Deur : Skriba  /  April 21st, 2013

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

Hempies met die kerk se “logo” is beskikbaar @ R60-00.  Bestellings kan na kerk by Die Sentrum geplaas word of u kan by die kerkkantoor bestel.

 

OOP GESPREK GEMEENTESANG

Gemeentebediening se Sang- en Musiekbediening nooi lidmate om positiewe insette te lewer oor gemeentesang op Woens 24 April om 20:00 in die konsistorie.

 

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL

Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors.  As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor.  Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

 

KINDERWERKER SE KANTOOR

Adell se kantoor is nou by die ingang na die binnehof.

 

WATERPUNT SAFARI HALFMARATHON 1 MEI

Ons benodig manne v/a 06:00 om opstelling te doen.  Almal wat by die tafels help, moet asb teen 07:00 aanmeld.  Indien moontlik trek ‘n Wellington-Oos hempie aan vir ‘n eenheidsbeeld.  Navrae aan Tinus Broodryk 082 920 2290 of Herbert Sills  082 374 3146.

 

5 VOOR 12

Kom ons bid elke dag die tyd vir die regering.  1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

JAG BY MIDDELBURG

Hou dop vir verdere inligting vir ‘n jaggeleentheid 27 – 31 Mei. Navrae aan Danie Theart 021 873 1275 /  082 374 3146.

 

GEMEENTESTAP 27 & 28 APRIL

Indien u net Saterdag wil stap, skakel asb die kerkkantoor.

 

PINKSTER 2013

Ds Jan lei van 9 tot 19 Mei vanjaar se reeks oor wat dit beteken om ‘n Christen te wees.

 

PAASSANGDIENS

Vind vanaand plaas met kore en soliste (kinders).

 

PASSIESPEL

Sondagaand 28 April bied Sunfield ‘n Passiespel aan in die kerk.

 

OSBRAAI SATERDAG 4 MEI 2013

Die Osbraai word gehou ten bate van die Getuienisfonds. Kom geniet wit- en rooiwyn, spitgebraaide beesvleis met ‘n pikante sous, gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek en nagereg vir slegs R60-00.  Kaartjies te koop by die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK

Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013.  Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.  Groep 5 gaan ook roosterkoeke verkoop tydens die Stasiefees op 18 Mei.  Ondersteun hulle asb!

 

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665. Ingelegde maketaan – 6 stukke (sonder sous) te koop @ R10-00.  Kontak Marie Smith – Ranzadalestraat 10 – 083 627 0799.

 

BASAAR GROEP 9 WOEKERPROJEK

Hulle gaan pannekoek verkoop tydens die SAD Halfmarathon op 1 Mei.  Ondersteun hulle asb!

 

BREIPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.  Enige wol sal ook waardeer word.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

MOEDER KERSMARK

Jaarlikse Kersmark aansoeke is nou oop en sluit 10 Mei – keuringsdag is 1 Junie in Wellington.  Aansoeke elektronies op die webtuiste www.murraymark.co.za of beskikbaar by liezl@wellingtongemeente.co.za

 

BADISA GHOLFDAG

Badisa se “ONE MORE” gholfdag vir liefdadigheid vind plaas op 9 Mei by die De Zalze Gholflandgoed.  Vir meer inligting skakel Sandy 021 957 7130.

 

WELLINGTON NOORD KUIEROGGEND

Kom geniet ’n onvergeetlike kuieroggend met Martelize Brink van RSG wat gesels oor gemaksones.  Mans, vroue, kinders – almal welkom!  NGK Wellington-Noord Onthaalsentrum – 1 Junie 2013 om 09:30 vir 10:00 @ R70-00 pp.  Tee / koffie en verversings sal bedien word.  Bring kontant saam en ondersteun uitstallers.  Kaartjies beskikbaar by Noord se kerkkantoor 021 873 2763.

 

SILWERKRUIN BASAAR 4 MEI 2013

Ons begin om 07:00 met ons 5km Pretdraf/stap in samewerking met Spar Wellington.  Inskrywingsvorms is reeds beskikbaar by Spar en Silwerkruin. Hierdie jaar het ons ook iets nuuts vir al die jong mammas en pappas – kom stap of draf lekker saam met jou kleinding in sy/haar stootkarretjie.  Dan hou ons almal van 08:00 lekker basaar – groente en vrugte, vleis, gebak, naaldwerk, poeding, pannekoek, worsbroodtjies, vetkoek, teetuin,Wit Olifanttafel, kindertafel en afgebakende speelarea onder toesig met springkasteel, gesiggieverf, ens. Ontbyt @ R50 (kaartjies is vooraf by Silwerkruin te koop).   Burger le Roux (Supersterrewenner van 2010) gaan ons vermaak met sy sang.  Navrae  aan Yvonne Booysen of Karin Dyason by 021 – 873 1040.

 

DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

24 April  2013 om 19:15 by Kerkstraat 11, die ou pastorie.  Die spreker is Menanteau Fourie met die onderwerp “Emosionele Intelligensie”.  Vir meer inligting kontak Petro  072 709 8000.

 

ST ALBANS PRIMERE SKOOL

Die winter is op hande en daar is heelwat kinders van St. Albans Primêre skool wat geen skoolskoene of  warm skoolklere vir die winter het nie.  ’n Sweetpak kos R200-00 by die skool, ’n donkerrooi skooltrui R60-00 en swart skoolskoene R99-00 by Pep.  Ou skoene is ook welkom. Maak ASB u harte warm oop die winter en gee ‘n donasie of skenking.  Skakel Hanlie Potgieter 084 888 4444 of gee af by St. Albans.

 

DEUROFFER – BEDIENING AAN DIE DOWES

Die De la Bat gemeente in Bellville en die Worcester-De la Bat gemeente bedien 395 belydende dowe lidmate, verspreid oor 16 ringe in die Wes-Kaap, asook 448 dowe leerders uit hoofsaaklik die sinodale gebied, in twee residensiële skole op Worcester.  Die gemeentes doen baanbrekerswerk in die ontwikkeling van kategese materiaal vir dowes, ontwikkeling van ‘n liturgie vir Dowes en die aanwending van die nuutste tegnologie vir die bediening aan Dowes.  Die gemeente bied ook praktiese opleidingsgeleenthede vir die dowe sendingstudente.  Dank die Here dat Hy ook Dowes sy kinders maak.  Bid vir die werk en die voortgang daarvan, en vir die Afrikaanse Bybel vir Dowes wat vanjaar beskikbaar geraak het, totdat elke Dowe sal kan bely: “Jesus is die Here”.

In die Nuus