Deur : Skriba  /  February 27th, 2013

WêRELDBIDDAG VIR VROUE

Word hierdie jaar op Donderdag 28 Febr om 19:00 by Wellington-Oos aangebied. Die spreker is Amanda Swanepoel, predikantsvrou van Melkbosstrand, en die tema is “Ek was ‘n vreemdeling en jy het my verwelkom.”

 

MANNE ONTBYT SPUR SAT 2 MRT 07:00

As deel van Wêreldbiddag vir Mans.  Die spreker is Andre Visser van Fabrinox.  Koste is R40-00 vir koffie en ontbyt en kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor.

 

KIX

Groot opwinding!  Woens 27 Febr hou ons WATERKASKENADES vir kinders!  Alle Graad R tot graad 3 maats is welkom.  Kom met swemklere om 16:00 kerkterrein toe met ‘n R10 donasie en ‘n handdoek in die hand.  Ma of pa kan jou weer 17:15 kom oplaai!  Navrae: Adell 082 925 7190

 

KINDERBEDIENING

Benodig leë vuurhoutjieboksies. Versamel en laai af by die kerkkantoor asb.

 

GRAAD 4 – 7 KATEGESE KAMP WAS BAIE GESEËEND

Baie dankie aan elke kategeet en al die helpers, beskuitbakkers, vrugteskenkers!  ‘n Spesiale dankie aan Gerhard & Alice wat die kombuis beman het en Eben vir die vervoer en reëlings rondom die heerlike hoenderbraai!  Die kamp was ‘n belewenis vir ons kinders.

 

FINANSIëLE JAAR AFSLUITING

Enige u/s strokies vir aankope moet asb op die laatste @ 27 Febr by die kerkkantoor ingehandig word.   Geen verdere aankope na 27 Febr nie asb!

 

NUWE INTREKKERS EN BESOEKERS

Ons wil u graag ontmoet.  Kom asb  net na die erediens na die ruimte voor die preekstoel.

 

WEEK VAN VERNUWING 10 – 13 MRT

Ons gemeente word 40 op 13 Mrt.  Dr Deon Bester van Paarlvallei bied die reeks aan met die tema “Dapper”.  Hy preek Sondagoggend 3 Mrt en dan weer in die aande v/a 10 -13 Mrt.  Ons gemeente ete om die 40 jaar te vier, is op 10 Mrt om 12:30.

 

BYBELSTAP

As deel van ons 40 jaar vieringe stap ons Sat 9 Maart as gemeente om die Perdeskoen.  Met jou R20-00 dra jy by vir Bybelverspreiding en kry jy ook dan ‘n medalje.  Ons vertrek om 07:00 vanaf Gen Hertzog Blvrd, regoor Hugenote Laerskool.

 

FAMILIENUUS

Om ons 40 jaar te vier benodig ons baie foto’s en brokkies nuus oor die geskiedenis van die gemeente, gebou en gebeure.  Ons sal ook kort getuienisse waardeer; asook u belewenis van die gemeente.  Stuur asb aan die kerkkantoor voor einde Maart.

 

GEMEENTEKAMP

Word die naweek van 26 – 28 April 2013 gehou.

 

WARE MAN – “AUTHENTIC MANHOOD II”

Elke Woensdag v/a 19:00 – 20:00 in die kerk.  Bring jou eie “travel mug” met iets te drinke daarin.  Ons kyk na ‘n DVD met praktiese wenke vir die man oor sy verhoudings en sy christelike veranwoordelikhede by die werk. Die kursus is gratis en navrae kan gerig word aan Herbert Sills 082 374 3146.

 

DIEETKUNDIGE PRAATJIE

Op Don 7 Mrt om 19:00 by Die Sentrum kom praat Marian Acker, ’n dieetkundige, oor hoe gesonde eetgewoontes en lewenstyl die brein gesond kan hou (om stres beter te kan hanteer).

 

MAKHATHINI

Die Makhathini-Vennootskapsvergadering vind vanjaar plaas op Sat  16 Maart te Riversdal. Daar is nog plek vir twee persone. Belangstellendes kan met ds Jan of Wynand Lambrechts 083 454 5650 skakel. Indien iemand kan help met slaapplek op Riversdal, Stilbaai of Jongensfontein vir Vrydagaand 15 Maart, laat weet asb vir ds Jan of Wynand.

 

NISMUUR

Die plekke in ons nismuur is nog tot einde Februarie te koop @ R1 610-00.  V/a 1 Maart 2013 verhoog die prys na R1 770-00.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

AGTERSTE 2 RYE BANKE VIR OUERS MET KINDERS

Dié sitplekke word gereserveer vir ouers met klein kinders.  Kinders kan nie so lank stil sit nie, daarom wil ons graag vir hulle help.

 

EPOS ADRESSE

Vir effektiewe kommunikasie benodig ons u (huidige) epos adres.  Stel asb die kerkkantoor in kennis van veranderinge.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

GELOOFSBELOFTEOFFERS

Neem as volg deel aan die geloofsoffer vir hierdie jaar (Maart 2013-Feb. 2014): 

  • Kry die inligtingsblad oor geloofsoffers in die portaal indien u nie een het nie.
  • Kies die projek(te) wat u wil ondersteun  en vul die bedrag op die beloftevorm in waarvoor u die Here wil vertrou in die loop van 2013.
  • Gooi u voltooide beloftevorms in kollektebordjie volgende Sondag.
  • Kry geloofsofferkoeverte in die voorportaal en plaas u bydraes daarin.  Onthou om aan te dui vir watter projek die fondse moet gaan.
  • U kan ter enige tyd u bydraes in die geloofsofferkoeverte tydens eredienste in die kollektebordjies gooi.

 

SONDAG SONDER SKOENE

Op Sondag 3 Mrt kan u sonder skoene kerk toe kom om te voel hoe dit is om sonder skoene te wees.  U kan ook skoene wat u wil skenk, saambring kerk toe.

 

SILWERKRUIN

Daar is tans kamers in die afdeling vir semi-sorgafhanklike ouer persone beskikbaar.  Belangstellende persone kan Yvonne Booysen by 021 873 1040 skakel.

 

MOSLEMBEDIENING

Indien jy die Gebedsversoeke van Wessel en die Moslembediening wil kry, stuur asb ‘n epos vir Lona Liebenberg na liebies4@absamail.co.za

 

ACVV DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES HOU BASAAR

Op 1 Mrt van 08:00 – 12:00 in Wellington Moedergemeente se saal.  Kom ondersteun ons asb – daar is heerlike tuisgebakte produkte, boereworsrolle, basaarpoeding, pannekoek, vars groente  en vrugte ens.  Indien daar persone is wat graag ‘n bydrae wil maak (bestanddele, gebak, poedings, ingemaakte produkte, groente of kontant) sal ons dit opreg waardeer.  Kontak asb vir Janet by die Dienssentrum 021-8734682 / 0828501197 of  Helen Palm 021-8734181.

 

DEUROFFER – RAMOT

Ramot is ‘n behandelingsentrum vir alkohol- en ander  dwelmverslawing en bestaan reeds vir 43 jaar.  Gedurende hierdie tyd het meer as 160 000 mense direk of indirek hulp ontvang met verslawing aan dwelms; met alkohol steeds die grootste probleem.  Verslawing beteken om oorgegee te wees aan ‘n mag buite jouself met rampspoedige gevolge.  Verslaafdes is om verstaanbare redes nie welkom in die samelewing nie.  Niemand wil hulle hê nie en die wêreld verwerp hulle grootliks.  Maar mag ons as Christene dieselfde doen? Help ons asseblief om Christus se hande en voete te wees vir die verslaafde.  Elke pasiënet ontvang intensiewe persoonlike aandag.  Die kerk kan trots wees op Ramot.  Bid asseblief vir genade en wysheid om meer mense te help teen bekostigbare pryse.

 

Verkose kerkraadslede 2012 – 2013

Dienswerkers

Wyk 29            –           Elria Visser

Uitsig-Suid       –           Suzanne Gilliland

 

Ds George Conradie is beroep as tentmaker.  Dit beteken dat hy aan ons gemeente gekoppel is om sy predikantstatus en -bevoegdheid te behou, maar hy is selfvoorsienend wat sy inkomste betref.

In die Nuus