Deur : Skriba  /  May 12th, 2013

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2012 – 2013

Wyk 3  –  Chris Olivier (diaken)

 

PINKSTER 2013

Ds Jan lei van 9 tot 19 Mei vanjaar se reeks met die tema “’n Gelowige wat ‘n verskil maak”.  Ds NJ lei die Pinkster op Malgas v/a 12 – 16 Mei.

 

PINKSTER BOEKVERKOPING

Daar gaan weer vanjaar elke aand na Pinkster (behalwe Sondagaand) geestelike boeke in die saal verkoop word.  Vanjaar gaan die wins na die Christelike Seemans Organisasie.

 

SUNFIELD VERVOER TYDENS PINKSTER EN AANDDIENSTE

Indien iemand bereid is om ‘n paar inwoners van Sunfield te vervoer, skakel asb vir Adell Erasmus 082 925 7190.

 

LOFPRYSINGSDIENS 19 MEI 19:00

Hoërskool- en laerskoolkore en soliste tree op.

 

JAARLIKSE DANKOFFER 9 JUNIE

Die koeverte word in die loop van Mei uitgedeel en ons bring ons dankoffer op 9 Junie of enige ander Sondag in Junie na die kerk.  Diakens en dienswerkers kollekteer dus nie in Junie nie.

 

KONTANTHANTERINGSFOOIE

U en die kerk kan geld spaar as u gebruik maak van elektroniese oorplasings en debietorders ipv kontant, want u en die kerk moet kontanthanteringsfooie betaal.  Indien u ‘n elektroniese oorplasing doen, gee asb ‘n duidelike verwysing en indien moontlik sommer ook ‘n verduidelikende epos of faks.

 

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

T-hemde met die kerk se “logo” is beskikbaar in verskillende groottes en kleure by die kerkkantoor @ R60-00.

 

HUISBESOEK SNR BURGERS

Weens Ds Gideon Nieuwoudt se gesondheid sal hy nie op hierdie stadium voortgaan met huisbesoek aan senior burgers nie.

 

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL

Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors.  As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor.  Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

 

KINDERWERKER SE KANTOOR

Adell se kantoor is nou by die ingang na die binnehof.

 

5 VOOR 12

Kom ons bid elke dag die tyd vir die regering.  1 Tim 2:1 & 2  “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK

Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013.  Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.  Groep 5 gaan ook roosterkoeke verkoop tydens die Stasiefees op 18 Mei.  Ondersteun hulle asb!

 

FOTOBANK

Stuur asb fotos  van gemeente aktiwiteite vir Obie Prins.  Sy bewaar al die fotos vir toekomstige gebruik.  Nelstraat 1, 082 566 7867, obieprins@telkomsa.net

 

KOEPONSTELSELVERGADERING

Die kerke op die dorp wil graag handevat om ’n koeponstelsel, in samewerking met Paarl, in Wellington te vestig.  Dit behels dat jy ’n koepon koop wat jy vir ’n honger mens kan gee en hy/sy ruil dit vir ’n middagete op ’n spesifieke plek en tyd.  Verteenwoordigers van gemeentes vergader Don 23 Mei om 19:00 by die Marthasaal.  Mense wat bereid is om te help of te organiseer kan die vergadering bywoon.

 

DUVETPROJEK

Die projek is 10 jaar oud!  Dankie aan al die ruim harte wat deur die jare bygedra het om behoeftiges wat koud kry, warm te laat slap.  Elke donasie, hoe gering ook al, help om die projek lewendig en die span werkers hoopvol te hou.  Bel Elsa Giliomee by 021 873 0110 vir meer inligting.

 

BREIPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.  Enige wol sal ook waardeer word.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

DEPRESSIEONDERSTEUNINGSGROEP

Vlg byeenkoms sal op Dins 21 Mei om 19:15 by Moeder se kerksaal wees en nie op die Woensdag soos gewoonlik nie.  Die skrywer, motiveringspreker en sielkundige Dr ST Potgieter het pas twee nuwe  boeke Pitkos en Jou laaste selfhelpboek ooit! op die rakke geplaas en hy gaan daaroor praat.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons volgende fondsinsamelingspoging vind plaas op Sat 1 Junie in die vorm van `n markdag op die stoep van Moederkerk se kerksaal.  Ons gaan verskeie  stalletjies hê en sal dit waardeer indien u van die volgende produkte kan skenk:   vrugte, groente, Boerewors, tamatiesous,  mosterd, helpers vir braai van wors, plaatkoek, “cup cakes”, beskuit, koeksisters, groot koeke, sopbestanddele (of maak van sop), tee, koffie, suiker , melk, suiker, meel, eiers, iets vir wit olifanttafel, handgemaakte lekkers en gekoopte lekkers.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5.

 

ARBEIDSBEDIENING BYBELPROJEK

Ons droom binne Arbeidsbediening is om Bybels vir elkeen in die werkplek in hulle eie taal en in geskikte formate beskikbaar te stel.  Arbeidsbediening bereik nagenoeg 900 mense in Wellington per maand.  Baie van hierdie mense het ook nog nooit hul eie Bybel besit nie.  Indien daar ou Bybels in u huis is wat u nie meer gebruik nie, wil u nie dit oorweeg om dit te skenk aan hierdie projek nie. U kan dit of ‘n donasie inhandig by u plaaslike kerkkantoor.  Johan Crous (021) 873 7024 / 072 289 0842 / crousjm@telkomsa.net

 

WELLINGTON NOORD KUIEROGGEND

Kom geniet ’n onvergeetlike oggend met Martelize Brink van RSG wat gesels oor gemaksones.  Mans, vroue, kinders – almal welkom!   Wellington-Noord Onthaalsentrum 1 Jun om 09:30 vir 10:00 @ R70-00 pp.  Tee/koffie en verversings word bedien.  Bring kontant en ondersteun uitstallers.  Kaartjies by Noord se kerkkantoor 021 873 2763.

 

DEUROFFER – BEDIENING AAN DIE JODE

Bid asseblief vir Ds Francois Wessels en me Cecilia Burger wat na Jode uitreik met die evangelie, asook vir die Messiaans-Joodse gemeente Beit Ariel in Kaapstad.  Messiaanse Jode is Jode wat glo dat Jesus die Messias en Here is, dit wil sê Christen-Jode.  Die Beit Ariel gemeente het Joodse en nie-Joodse lidmate.  Beit Ariel hou eredienste, vier Joodse feeste en leef hulle geloof uit vanuit die perspektief dat die Messias reeds gekom het en weer kom.

In die Nuus