Deur : Skriba  /  March 3rd, 2013

WELLINGTON-OOS WORD 40 OP 13 MAART 2013

Ons vier dit op Sondag 10 Maart met ‘n gemeente-ete by die kerk om 12:00.  Kaartjies is nog te koop by u diaken/dienswerker of die kerkkantoor.

 

BYBELSTAP

As deel van ons 40 jaar vieringe stap ons Sat 9 Maart as gemeente om die Perdeskoen.  Met jou R20-00 dra jy by vir Bybelverspreiding en kry jy ook dan ‘n medalje.  Ons vertrek om 07:00 vanaf Gen Hertzog Blvrd, regoor Hugenote Laerskool.

 

WEEK VAN VERNUWING 10 – 13 MRT OM 19:00

Dr Deon Bester van Paarlvallei bied die reeks aan met die tema “Dapper”.

 

KINDERBEDIENING

Benodig leë groot koffieblikke en vuurhoutjieboksies. Versamel en laai af by die kerkkantoor asb.

 

NUWE INTREKKERS EN BESOEKERS

Ons wil u graag ontmoet.  Kom asb  net na die erediens na die ruimte voor die preekstoel.

 

FAMILIENUUS

Om ons 40 jaar te vier benodig ons baie foto’s en brokkies nuus oor die geskiedenis van die gemeente, gebou en gebeure.  Ons sal ook kort getuienisse waardeer; asook u belewenis van die gemeente.  Stuur asb aan die kerkkantoor voor einde Maart.

 

GEMEENTEKAMP

Word die naweek van 26 – 28 April 2013 gehou.

 

WARE MAN – “AUTHENTIC MANHOOD II”

Elke Woensdag v/a 19:00 – 20:00 in die kerk.  Ons kyk na ‘n DVD met praktiese wenke vir die man oor sy verhoudings en sy christelike veranwoordelikhede by die werk. Die kursus is gratis en navrae kan gerig word aan Herbert Sills 082 374 3146.

 

DIEETKUNDIGE PRAATJIE

Op Don 7 Mrt om 19:00 by Die Sentrum kom praat Marian Acker, ’n dieetkundige, oor hoe gesonde eetgewoontes en lewenstyl die brein gesond kan hou (om stres beter te kan hanteer).

 

SELGROEP VIR OUERS MET KINDERS TOT 5 JAAR

Kom op 6 Maart om 19:00 in die Jeuglokaal bymekaar.  Vir meer inligting skakel Gerhard Botma 021 873 3767 / 083 458 3634.

 

MAKHATHINI

Die Makhathini-Vennootskapsvergadering vind vanjaar plaas op Sat  16 Maart te Riversdal. Daar is nog plek vir twee persone. Belangstellendes kan met ds Jan of Wynand Lambrechts 083 454 5650 skakel. Indien iemand kan help met slaapplek op Riversdal, Stilbaai of Jongensfontein vir Vrydagaand 15 Maart, laat weet asb vir ds Jan of Wynand.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

EPOS ADRESSE

Vir effektiewe kommunikasie benodig ons u (huidige) epos adres.  Stel asb die kerkkantoor in kennis van veranderinge.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middel- burg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

PRIVAAT VERPLEGING

Mariana Geldenhuys bied haar dienste as privaatverpleegster aan.  Kontak haar by 071 909 0977.

 

PAASSANGDIENS

Vind plaas by Moedergemeente op 17 Maart om 19:00.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons is baie hartseer om aan die einde van April 2013 vir Me Maderi Etsebeth tot siens te sê na 30 jaar getroue diens aan Huis Andrew Murray.  Ons verwelkom egter vir me Christa van der Spuy wat vanaf 1 April haar skoene gaan volstaan as Hoof: Kinderversorger.

 

MOSLEMBEDIENING

Indien jy die Gebedsversoeke van Wessel en die Moslembediening wil kry, stuur asb ‘n epos vir Lona Liebenberg na liebies4@absamail.co.za

 

Verkose kerkraadslede 2012 – 2013

Dienswerkers

Wyk 29            –           Elria Visser

Uitsig-Suid     –           Suzanne Gilliland

 

Ds George Conradie is beroep as tentmaker.  Dit beteken dat hy aan ons gemeente gekoppel is om sy predikantstatus en –bevoegdheid te behou, maar hy is selfvoorsienend wat sy inkomste betref.

In die Nuus