Deur : Skriba  /  April 7th, 2013

“BREAKFAST RUN” 13 APRIL

Ons vertrek 08:00 vanaf Die Sentrum en eet ontbyt by  Pleasant Pheasant in Riebeek Kasteel.  Kinders met rybewyse is ook baie welkom.

 

GEMEENTESTAP 27 & 28 APRIL BY 2DE TOL IN BAINSKLOOF

Ons stap Saterdag ‘n sirkelroete van ± 6 ure in Bainskloof naby 2de Tol kampterrein.  Sondag stap ons na die waterval – ongeveer 2 ure.  Saterdagaand slaap ons by 2de Tol.  Die koste vir ‘n privaatkampplek met eie badkamer en braaiplek is R120-00 pp.   Belangstellendes kan die kerkkantoor of ds NJ skakel.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark gedurende Mei te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665.

 

STUURDERSKONFERENSIE

Vanjaar se Stuurderskonferensie vind plaas op 20 April vanaf 08:30-14:00 by Stellenbosch-Noord. Die tema “Gebed is die werk” is baie aktueel vir ons gemeente. Dalene Stander van SAAWE fasiliteer die onderwerp “Hoe kommunikeer ons sinvol met sendelinge en die gemeente” met die oog op gebed en dr Kobus van Zyl lei ‘n werkswinkel oor praktiese voorbidding in die erediens, kleingroepe, kategese ens. Die koste is R90-00 en sluit ‘n ete in.  Persone wat wil inskryf vir die kursus moet hulle name by die kerkkantoor inhandig of vir Ryk van Velden 082 857 4368 kontak.

 

KAIROS KURSUS

Hierdie kursus help gelowiges en gemeentes om beter te verstaan waar en hoe God in die wêreld werksaam is en hoe enkelinge en gemeentes by hierdie werk van God kan inskakel.  Dit is ‘n kursus wat wêreldwyd met baie groot vrug aangebied word. Die kursus begin 17 April en duur tot einde Mei. Dit bestaan uit 9 weeksaande van 19:00-21:30 en kos R350. Inskrywingsvorms kan by die kerkkantoor verkry word en moet voor 8 April voltooi word. Kontak Ryk van Velden 082 857 4368 vir enige verdere inligting.

 

HAM

 Ons verwelkom een van die dae `n nuwe baba (1jr + 4 mde) by ons HAM familie. Die huismoeder van Grevillea vra dat indien u van die volgende items in u huis het wat in onbruik is, sy dit graag sal wil ontvang:  babaklere, babastoeltjie, eetstoeltjie en stootkarretjie.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 – elsabe@andrewmurray.org.za

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

BADISA GHOLFDAG

Badisa se “ONE MORE” gholfdag vir liefdadigheid vind plaas op 9 Mei by die De Zalze Gholflandgoed.  Vir meer inligting skakel Sandy 021 957 7130.

 

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

Ons groep is baie bevoorreg want Hedwig het vir ons ‘n lagaand gewen!!!   Kan julle nou glo dat ons gaan leer om te lag en dit sonder om te betaal?  10 April 2013 om 19:15 by die pastorie in Kerkstraat, Wellington.  Die lagvrou is Donna Godfrey.  Dié aand is ‘n baie besonderse aand en vervang nie ons gewone byeenkoms wat op 24 April 2013 gaan wees nie.

 

WOESTERFEES

Word op 19 en 20 April aangebied op die Kleinplasieskougronde, Worcester. Die fees is ten bate van die Pionierskool vir Blindes.

 

DEUROFFER – BADISA

Badisa beteken barmhartigheid (NGK se omgee uitreik) en diakonale dienste (VGK se omgee uitreik) wat saam funksioneer. Hierdie gesamentlike aksies van ons kerke bied maatskaplike dienste en versorging vir alle soorte mense met ongeveer alle soorte behoeftes.

Dit is tot ons elkeeen se beskikking.  Bid asb. vir Badisa se werk en ondersteun hulle waar jy kan.

In die Nuus