Deur : Skriba  /  March 17th, 2013

EREDIENSTYE VERANDER

Onthou asb dat die oggende se eredienstye verander vanaf 7 April 2013 na 09:30 vir die wintermaande (April tot September).

 

VERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 29 Maart tot 4 April.  Ds NJ is met verlof v/a 22 tot 24 Maart (afnaweek ingesluit) en v/a 4 tot 7 April.  Die skriba is met verlof v/a 18 Maart tot 2 April.

 

WONDERLIKE VERJAARDAGGESKENK

Oom Gerrie Gerber (met die honde) het in sy testament aan elk van die 3 NG gemeentes R462 000-00 bemaak.  Ons is so dankbaar, want ons kan ons verband afbetaal en is nou nie meer in die skuld nie.

 

BYBELSTAP

R1 900-00 is ingesamel vir Bybelverspreiding.  Baie dankie vir u deelname.

 

OPELUGFLIEK

Word aangebied deur die Jongwerkendes en vind plaas op Maandag 25 Mrt om 19:00 op die rugbyveld van Hugenote Hoërskool.  Die moderne weergawe van Sabrina word vertoon en die kostes is R50-00 per paar of R30-00 per persoon.  Bring jou eie kombers en piekniekmandjie – die kos word voorsien.  Kaartjies sal vooraf verkoop word by die kerkkantoor.  Die fondse is tbv Huis Andrew Murray. 

 

“BREAKFAST RUN” VIR MOTORFIETSE EN POEGIES 13 APRIL

Vertrek 08:00 vanaf Die Sentrum na Pleasant Pheasant by Riebeek Kasteel.  Kinders welkom indien jy rybewys en vrywaringsvorm het (jou pa moet darem net weet waar jy is).

 

KINDERBEDIENING

Benodig leë groot koffieblikke en vuurhoutjieboksies. Versamel en laai af by die kerkkantoor asb.

 

NUWE INTREKKERS EN BESOEKERS

Ons wil u graag ontmoet.  Kom asb  net na die erediens na die ruimte voor die preekstoel.

 

FAMILIENUUS

Om ons 40 jaar te vier benodig ons baie foto’s en brokkies nuus oor die geskiedenis van die gemeente, gebou en gebeure.  Ons sal ook kort getuienisse waardeer; asook u belewenis van die gemeente.  Stuur asb aan Christa van Rooyen christa@safj.co.za voor einde Maart.

 

GEMEENTESTAP 26 – 28 APRIL IN LIMIETBERGE

Ons stap Saterdagoggend vanaf Du Toitskloof tot by 1ste Tol (Bainskloof).  Sondagoggend vanaf 1ste Tol tot by 2de Tol (kampplek).  Belangstellendes ontmoet Gerhard Visagie voor die preekstoel na die oggenddiens.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665.  Hulle benodig ook glasbottels om maketaan in te lê.  Kontak Susan Ochse 083 231 5433.

 

SELGROEP VIR OUERS MET KINDERS TOT 5 JAAR

Kom op 20 Maart weer bymekaar.  Vir meer inligting skakel Gerhard Botma 021 873 3767 / 083 458 3634.

 

PA-EN-KIND JAG TE MIDDELBURG KAAP

Kom beleef ʼn onvergeetlike, leersame ondervin- ding waar pa met sy kinders in die ontspanne jagveld verhoudings kan bou, Voortrekkerkentekens kan verwerf en nuwe vriende gemaak kan word.  Ons sal self die groepe saamstel en indien pa nie kan gaan nie, “leen” ons jou ʼn pa!  Die datum is 2 tot 5 Apr.  Koste R1 500 per groep van twee wat akkomodasie, jagfooie, gidse, twee springbokke ens insluit (jy sal dit nêrens anders kry nie). Inskry- wings sluit Maandag 25 Mrt.  Skakel Gerrit Hickman 082 453 5722 of Danie Theart 084 517 2610.  Vervoer na Middelburg sal teen ʼn koste gereël word.

 

MIRIAM

Drakenstein Gemeente reël ‘n gebedsaksie vir Miriam vanaf eerskomende Vrydag- oggend 06:00 tot Saterdagoggend 06:00. Almal wat wil deelneem moet dan vir 15 minute  bid op enige tydstip wat hul pas. Julle kan oa bid vir haar gesondheid, dat sy die Here se nabyheid sal ervaar, vir haar moeder en dat die Here hierdeur verheerlik sal word.  Sms asb jou naam en tyd na Carina van der Merwe 084 767 5324.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

DEUROFFER – BYBELGENOOTSKAP

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring.  Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in.  Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

 

Ierse Seën

Mag elke more vir jou vreugde bring en elke aand vrede

Mag jou probleme verminder soos wat jou seëninge toeneem

Mag die hartseerste dag van jou toekoms nie slegter wees nie

as die beste dag van jou verlede

Mag jy elke dag liefde beleef

Onthou jy is spesiaal deur God geskep op verskillende maniere

Mag Sy seëninge op jou neerdaal in die dae wat kom

Amen

In die Nuus