Deur : Skriba  /  March 10th, 2013

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggende se eredienstye verander vanaf 7 April 2013 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

SKRIBA VERLOF

Die skriba is met verlof v/a 18 Maart tot 2 April 2013.

 

FOTO VAN KERKRAAD

Daar word vanoggend na die afsluiting in die konsistorie ‘n foto van die kerkraad voor Die Sentrum geneem vir ons gemeente se 40ste verjaarsdagviering.

 

WEEK VAN VERNUWING 10 – 13 MRT OM 19:00

Dr Deon Bester van Paarlvallei bied die reeks aan met die tema “Dapper”.  Bring gerus die kinders saam.

 

KAALVOETSONDAG

Die kerkraad skep weer ‘n geleentheid op 17 Mrt om kaalvoet kerk toe te kom.  Dit laat ons iets ervaar van om nie skoene te hê nie.  U het dan ook die geleentheid om skoene te skenk vir mense wat nie het nie.

 

MOTORFIETS “BREAKFAST RUN” OP 13 APRIL TOT BY RIEBEEK KASTEEL

Alle tweewiele is welkom.  Die skakelpersoon is Bennie Smith 083 651 3305 / info@kfcf.co.za

 

KINDERBEDIENING

Benodig leë groot koffieblikke en vuurhoutjieboksies. Versamel en laai af by die kerkkantoor asb.

 

NUWE INTREKKERS EN BESOEKERS

Ons wil u graag ontmoet.  Kom asb  net na die erediens na die ruimte voor die preekstoel.

 

FAMILIENUUS

Om ons 40 jaar te vier benodig ons baie foto’s en brokkies nuus oor die geskiedenis van die gemeente, gebou en gebeure.  Ons sal ook kort getuienisse waardeer; asook u belewenis van die gemeente.  Stuur asb aan die kerkkantoor voor einde Maart.

 

GEMEENTESTAP 26 – 28 APRIL

Almal wat belangstel om te gaan stap ontmoet Gerhard Visagie na die diens voor die preekstoel.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR WOEKERPROJEK GROEP 8

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665.  Hulle benodig ook glasbottels om maketaan in te lê.  Kontak Susan Ochse 083 231 5433.

 

SELGROEP VIR OUERS MET KINDERS TOT 5 JAAR

Kom op 20 Maart weer bymekaar.  Vir meer inligting skakel Gerhard Botma 021 873 3767 / 083 458 3634.

 

SAMEWERKING MIDDELBURG

Ons beplan reeds aan projekte waarin ons in 2013 met Middelburg kan saamwerk, dis Pa-en-Seun jagte, jagspanne, snoekbraai en die Wildsfees self. Elkeen wat op een of ander wyse betrokke wil raak is welkom om Danie Theart 084 517 2610 te skakel.

 

PRIVAAT VERPLEGING

Mariana Geldenhuys bied haar dienste as privaatverpleegster aan.  Kontak haar by 071 909 0977.

 

MIRIAM

Miriam is in Noord-Afrika in aanhouding en haar regskoste beloop R180 000-00.  Op hierdie stadium is  daar nie die nodige fondse beskikbaar om haar te help nie.  As die Here dit op jou hart lê om enige bydrae tot hierdie saak te maak, vra ons jou om dit in die volgende rekening in te betaal:  Miriam – Absa spaar – rekno 9281512297 – tak 632005.  Hou asseblief aan bid vir haar, sy kry swaar aangesien sy reeds ‘n maand in aanhouding is.

 

PAASSANGDIENS

Vind plaas by Moedergemeente op 17 Maart om 19:00.

 

DIE 14 STASIES VAN DIE KRUIS

Beleef ’n wonderlike aand-nagmaal, met die musiekreis van Jesus se laaste oomblikke op aarde.  Vanaand by Wellington-Noord om 19:00.  Toegang – kollekte.

 

MA’S VIR WELLINGTON – ‘ADOPT A CHILD’ PROJEK

Ons is baie opgewonde om hierdie projek aan julle te kom bekend stel op Sondag 17 Mrt.  Bring asb ‘n pen saam en ons vra ook jou voorbidding vir hierdie projek.  Ons sal dan presies vir julle kom vertel hoe hierdie projek werk en hoe jy betrokke kan raak.

 

WOESTERFEES

Die Woesterfees ten bate van die  Pioneerskool vir Blindes, Worcester vind plaas op 19 & 20 April 2013 by Kleinplasieskougronde, Worcester.  Ons toegangsfooi is slegs R50 per volwassene en R10 per skoolgaande kind (dit sluit alles in by die fees/vermaak/konserte).  Kontak Johan Horn hecticb2@polka.co.za  of  083 635 6632.

 

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM

Baie dankie aan die gemeenskap van Wellington vir die ondersteuning met ons pas afgelope basaar.  Baie dankie vir elke bydrae hoe groot of hoe klein wat ons ontvang het.  Dit word opreg waardeer.  Onthou as u kaste skoonmaak na elke seisoen,  ons ontvang graag 2de handse klere of enige bruikbare artikels wat ons of kan uitdeel aan mense wat dit nodig het of verkoop om ons fondse ‘n hupstoot te gee.  Kom maak gerus ‘n draai by Fyngoud Dienssentrum, Bainstraat 20 en drink saam met ons ‘n koppie tee, dan kan u sien wat ons alles vir die Ouer Persone in die dorp doen.  Vir meer inligting kontak Janet Myburg 021-8734682 08:00 – 13:00 of 082 850 1197 alle ure.

 

PASSIESPEL OP RIEBEEK KASTEEL

Vind plaas op Son 17 Mrt om 19:00 in die NGK Riebeek Kasteel olv Louwena Brand.  Toegang is gratis.

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

GEBEDSIMFONIE

Die Gebedsimfonie (Interkerklike biduur vir herlewing en Wellington se sendelinge) ont- moet weer Sondagmiddag 10 Februarie om 15:30 by Eerste Laan 22. Bring asb. jou eie gebedsonderwerpe saam. Vir meer inligting skakel ds. Attie van Wijk 082 557 9796.

 

DRAKENSTEN BASAAR

Sat 16 Mrt van 09:00 in die kerksaal, hv Antoinette- en Kotzestrate, Denneburg, Paarl.  Navrae 021 872 8242

In die Nuus