Deur : Skriba  /  January 27th, 2013

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.

 

KATEGESEKAMP GR 4 – 7

V/a 15 – 17 Febr by Kleinmond.  R300-00 per kind.  Hou die spasie dop vir meer inligting.

 

PA & KIND KAMP

V/a 1 – 3 Febr op Patatskloof net buite Wellington.  Koste beloop R215-00 pp wat verblyf, kos en alle aktiwiteite insluit.  Inskrywings voor 29 Jan asb.  Indien u belangstel, kan u vir Rudolph Venter direk na die diens in die voorportaal ontmoet.

 

GETUIENISNAWEEK 7 – 10 FEBRUARIE

Die program is soos volg:

Donderdag  19:00:  Uitreik saam met die Jong werkendes – vertrek v/a Die Sentrum

Vrydag          19:00:  Prayerwalk – vertrek v/a Die Sentrum

Saterdag:     09:00:  Ontbyt saam met internasionale studente van US – Kerksaal.

Sondag:       09:00:  Dr Hennie van Deventer

                      19:00:  Dr Johan Botha

                      Tydens beide geleenthede sal u geloofsoffer se beloftevorms ingevorder en bedieninge bekend gestel word.

 

WEEKLIKSE GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE OM 09:00 IN DIE KONSISTORIE

Ons weeklikse bidure het reeds weer begin.  Ongelukkig is die opkoms baie swak, 5 – 8 bidders.  Ons nooi almal in die gemeente om te kom saambid.  As daar ooit ‘n tyd was waarin daar gebid moet word, is dit nou.  Kom gebruik die geleentheid om u bydrae ook op die wyse vir God se koninkryk te lewer.  Ons bid vir alle aspekte van die Koninkrykswerk.

 

GETUIENIS

Ons wil graag weer al die inligting ivm die georganiseerde bedieninge van ons gemeente aan almal beskikbaar stel.   Indien u oor nuwe inligting beskik, kontak asb. vir Carina Theron voor 31 Januarie 021 8642529 / 0842884259 of  carina.t@ibits.co.za

 

KERKKALENDERS

Indien u nog nie u kalender vir 2013 ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

KERKDEURE

Indien dit nodig sou wees dat u een van die kerk se deure moet/wil oopmaak,  vra ons asb vriendelik dat u dit nie oopforseer as dit gesluit is nie – die slotte buig en beskadig sodanig dat dit vervang moet word.

 

KOUGOM

Ons vra u mooi om asb nie kougom onder kerkbanke en aan vensterbanke en –rame vas te druk nie.  Dit verwyder baie moeilik en beskadig die kerk se eiendom en die lidamte se klere.

 

BASAARWORS

Daar is nog goeie, smaaklike, egte wors by die kerkkantoor te koop @ R60-00/kg.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

WAARDEVOLLE OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE

Die Hugenote-Bybelinstituut, ‘n afdeling van Bybel-Media, bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:  (1) Bybel- en Godsdienskunde, (2) Christelike Nood-en-Traumaberading (saamgestel deur die bekende Maretha Maartens), (3) Jeugbediening en (4) Sending.  Lidmate word aangemoedig om van hierdie unieke en waardevolle geleentheid gebruik te maak. Vra ’n gratis prospektus aan by: HBI, Privaatsak X5, Wellington 7654, tel 021 864 8283, faks 021 086 532 1261, e-pos hbi@bmedia.co.za. Webwerf www.bmedia.co.za.

 

DEUROFFER – ALTA DU TOIT

Alta du Toit skool In Kuilsrivier is vir mense wat intellektueel erg gestremd is.  Alle kulture word die beste geleentheid gegee om volgens sy/haar unieke vermoë en teen sy/haar eie tempo te ontwikkel.  Die leerders is hier omdat hulle nie kon byhou in die hoofstroomonderwys met akademiese vakke nie.  Daarom is die fokuspunt hier verskuif.  Hulle doen wel funksionele lees en wiskunde en leer skryf – die wat kan.  (Funksioneel  in dié sin dat ons vir hulle dit leer wat hulle in die alledaagse lewe nodig het om oor die weg te kom : tyd lees, geld hanteer, tekens ken, bv damestoilet, uitgang, ens).  Vaardighede soos selfversorging, sosiaal aanvaarbare gedrag, kommunikasie en produktiewe vaardighede (mandjievlegwerk, borduur, koekies bak, tuinwerk) word egter baie beklemtoon.  Daar is 3 koshuise vir leerders wat van ver kom en daar is bussies wat dagskoliere vervoer.  Die nasorgsentrum maak voorsiening vir volwassenes.  Hulle vaardighede word optimaal ontwikkel met die hulp van ‘n maatskaplike werker en arbeidsterapeute.

In die Nuus