Deur : Skriba  /  January 20th, 2013

GEMEENTEFEES 2012

R300 699-00!!!!!!!!!!!!!!!  Baie, baie dankie vir elkeen se bydrae, betrokkenheid en ondersteuning wat hierdie rekordbedrag moontlik gemaak het.

 

PREDIKANTE VERLOF

Ds NJ is met verlof tot 27 Jan 2013.

 

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.

 

TIENERKAMP (GR 8 – 12)

Wellington se gesamenlike tienerkamp vind plaas op 25 & 26 Jan.  Dit is ‘n oorslaap geleentheid by Hugenote Hoërskool.  Die kostes beloop R50-00 pp.  Die program sluit in ‘n vrugtefees, DVD aand, “Praise & worship” en geestelike gesprekke.  Inskrywings by ds Jan.

 

KATEGESEKAMP GR 4 – 7

V/a 15 – 17 Febr by Kleinmond.  R300-00 per kind.  Hou die spasie dop vir meer inligting.

 

PA & KIND KAMP

V/a 1 – 3 Febr op Patatskloof net buite Wellington.  Koste beloop R215-00 pp wat verblyf, kos en alle aktiwiteite insluit.  Indien u belangstel, kan u vir Herbert Sills direk na die diens in die voorportaal ontmoet.

 

WEEK VAN GEBED

Ons nooi almal uit om die geleentheid by te woon.  Die fokus gaan val op gebed.

 

KERKKALENDERS

Indien u nog nie u kalender vir 2013 ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

WEEKLIKSE GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE OM 09:00 IN DIE KONSISTORIE

Ons weeklikse bidure het reeds weer begin.  Ongelukkig is die opkoms baie swak, 5 – 8 bidders.  Ons nooi almal in die gemeente om te kom saambid.  As daar ooit ‘n tyd was waarin daar gebid moet word, is dit nou.  Kom gebruik die geleentheid om u bydrae ook op die wyse vir God se koninkryk te lewer.  Ons bid vir alle aspekte van die Koninkrykswerk.

 

KERKDEURE

Indien dit nodig sou wees dat u een van die kerk se deure moet/wil oopmaak,  vra ons asb vriendelik dat u dit nie oopforseer as dit gesluit is nie – die slotte buig en beskadig sodanig dat dit vervang moet word.

 

BASAARWORS

Daar is nog goeie, smaaklike, egte wors by die kerkkantoor te koop @ R60-00/kg.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Skakel met Danie Theart 084 517 2610.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons wil almal wat `n bydrae gelewer het tot ons skoenboksprojek bedank dat u weereens `n glimlag op ons kinders se gesigte geplaas het gedurende die Kerstyd in die vorm van `n geskenk.  Dit is wonderlik om te ervaar hoe God se liefde aan ons kinders uitgedra word deur mense in die vorm van skoenbokse vol geskenke.

 

WELLINGTON SE GEBEDSIMFONIE

Die intergemeentelike biduur vir herlewing en sending ontmoet weer op Sondag 20 Jan om 15:30 by Eerste laan 22.  Met al die krisisse in ons omgewing en elders is gebedsdekking baie nodig.  Bring jou eie gebedsake saam.  Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

DEUROFFER – GEMEENTEONTWIKKELING

Die Raad vir Gemeente-Ontwikkeling en Kerklike Samewerking is ‘n gesamentlike werksaamheid van die NGK en VGK wat fokus op kerkplanting as belangrike wyse van evangelisasie in nuwe stadsgebiede maar ook gebiede waar plaaslike geloofsgemeenskappe nie alleen die kapasiteit het om hierdie uitdaging te hanteer nie.  Dit wil die missionêre uitdagings wat ‘n nuwe Suid-Afrika aan ons stel op konkrete wyse hanteer deur nuut te dink oor die kerk, wat die klassieke Evangelie op ‘n vars manier kan laat leef, ook in die mees armoedige konteks.

In die Nuus