Deur : Skriba  /  May 8th, 2013

PINKSTER 2013

Ds Jan lei van 9 tot 19 Mei vanjaar se reeks met die tema “’n Gelowige wat ‘n verskil maak”.  Ds NJ lei die Pinkster op Malgas v/a 12 – 16 Mei.

 

PINKSTER BOEKVERKOPING

Daar gaan weer vanjaar elke aand na Pinkster (behalwe Sondagaand) geestelike boeke in die saal verkoop word.  Vanjaar gaan die wins na die Christelike Seemans Organisasie.

 

SUNFIELD VERVOER TYDENS PINKSTER EN AANDDIENSTE

Indien iemand bereid is om ‘n paar inwoners van Sunfield te vervoer, skakel asb vir Adell Erasmus 082 925 7190.

 

JAARLIKSE DANKOFFER 9 JUNIE

Die koeverte word in die loop van Mei uitgedeel en ons bring ons dankoffer op 9 Junie of enige ander Sondag in Junie na die kerk.  Diakens en dienswerkers kollekteer dus nie in Junie nie.

 

KONTANTHANTERINGSFOOIE

U en die kerk kan geld spaar as u gebruik maak van elektroniese oorplasings en debietorders ipv kontant, want u en die kerk moet kontanthanteringsfooie betaal.  Indien u ‘n elektroniese oorplasing doen, gee asb ‘n duidelike verwysing en indien moontlik sommer ook ‘n verduidelikende epos of faks.

 

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL

Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors.  As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor.  Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

 

KINDERWERKER SE KANTOOR

Adell se kantoor is nou by die ingang na die binnehof.

 

5 VOOR 12

Kom ons bid elke dag die tyd vir die regering.  1 Tim 2:1 & 2  “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

JAG BY MIDDELBURG

Hou dop vir verdere inligting vir ‘n jaggeleentheid 27 – 31 Mei. Navrae aan Danie Theart 021 873 1275 /  082 374 3146.

 

DUVETPROJEK

Die projek is 10 jaar oud!  Dankie aan al die ruim harte wat deur die jare bygedra het om behoeftiges wat koud kry, warm te laat slap.  Elke donasie, hoe gering ook al, help om die projek lewendig en die span werkers hoopvol te hou.  Bel Elsa Giliomee by 021 873 0110 vir meer inligting.

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK

Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013.  Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.  Groep 5 gaan ook roosterkoeke verkoop tydens die Stasiefees op 18 Mei.  Ondersteun hulle asb!

 

BASAAR GROEP 8 WOEKERPROJEK

100% “Extra Virgin” olyfolie (500ml) te koop @ R40-00 per bottel asook gebottelde olywe @ R20-00.  Kontak Susna du Toit 084 664 1665.

 

BREIPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.  Enige wol sal ook waardeer word.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7500-00 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Die laaste klompie wat v/a Wellington-Oos gestuur is, na Worcester was net mooi genoeg vir die laastes wat hulle nodig gehad het om ‘n rolstoel te kan koop.  Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak en hou asb aan om dit te doen.

 

MOEDER KERSMARK

Jaarlikse Kersmark aansoeke is nou oop en sluit 10 Mei – keuringsdag is 1 Junie in Wellington.  Aansoeke elektronies op die webtuiste www.murraymark.co.za of beskikbaar by liezl@wellingtongemeente.co.za

 

BADISA GHOLFDAG

Badisa se “ONE MORE” gholfdag vir liefdadigheid vind plaas op 9 Mei by die De Zalze Gholflandgoed.  Vir meer inligting skakel Sandy 021 957 7130.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons is so bevoorreg om `n seun in Huis Andrew Murray te hê wat tydens sy laerskool loopbaan en nou in die hoërskool ook goed presteer in sport.  Michael se prestasies tot op hede is onder 12 Boland hokkie en atletiek vir laerskole, onder 13 Boland rugby en ateltiek vir laerskole en vanjaar half erekleure vir atletiek te Hugenote Hoëskool en Boland streekspan hokkie.  Michael is gekies om deel te neem aan die Boland Hoërskool Hokkie kampioenskappe 26 – 29 Junie 2013 in George.  Dit is die eerste keer dat Boland kinders inskryf vir die kompetisie.  Koste en verblyf beloop R2 900,00 en klere R1 700,00.  Indien u u weg oopsien om `n bydrae te lewer tot die kostes van Michael se toer, sal ons dit baie waardeer.  U kan my kontak vir enige donasie. Sal u asb ook so vriendelik wees om die versoek te versprei onder u vriende, werkskollegas ens.  Baie dankie dat ons weer eens kan vra.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5  elsabe@andrewmurray.org.za

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

WELLINGTON NOORD KUIEROGGEND

Kom geniet ’n onvergeetlike kuieroggend met Martelize Brink van RSG wat gesels oor gemaksones.  Mans, vroue, kinders – almal welkom!  NGK Wellington-Noord Onthaalsentrum – 1 Junie 2013 om 09:30 vir 10:00 @ R70-00 pp.  Tee / koffie en verversings sal bedien word.  Bring kontant saam en ondersteun uitstallers.  Kaartjies beskikbaar by Noord se kerkkantoor 021 873 2763.

 

ST ALBANS PRIMERE SKOOL

Die winter is op hande en daar is heelwat kinders van St. Albans Primêre skool wat geen skoolskoene of  warm skoolklere vir die winter het nie.  ’n Sweetpak kos R200-00 by die skool, ’n donkerrooi skooltrui R60-00 en swart skoolskoene R99-00 by Pep.  Ou skoene is ook welkom. Maak ASB u harte warm oop die winter en gee ‘n donasie of skenking.  Skakel Hanlie Potgieter 084 888 4444 of gee af by St. Albans.

 

ALTA DU TOIT NASORG SENTRUM BIED AAN

Die Leo’s – wees reg om weggeblaas te word deur die wêreldklas komedie.  En hulle gaan jou gesin byna normaal laat lyk.  Kaartjies word verkoop ten bate van Alta du Toit Nasorg Sentrum.  Kaartjies is slegs R100-00pp.  Besprekings kan gedoen word by Marina 021 913 2106 of epos marina@altadutoit.org.za

In die Nuus