Deur : Skriba  /  November 26th, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 3 tot 27 Des 2012 en ds NJ v/a 27 Des 2012 tot 27 Jan 2013.

 

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor v/a 1 Desember 2012 oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.

 

KERSLIEDERE MET TREINTJIE

Op 24 Des v/a 21:00 – 22:00 gaan ons Kersliedere sing terwyl ons in die treintjie deur die dorp ry.

 

KERKHORLOSIE

Dankie aan Eben Erasmus wat weer die kerkhorlosie in die toring se tyd reggestel het.

 

GEMEENTEFEES 2012.

Ons het die mooi bedrag van R276 743-90 ge-in.  Baie dankie aan almal wat gehelp en ondersteun het.  Ons versoek u vriendelik om enige u/s bedrae op die basaarlyste so gou as moontlik in te betaal.

 

CHILL TIENERKAMP

V/a 29 Nov – 2 Des by Hartenbos.  Die kostes bedra R350-00 pp en inskrywingsvorms is beskikbaar by die hoërskool en kerkkantoor.  Inskrywings sluit vandag.

 

BASAARMAALVLEIS EN -WORS

Onthou om goeie, smaaklike, egte wors vir die Kersseisoen by die kerkkantoor te koop @ R60-00/kg.  Daar is ook maalvleis @ R55-00/kg te koop.

 

SOPKOMBUIS

 Baie dankie aan almal wat bydraes gegee het gedurende die jaar, dit word opreg waardeer.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, langlewe melk, konfyt, olie, hoender, waspoeier, opwasmiddel, bruismeel, maalvleis, tee, gesigseep, skeerroom & -messies, roll-on & tandepasta, koekies en aanmaak koeldrank. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Baie, baie  dankie aan elkeen wat vanjaar op u eie unieke manier Kerskaartjies vir die Gevangenes gemaak het of seëls geskenk het.  Ons waardeer regtig u samewerking en bereidwilligheid om vir iemand wat in ‘n baie onbenydenswaardige posisie is, iets te beteken.   Ons het 540 kaartjies gekry wat uitgedeel kon word aan die volgende plekke:

Hawequa Gevangenis (Wellington)  – 150            Drakenstein Jeug Gevangenis (Suider-Paarl) – 50

Malmesbury Gevangenis (Malmesbury) – 140      Paardeberg Gevangenis (Hugenoot) – 50

Obiqua Gevangenis (Tulbagh) – 50                       Allandale Gevangenis (Paarl) – 50

Drakenstein Maks Gevangenis (Suider-Paarl) – 50

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om saam met ons te kom dink op Dinsdag 4 Des om 19:00 in die Sentrum. Skakel met Danie Theart (084 517 2610) of Ds NJ vir verdere inligting.

 

DRIES VOLSCHENK PIENK ARONSKELKE (PIENK VARKBLOMME)

Iemand het oor 4 jaar Pienk Aronskelke in potte gekweek. Hulle blom nou pragtig en hy het dit geskenk om fondse te in vir Dries Volschenk in Madagaskar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word en aflewering kan gereël word.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

KURSUSSE BY BYBELMEDIA (HUGENOTE BYBELINSTITUUT)

Korrespondensiekursusse in Bybel- en Godsdienskunde, Christelike Nood- en Traumaberading, Jeugbediening en Sending.  Vir meer inligting skakel Ronell Baard 021 864 8283 of besoek www.bybelmedia.co.za – klik op Bedienings, Kursusse en Gemeentedienste.

 

ORIëNTERINGSKURSUS VIR VOORNEMENDE SENDELINGE

Aangebied deur Hugenote Kollege v/a 3 – 12 Jan 2013 op hulle kampus.  Vir inskrywingsvorms of meer inligting kontak Ryk van Velden by 021-8645678 / 0828574368 / tiw@hugenote.com.

 

VOUCHER PROJEK

Moedergemeente is betrokke by die nuwe Voucher Projek wat hulle probeer loots as ‘n gesamentlike Interkerklike projek om die hawelose mense kos te gee en te probeer verhoed dat mense nie net geld vir hulle gee nie, want meestal word die geld gebruik om drank of dwelms te koop.  Hulle wil volgende week slegs ‘n “proeflopie” doen en het vrywilligers nodig om tussen 12:00 en 14:00 by die projek betrokke te wees.  U is welkom om Chris Booysen 083 455 5433 enige tyd te skakel om meer inligting te kry.

 

EERSTEJAARSKAMP 2013

Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk en Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp in 2013 aan!  Enige een is welkom:  Universiteit Stellenbosch, ISA,  Elsenburg,  Stellenbosch Academy,  Elizabeth Galloway,  Chef School, Boland Collage – ENIGE EEN!  Die kamp vind plaas van 20-23 Januarie 2013.  Registrasie is op 20 Januarie 2013 by Kruiskerk, Stellenbosch. Koste is R550 (etes, verblyf en vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron by 076 385 7720 | kamp@moederkerk.co.za | www.moederkerk.co.za of FACEBOOK: www.facebook.com/kruiskerkeerstejaarskamp

 

DS FANIE MARAIS

Sy afskeidspreek is op 2 Desember 2012.  Ons wens hom alles wat mooi is toe vir die nuwe fase in sy lewe.

 

MURRAY KERSMARK

Dinsdag 27 – Vrydag 30 Nov van 09:00 tot 19:00 en Saterdag 1 Des van 08:30 tot 14:00 in die kerksaal van NG Moedergemeente te Kerkstraat.

 

AFRIKAANS OP `N DRAFSTAP WEDLOOP

Dit is `n aandwedloop wat aangebied word ten bate van Huis Andrew Murray op 12 Des.  So, terwyl u in `n vakansiestemming is, trek u stap- of drafskoene aan, kom asem die vars Bolandse aandlug in en raak sommer by voorbaat ontslae van `n paar kilojoules wat u gedurende die vakansie gaan bykry.  Bring ook al die vriende en familie wat reeds by u kuier saam.  Vir meer inligting, kontak Elsabe Sauerman by (021) 873 3834/5 of elsabe@andrewmurray.org.za

 

KERSFEES TUINLIGGIES

Op Vrydagaand 30 Nov en Saterdagaand 1 Des v/a 20:00 tot 22:00 vier Wellington ‘n Kersliggie-fees!  Die Tuinbouklub het 5 pragtuine geïdentifiseer wat ‘n fees- baadjie gaan aantrek.  Om dit te kan sien, koop jou kaartjie by Write Shoppe of Basson Skoene en ondersteun ons liefdadigheidsprojek.  Onthou, laerskoolkinders het gratis toegang, maar met ouerbegeleiding.  Burg-, Bain-, Barlinka-, Malan-, Jacquesstraat en Richterlaan gaan ook feestelik getooi word.  Word deel van ons mooi projek en versier jou voordeur, vensters of voortuin!  Kaartjies sal ook in die aande by Bainstraat 46 te koop wees.  Navrae:   Susna du Toit 084 664 1665.

 

HET LIEVE WELLINGTON FEES

Vind plaas Sat 1 Des op Schalk Burger se plaas, Welbedacht.

 

RITMEJAAR DIENSJAAR

Jongmense het ernstige vrae oor hul toekoms, wat hul met hul lewens behoort te doen en hoe hul behoort te leef in die wêreld waarin ons leef. Die Ritmejaar wil jongmense help om daardie vrae vir hulleself te beantwoord, deur aan jongmense die geleentheid te skep om ’n relevante lewenstyl te kweek wat hul kan vorm vir die toekoms.  Die Ritmejaar is ‘n unieke voltydse jaarlange program vir enige post-matrieks, aangebied deur die Jeugkommissie van die Noordelike Sinode van die NG kerk, met die doel om jongmense te vorm wat in voeling is met alles wat met hulself en rondom hulle gebeur.  Die Ritmejaar fokus op karakterontwikkeling, geestelike vorming en betrokkenheid in die gemeenskap.  Vir meer inligting besoek gerus www.ritmejaar.co.za,  stuur ‘n e-pos aan info@ritmejaar.co.za, of kontak Teodor by 072 433 0034 of Anru by 083 469 6783. 

In die Nuus