Deur : Skriba  /  February 4th, 2013

Ds Jan neem hierdie naweek sy afnaweek.

 

KERKKANTOOR URE

Let asb daarop dat die kerkkantoor oop is v/a 08:00 tot 14:00 en Woensdagaande v/a 18:00 tot 19:00.

 

VREUGDEDIENS

Vergader Woensdag 6 Febr om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

 

COKE-COLA KATEGESEKAMP GR 4 – 7

Lekker by die see!!!!!!!!!!!!!!  V/a 15 – 17 Febr by Kleinmond.  Die kostes is R300-00 per kind en inskrywingsvorms is beskikbaar by die kerkkantoor, Hugenote Laer en Hugo Rust.  Vir verdere navrae kontak Adell Erasmus 082 925 7190.

 

KINDERKERK

Ons benodig leë groot koffieblikke.  U kan dit by die kerkkantoor aflewer of saam met u kind na die Kinderkerk stuur.

 

WEEKLIKSE GEMEENTEBIDUUR WOENSDAE OM 09:00 IN DIE KONSISTORIE

Ons weeklikse bidure het reeds weer begin.  Ongelukkig is die opkoms baie swak, 5 – 8 bidders.  Ons nooi almal in die gemeente om te kom saambid.  As daar ooit ‘n tyd was waarin daar gebid moet word, is dit nou.  Kom gebruik die geleentheid om u bydrae ook op die wyse vir God se koninkryk te lewer.  Ons bid vir alle aspekte van die Koninkrykswerk.

 

GETUIENIS

Ons wil graag weer al die inligting ivm die georganiseerde bedieninge van ons gemeente aan almal beskikbaar stel.   Indien u oor nuwe inligting beskik, kontak asb. vir Carina Theron voor 31 Januarie 021 8642529 / 0842884259 of  carina.t@ibits.co.za

 

KERKKALENDERS

Indien u nog nie u kalender vir 2013 ontvang het nie, kontak asb u ouderling.

 

KERKDEURE

Indien dit nodig sou wees dat u een van die kerk se deure moet/wil oopmaak,  vra ons asb vriendelik dat u dit nie oopforseer as dit gesluit is nie – die slotte buig en beskadig sodanig dat dit vervang moet word.

 

KOUGOM

Ons vra u mooi om asb nie kougom onder kerkbanke en aan vensterbanke en –rame vas te druk nie.  Dit verwyder baie moeilik en beskadig die kerk se eiendom en die lidmate se klere.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

MEDIESE HULPFONDSE

Daar is ‘n hulpfonds gestig vir Michelle Munnik.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel asb die kerkkantoor.

 

WAARDEVOLLE OPLEIDING VIR GELOWIGES PER KORRESPONDENSIE

Die Hugenote-Bybelinstituut, ‘n afdeling van Bybel-Media, bied in samewerking met die Sentrum vir Kontekstuele Bediening by die Fakulteit Teologie, Universiteit Pretoria per korrespondensie die volgende geakkrediteerde tweejaarkursusse aan:  (1) Bybel- en Godsdienskunde, (2) Christelike Nood-en-Traumaberading (saamgestel deur die bekende Maretha Maartens), (3) Jeugbediening en (4) Sending.  Lidmate word aangemoedig om van hierdie unieke en waardevolle geleentheid gebruik te maak. Vra ’n gratis prospektus aan by: HBI, Privaatsak X5, Wellington 7654, tel 021 864 8283, faks 021 086 532 1261, e-pos hbi@bmedia.co.za. Webwerf www.bmedia.co.za.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Die jaar 2013 is weer volstoom aan die gang.  Ons kinders is terug na die vakansie en ons is besig om dinge te beplan om ook in 2013 in ons kinders se nood te kan voorsien om VOLUIT TE LEEF.  Hieronder is`n lys van behoeftes van Huis Mopanie wat deur die gemeente van Wellington-Oos ondersteun word. Verder benodig ons ook vrugte vir ons vrugtefees op 15 Februarie, entoesiastiese gasvrouens vir ons Vrouetee in Julie, verf vir geboue, slaapsakke, iemand wat swemlesse vir die kleinspan kan gee en iemand wat naaldwerk kan doen (naamlappies aanwerk/aftorring).  Miskien staan enige van die items wat benodig word in onbruik in u huis of miskien het u al moeilikheid by u man / vrou gekry oor die goed wat u opgaar???  Bly uit die moeilikheid en stuur dit vir Huis Andrew Murray.  Indien u wil hê ons moet dit kom haal, kan u ons  kontak.  Baie dankie dat ons weer eens op u kan staatmaak om te voorsien in Huis Andrew Murray se behoeftes.  Elsabe Sauerman 021 873 3834.

Huis Mopanie: “Nuwe” sitkamerstel -stewig/sterk
Waaiers
Lessenaar vir studeer
Klerekas
Belde / lyfgordels vir seuns: 65cm/70cm (swart)
Rekenaar – vir skooltake

 

DEUROFFER – GEMEENTEBEDIENING

Die kommissie se opdrag is die normale opbou en toerusting van die gemeente in sy verkillende ampte en bedieninge, opbou van die gemeente tot ‘n feesvierende gemeente sowel as die opbou van die huweliks- en gesinslewe en aandag aan kerkvervreemdes.

In die Nuus