Deur : Skriba  /  April 14th, 2013

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

Hempies met die kerk se “logo” is beskikbaar @ R60-00.  Bestellings kan na kerk by Die Sentrum geplaas word of u kan by die kerkkantoor bestel.

 

GEMEENTESTAP 27 & 28 APRIL

Ons stap Saterdag ‘n sirkelroete van ± 6 ure in Bainskloof en  Sondag ‘n kort roete na die waterval.

Verskillende opsies:

(1)  U kan Saterdag en Sondag stap en Saterdagaand by 2de Tol slaap @ R120-00 pp in ‘n privaat staanplek met eie braaiplek en ablusie of

(2) in algemene kampterrein met gemeenskaplike ablusie @ R90-00 pp.

(3) U kan net Saterdag stap @ R40-00 pp.  Skakel die kerkkantoor asb voor Dinsdag 16 April sodat besprekings gedoen kan word.  Daar is net vir 17 mense plek in die privaat kampterrein.

 

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL

Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors.  As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor.  Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

 

KINDERWERKER SE KANTOOR

Adell se kantoor is nou by die ingang na die binnehof.

 

SAFARI HALFMARATHON WATERPUNT

Ons soek weer helpers op 1 Mei, skakel asb met Stephan Windell 082 879 1488 / stephanuswindell@gmail.com as u wil help.  Ons wil graag weer die trofee wen en sal waardeer as u ‘n Wellington-Oos hempie kan aantrek ter wille van die eenheidsbeeld.

 

OSBRAAI SATERDAG 4 MEI 2013

Die Osbraai word gehou ten bate van die Getuienisfonds. Kom geniet wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis met ‘n pikante sous, gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek en nagereg vir slegs R60-00.  Kaartjies te koop by die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK

Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013.  Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek kontak Elize Hickman so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.

 

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665. Ingelegde maketaan – 6 stukke (sonder sous) te koop @ R10-00.  Kontak Marie Smith – Ranzadalestraat 10 – 083 627 0799.

 

BASAAR GROEP 9 WOEKERPROJEK

Hulle gaan pannekoek verkoop tydens die SAD Halfmarathon op 1 Mei.  Ondersteun hulle asb!

 

STUURDERSKONFERENSIE

Die 21ste jaarlikse Stuurderskonferensie op Wellington word vanjaar op 20 April v/a 08:30 tot 13:00 in Wellington-Noord se kerksaal gehou.  Vanjaar se tema is: “Gebed is die werk”.  Ons gaan by mekaar leer hoe om effektief vir ons sendelinge voorbidding te doen en ook hoe om die gebedsake te kommunikeer.  Die konferensiefooi van R90-00 sluit ook ’n middagete in.  Vir meer besonderhede bel ds Attie van Wijk 082 557 9796 teen Maandag 15 April.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

GEBEDSIMFONIE

Wellington se intergemeentelike Gebedsimfonie kom weer vanmiddag by Eerste Laan 22 bymekaar om 15:30.  Ons gaan weer bid vir ons gemeentes en ook vir Wellington se sendelinge en bedienings.  Ons voorbidding is baie belangrik, veral met Miriam wat môre in Noord-Afrika voor die hof verskyn. Bring ook jou eie gebedsonderwerpe saam. Vir meer besonderhede bel ds Attie van Wijk 082 557 9796.

 

HAM

Ons verwelkom een van die dae `n nuwe baba (1jr + 4 mde) by ons HAM familie. Die huismoeder van Grevillea vra dat indien u van die volgende items in u huis het wat in onbruik is, sy dit graag sal wil ontvang:  babaklere, babastoeltjie, eetstoeltjie en stootkarretjie.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 – elsabe@andrewmurray.org.za

 

BADISA GHOLFDAG

Badisa se “ONE MORE” gholfdag vir liefdadigheid vind plaas op 9 Mei by die De Zalze Gholflandgoed.  Vir meer inligting skakel Sandy 021 957 7130.

 

WOESTERFEES

Word op 19 en 20 April aangebied op die Kleinplasieskougronde, Worcester. Die fees is ten bate van die Pionierskool vir Blindes.

In die Nuus