paar van u of u kinders se klere, kan u dit gerus na hulle neem.

 

KERSFEES TUINLIGGIES

Wellington Tuinbouklub bied aan Kersfeesliggies in die Tuin!  5 Tuine word feestelik  in ‘n kersfeesstemming getooi en kan besigtig word op Vrydag 30 Nov en Saterdag 1 Des v/a 08:00 tot 20:00. Kaartjies teen R40-00  beskikbaar by Write Shoppe en Basson Skoene.  Laerskoolkinders gratis, maar onder toesig.  Fondse gaan vir liefdadigheid.  Skakel Susna du Toit 021 864 1665 / 084 664 1665  vir verdere besonderhede.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Laaste byeenkoms vir 2012 is op 21 Nov om 19:15  by die Marthasaal.  Die spreker is Wynand Theron (die stigter en voorsitter van die Ondersteuningsgroep in Durbanville) en die onderwerp “Innerlike Vrede, die Feesseisoen en ons Gemoedstoestand”.  As jy meer wil weet, kontak Petro  072 709 8000.

 

HET LIEVE WELLINGTON FEES

Vind plaas Sat 1 Des op Schalk Burger se plaas, Welbedacht.  Die organiseerders wil graag die hele gemeenskap betrek.  Skakel die kerkkantoor vir meer inligting. 

In die Nuus