Deur : Skriba  /  February 17th, 2013

BELYDENISKAMP

V/a 22 – 24 Februarie te Langebaan.  Ons vertrek Vrydag 16:00 v/a Die Sentrum en arriveer Sondag 13:00.

 

GRAAD 7’S

Al die graad 7’s word spesiaal uitgenooi na die “fliek primier” Woensdag net vir julle!  Kom gesels, dink en fliek saam.  Uitnodigings by Suzaan J v Vuuren en Lozaan v Schalkwyk beskikbaar.  Sien daarna uit om JOU te leer ken.  Groete oom Tobie, tannie Dot & tannie Adell.

 

WêRELDBIDDAG VIR VROUE:  Word hierdie jaar op Donderdag 28 Febr om 19:00 by Wellington-Oos aangebied. Die spreker is Amanda Swanepoel, predikantsvrou van Melkbosstrand, en die tema is “Ek was ‘n vreemdeling en jy het my verwelkom.”

 

WêRELDBIDDAG VIR MANS

Die manne se ontbyt is op 2 Maart om 07:00 by die Spur.  Dit is ‘n geleentheid waar ons saam luister en saam met manne vir die wêreld bid en lekker saam eet.

 

NUWE INTREKKERS EN BESOEKERS

Ons wil u graag ontmoet.  Kom asb  net na die eredoens na die ruimte voor die preekstoel.

 

WEEK VAN VERNUWING 10 – 13 MRT

Ons gemeente word 40 op 13 Mrt.  Dr Deon Bester van Paarlvallei bied die reeks aan met die tema “Dapper”.  Hy preek Sondagoggend 3 Mrt en dan weer in die aande v/a 10 -13 Mrt.  Ons gemeente ete om die 40 jaar te vier, is op 10 Mrt om 12:30.

 

FAMILIENUUS

Artikels vir die Familienuus word ingewag.  Ons wil artikels en foto’s plaas oor die geskiedenis en gebeure in die gemeente.

 

GEMEENTEKAMP

Word die naweek van 26 – 28 April 2013 gehou.

 

WARE MAN – “AUTHENTIC MANHOOD II”

Elke Woensdag v/a 19:00 – 20:00 in die kerk.  Bring jou eie “travel mug” met iets te drinke daarin.  Ons kyk na ‘n DVD met praktiese wenke vir die man oor sy verhoudings en sy christelike veranwoordelikhede by die werk. Die kursus is gratis en navrae kan gerig word aan Herbert Sills 082 374 3146.

 

DIEETKUNDIGE PRAATJIE

Op Don 7 Mrt om 19:00 by Die Sentrum kom praat Marian Acker, ’n dieetkundige, oor hoe gesonde eetgewoontes en lewenstyl die brein gesond kan hou (om stres beter te kan hanteer).

 

MAKHATHINI

Die Makhathini-Vennootskapsvergadering vind vanjaar plaas op Sat  16 Maart te Riversdal. Daar is nog plek vir twee persone. Belangstellendes kan met ds Jan of Wynand Lambrechts 083 454 5650 skakel. Indien iemand kan help met slaapplek op Riversdal, Stilbaai of Jongensfontein vir Vrydagaand 15 Maart, laat weet asb vir ds Jan of Wynand.

 

NISMUUR

Die plekke in ons nismuur is nog tot einde Februarie te koop @ R1 610-00.  V/a 1 Maart 2013 verhoog die prys na R1 770-00.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

AGTERSTE 2 RYE BANKE VIR OUERS MET KINDERS

Dié sitplekke word gereserveer vir ouers met klein kinders.  Kinders kan nie so lank stil sit nie, daarom wil ons graag vir hulle help.

 

EPOS ADRESSE

Vir effektiewe kommunikasie benodig ons u (huidige) epos adres.  Stel asb die kerkkantoor in kennis van veranderinge.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

BASAAR – MARKTAFEL

Groep 6 woeker vir die basaar en gaan poeding verkoop in Die Sentrum op Sondag 24 Febr na die oggenddiens.  Kaartjies vooraf te koop by die kerkkantoor.

 

SONDAG SONDER SKOENE

Op Sondag 3 Mrt kan u sonder skoene kerk toe kom om te voel hoe dit is om sonder skoene te wees.  U kan ook skoene wat u wil skenk, saambring kerk toe.

 

WELLINGTON SE GEBEDSIMFONIE

Die intergemeentelike biduur vir herlewing en sendelinge ontmoet weer vandag om 15:30 by Eerste laan 22.  Vir meer inligting, bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES HOU BASAAR

Op 1 Mrt van 08:00 – 12:00 in Wellington Moedergemeente se saal.  Kom ondersteun ons asb – daar is heerlike tuisgebakte produkte, boereworsrolle, basaarpoeding, pannekoek, vars groente  en vrugte ens.  Indien daar persone is wat graag ‘n bydrae wil maak (bestanddele, gebak, poedings, ingemaakte produkte, groente of kontant) sal ons dit opreg waardeer.  Kontak asb vir Janet by die Dienssentrum 021-8734682 / 0828501197 of  Helen Palm 021-8734181.

 

DEPRESSIE EN ANGSONDERSTEUNINGSGROEP

Vergader 20 Febr om 19:15 by die Marthasaal.  Die spreker is  Karien Schoeman : opvoedkundige en spelterapeut en die onderwerp is “Depressie en Angsteurings by kinders”.  Karien was eers ‘n onderwyseres maar bied nou klasse aan vir mammas en babas en kleuters terwyl sy ook probleemgedrag kan identifiseer en behandel.  Ons gaan beslis baat by haar praatjie, nie net mammas en pappas nie maar ook oumas en oupas.  Na die praatjie sal daar geleentheid wees vir vrae.  Ons groep is nie net vir depressievegters nie, maar elkeen in die gemeenskap kan iets hier kom leer. Kom geniet ‘n glasie vrugtesap en ‘n heerlike takkie druiwe.  Kontakpersoon is Petro 072 709 8000.

 

GELOOFSOFFERBELOFTES

Ons dank die Here vir almal wat deelgeneem het aan die geloofsoffers van 2012.  Die volgende is ‘n opsomming van die bydraes vir 10 van die 12 maande. Die laaste uitbetalings van die fondse sal voor die einde Februarie gemaak word.  Sommige lidmate het klaarblyklik meer gegee as wat belowe is of geloofsofferkoeverte gebruik vir donasies sonder dat hulle ‘n beloftevorm ingevul het.

Projek % van die beloftes ontvang
Algemeen 22%
Amos 140%
Arbeidsbediening 99%
Madagaskar 223%
Makhathini 206%
Mbekweni 201%
Mosambiek 68%
Noord-Afrika 144%
TIW 105%
10/40 Venster 108%
  R80 327.83

Neem as volg deel aan die geloofsoffer vir hierdie jaar (Maart 2013-Feb. 2014): 

  • Kry die inligtingsblad oor geloofsoffers in die portaal indien u nie een het nie.
  • Kies die projek(te) wat u wil ondersteun  en vul die bedrag op die beloftevorm in waarvoor u die Here wil vertrou in die loop van 2013.
  • Gooi u voltooide beloftevorms in kollektebordjie volgende Sondag.
  • Kry geloofsofferkoeverte in die voorportaal en plaas u bydraes daarin.  Onthou om aan te dui vir watter projek die fondse moet gaan.
  • U kan ter enige tyd u bydraes in die geloofsofferkoeverte tydens eredienste in die kollektebordjies gooi.    

In die Nuus