Deur : Skriba  /  April 29th, 2013

PINKSTER 2013
Ds Jan lei van 9 tot 19 Mei vanjaar se reeks met die tema “’n Gelowige wat ‘n verskil maak”

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL
Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors. As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor. Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

KINDERWERKER SE KANTOOR
Adell se kantoor is nou by die ingang na die binnehof.

WATERPUNT SAFARI HALFMARATHON 1 MEI
Ons benodig manne v/a 06:00 om opstelling te doen. Almal wat by die tafels help, moet asb teen 07:00 aanmeld. Indien moontlik trek ‘n Wellington-Oos hempie aan vir ‘n eenheidsbeeld. Navrae aan Tinus Broodryk 082 920 2290 of Herbert Sills 082 374 3146.

5 VOOR 12
Kom ons bid elke dag die tyd vir die regering. 1 Tim 2:1 & 2 “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

JAG BY MIDDELBURG
Hou dop vir verdere inligting vir ‘n jaggeleentheid 27 – 31 Mei. Navrae aan Danie Theart 021 873 1275 / 082 374 3146.

OSBRAAI SATERDAG 4 MEI 2013 OM 18:00
Die Osbraai word gehou ten bate van die Getuienisfonds. Kom geniet spitgebraaide beesvleis met ‘n pikante sous, gegeurde rys, heerlike patatrol, Hilda se kerrieboontjies, roosterkoek, nagereg en wit- en rooiwyn vir slegs R60-00. U kan ook wegneem. Kaartjies te koop by die kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610.

DUVETPROJEK
Die projek is 10 jaar oud! Dankie aan al die ruim harte wat deur die jare bygedra het om behoeftiges wat koud kry, warm te laat slap. Elke donasie, hoe gering ook al, help om die projek lewendig en die span werkers hoopvol te hou. Bel Elsa Giliomee by 021 873 0110 vir meer inligting.

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK
Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou. Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word. Ons benodig ook skoolklere.

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK
Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013. Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte. Om ‘n stalletjie te bespreek kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep. Groep 5 gaan ook roosterkoeke verkoop tydens die Stasiefees op 18 Mei. Ondersteun hulle asb!

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK
100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00. Kontak Susna du Toit 084 664 1665. Ingelegde maketaan – 6 stukke (sonder sous) te koop @ R10-00. Kontak Marie Smith – Ranzadalestraat 10 – 083 627 0799.

BASAAR GROEP 9 WOEKERPROJEK
Hulle gaan pannekoek verkoop tydens die SAD Halfmarathon op 1 Mei. Ondersteun hulle asb!

BREIPROJEK
As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122. Enige wol sal ook waardeer word.

WASGOEDPENNE
Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20. Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT
Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller. Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

HUIS ANDREW MURRAY
Ons is so bevoorreg om `n seun in Huis Andrew Murray te hê wat tydens sy laerskool loopbaan en nou in die hoërskool ook goed presteer in sport. Michael se prestasies tot op hede is die volgende:
2011 – Onder 12 Boland Hokkie en Atletiek vir Laerskole
2012 – Onder 13 Boland Rugby en Ateltiek vir Laerskole
2013 – Half erekleure vir Atletiek te Hugenote Hoëskool, Boland streekspan Hokkie
Michael is gekies om deel te neem aan die Boland Hoërskool Hokkie kampioenskappe 26 – 29 Junie 2013 in George. Dit is die eerste keer dat Boland kinders inskryf vir die kompetisie. Koste en verblyf beloop R2 900,00 en klere R1 700,00. Indien u u weg oopsien om `n bydrae te lewer tot die kostes van Michael se toer, sal ons dit baie waardeer. U kan my kontak vir enige donasie. Sal u asb ook so vriendelik wees om die versoek te versprei onder u vriende, werkskollegas ens. Baie dankie dat ons weer eens kan vra. Elsabe Sauerman 021 873 3834/5 elsabe@andrewmurray.org.za

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK
Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel. Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand. Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie. Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor. Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

MOEDER KERSMARK
Jaarlikse Kersmark aansoeke is nou oop en sluit 10 Mei – keuringsdag is 1 Junie in Wellington. Aansoeke elektronies op die webtuiste www.murraymark.co.za of beskikbaar by liezl@wellingtongemeente.co.za

BADISA GHOLFDAG
Badisa se “ONE MORE” gholfdag vir liefdadigheid vind plaas op 9 Mei by die De Zalze Gholflandgoed. Vir meer inligting skakel Sandy 021 957 7130.

ACVV FYNGOUD DIENSSENTRUM VIR BEJAARDES
Hou op Maandag en Dinsdag 29 en 30 April van 08:00 tot 17:00 verkoping by die Dienssentrum van goeie tweede handse klere en allerhande mooi goed. Vra asseblief vir u huishulpe om ook vir hulle vriende daarvan te se.

SILWERKRUIN BASAAR 4 MEI 2013
Ons begin om 07:00 met ons 5km Pretdraf/stap in samewerking met Spar Wellington. Inskrywingsvorms is reeds beskikbaar by Spar en Silwerkruin. Hierdie jaar het ons ook iets nuuts vir al die jong mammas en pappas – kom stap of draf lekker saam met jou kleinding in sy/haar stootkarretjie. Dan hou ons almal van 08:00 lekker basaar – groente en vrugte, vleis, gebak, naaldwerk, poeding, pannekoek, worsbroodtjies, vetkoek, teetuin,Wit Olifanttafel, kindertafel en afgebakende speelarea onder toesig met springkasteel, gesiggieverf, ens. Ontbyt @ R50 (kaartjies is vooraf by Silwerkruin te koop). Burger le Roux (Supersterrewenner van 2010) gaan ons vermaak met sy sang. Navrae aan Yvonne Booysen of Karin Dyason by 021 – 873 1040.

DEUROFFER – STUDENTE BEARBEIDING
Bediening aan studente is vir die kerk van die uiterste belang, want dit is ‘n belegging in die geestelike vorming van môre se leiers. Die fondse wat hiervoor ingesamel word, word gegee vir bediening van studente op verskillende plekke. Die grootste gedeelte van fondse gaan na Moederkerk in Stellenbosch wat sedert die samesmelting met Studentekerk, verantwoordelikheid aanvaar vir hierdie bediening waar die grootste konsentrasie studente is.

In die Nuus