Deur : Skriba  /  December 2nd, 2012

PREDIKANTE VERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 3 tot 27 Des 2012 en ds NJ v/a 27 Des 2012 tot 27 Jan 2013.

 

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor v/a 1 Desember 2012 oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.  Die kantoor sluit op 21 Des 2012 en heropen weer op 7 Jan 2013.  V/a 7 – 11 Jan 2013 sluit die kantoor reeds om 13:00 agv  skriba wat nog met verlof is.

 

WEEK VAN GEBED

Vanaf 20 – 23 Januarie 2013 om 19:00.  Ons gaan gebedsgeleenthede skep wat fokus op gebed eerder as op prediking.  Die tema is “Gebed” en die kinders sal ook apart bedien word deur Adell.

 

WEEK VAN VERNUWING

V/a 10 – 13 Maart 2013 word gelei deur Dr Deon Bester van Paarl-Vallei gemeente.

 

KERSLIEDERE MET TREINTJIE

Op 24 Des v/a 21:00 – 22:00 gaan ons Kersliedere sing terwyl ons in die treintjie deur die dorp ry.

 

BASAARWORS

Onthou om goeie, smaaklike, egte wors vir die Kersseisoen by die kerkkantoor te koop @ R60-00/kg.

 

KAROOLS SE HUIS BRAND AF

 Een van Marius Mostert se werkers se huis het afgebrand.  Hy en sy gesin (vrou en 3 dogters) het niks oor nie.  Indien u klere of iets wil skenk, skakel met Marius self 082 498 6688 of gee by die kerkkantoor af.

 

KLANKBEDIENING

Indien u kans sien om opgelei te word om te help met die klankdiens tydens eredienste, skakel asb met Paul Stemmet 071 858 1277 of ds NJ.

 

SOPKOMBUIS

Die span het dringend hulp nodig vir 2013.  Indien daar enige van u is wat bereid is om by hulle aan te sluit, skakel asb vir Baby Botha by 021 873 4612 of 082 501 7209 vir verdere inligting.

 

NOODKAS

Ons benodig:  grondboontjiebotter, langlewe melk, konfyt, waspoeier, Sunlightseep (koekie), bruismeel, tee, koffie, jellie, kitspoeding, aanmaak koeldrank, gesigseep, en skeerroom & -messies. Ons benodig ook leë Handy Andy en Jik bottels wat nog netjies is om skenkings wat ons in groot hoeveelhede ontvang, te verdeel.

 

DRIES VOLSCHENK PIENK ARONSKELKE (PIENK VARKBLOMME)

Iemand het oor 4 jaar Pienk Aronskelke in potte gekweek. Hulle blom nou pragtig en hy het dit geskenk om fondse te in vir Dries Volschenk in Madagaskar.  Bestellings kan by die kerkkantoor geplaas word en aflewering kan gereël word.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

KURSUSSE BY BYBELMEDIA (HUGENOTE BYBELINSTITUUT)

Korrespondensiekursusse in Bybel- en Godsdienskunde, Christelike Nood- en Traumaberading, Jeugbediening en Sending.  Vir meer inligting skakel Ronell Baard 021 864 8283 of besoek www.bybelmedia.co.za – klik op Bedienings, Kursusse en Gemeentedienste.

 

ORIëNTERINGSKURSUS VIR VOORNEMENDE SENDELINGE

Aangebied deur Hugenote Kollege v/a 3 – 12 Jan 2013 op hulle kampus.  Vir inskrywingsvorms of meer inligting kontak Ryk van Velden by 021-8645678 / 0828574368 / tiw@hugenote.com .

 

EERSTEJAARSKAMP 2013

Oudergewoonte bied NG Stellenbosch Moederkerk en Kruiskerk ’n Eerstejaarskamp in 2013 aan!  Enige een is welkom:  Universiteit Stellenbosch, ISA,  Elsenburg,  Stellenbosch Academy,  Elizabeth Galloway,  Chef School, Boland Collage – ENIGE EEN!  Die kamp vind plaas van 20-23 Januarie 2013.  Registrasie is op 20 Januarie 2013 by Kruiskerk, Stellenbosch. Koste is R550 (etes, verblyf en vervoer ingesluit).  Vir meer inligting kan u ons webtuiste besoek of my kontak.  Dawfré Theron by 076 385 7720 | kamp@moederkerk.co.za | www.moederkerk.co.za of FACEBOOK: www.facebook.com/kruiskerkeerstejaarskamp

 

RITMEJAAR DIENSJAAR

Jongmense het ernstige vrae oor hul toekoms, wat hul met hul lewens behoort te doen en hoe hul behoort te leef in die wêreld waarin ons leef. Die Ritmejaar wil jongmense help om daardie vrae vir hulleself te beantwoord, deur aan jongmense die geleentheid te skep om ’n relevante lewenstyl te kweek wat hul kan vorm vir die toekoms.  Die Ritmejaar is ‘n unieke voltydse jaarlange program vir enige post-matrieks, aangebied deur die Jeugkommissie van die Noordelike Sinode van die NG kerk, met die doel om jongmense te vorm wat in voeling is met alles wat met hulself en rondom hulle gebeur.  Die Ritmejaar fokus op karakterontwikkeling, geestelike vorming en betrokkenheid in die gemeenskap.  Vir meer inligting besoek gerus www.ritmejaar.co.za,  stuur ‘n e-pos aan info@ritmejaar.co.za, of kontak Teodor by 072 433 0034 of Anru by 083 469 6783.

In die Nuus