Deur : Skriba  /  May 19th, 2013

DS JAN PINKSTERVERLOF

Ds Jan is met verlof v/a 20 – 26 Mei 2013.

 

VERKOSE KERKRAADSLEDE 2012 – 2013

Wyk 3  –  Chris Olivier (diaken)

 

JAARLIKSE DANKOFFER 9 JUNIE

Die koeverte word in die loop van Mei uitgedeel en ons bring ons dankoffer op 9 Junie of enige ander Sondag in Junie na die kerk.  Diakens en dienswerkers kollekteer dus nie in Junie nie.

 

NUUS VAN MIRIAM / ELSA

Indien u haar nuusbrief per e-pos wil ontvang, stuur u besonderhede na carina.t@ibits.co.za  Indien u ‘n uitgedrukte kopie verlang, kan u dit by die kerkkantoor  aanvra.   Ons sal in die afkondigings aandui wanneer nuwe nuus beskikbaar is.   2 Mei se nuusbrief is nou te kry.

 

BESKERM KINDERS TEEN ONGEWENSTE MATERIAAL OP DIE INTERNET

Internet is  toeganklik en sydeure staan wydoop vir almal. Dit kan baie gevaarlik vir kinders wees! Pornografie en ander volwasse stof is gemaklik beskikbaar vir nuuskierig jongmense – dikwels sonder dat die kind dit doelbewus gesoek of daarvoor gevra het.  Sosiale webwerwe kan jou uitnooi om ongemaklike of aanstootlike bladsye te besoek onder die voorwendsel dat dit eindelik baie kindervriendelike bladsye is.  “Oop” en onbeskermde internettoegang is onveilig vir kinders. Die digitale era bied werklik uitdagings aan verantwoordelike ouers.  K9 Web Protection is ’n gratis sagtewareprogram wat ouers kan aflaai om ongewenste materiaal te beheer en veilige internettoegang aan jou hele familie te verseker.  Meer hieroor is by http://www1.k9webprotection.com/aboutk9/protect-my-children  

 

 

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

T-hemde met die kerk se “logo” is beskikbaar in verskillende groottes en kleure by die kerkkantoor @ R60-00.

 

HUISBESOEK SNR BURGERS

Weens Ds Gideon Nieuwoudt se gesondheid sal hy nie op hierdie stadium voortgaan met huisbesoek aan senior burgers nie.

 

BEESTE VIR BASAAR VLEISTAFEL

Ons wil graag ‘n paar kalwers grootmaak om Oktober te slag vir wors.  As u ‘n bydrae wil maak deur ‘n aandeel in ‘n kalf te koop, skakel met Danie Theart 021 873 1275 / 084 517 2610 of die kerkkantoor.  Ons het 4 kalwers aangekoop @ R4 218-00 elk.

 

5 VOOR 12

Kom ons bid elke dag die tyd vir die regering.  1 Tim 2:1 & 2  “Ek dring daarop aan dat daar in die eerste plek met smeking, voorbidding en danksegging gebid moet word vir alle mense, vir dié wat regeer en vir almal wat gesag uitoefen, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in volkome toewyding aan God en in alle eerbaarheid.”

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

BASAAR GROEP 5 WOEKERPROJEK

Bied weer aan “Winter Vrolikheid” op 31 Mei 2013.  Vrydagaand kan die vroue rus (geen kos maak of skottelgoed) en die manne kan hulle vroue bietjie bederf. Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos en handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.

 

FOTOBANK

Stuur asb fotos  van gemeente aktiwiteite vir Obie Prins.  Sy bewaar al die fotos vir toekomstige gebruik.  Nelstraat 1, 082 566 7867, obieprins@telkomsa.net

 

KOEPONSTELSELVERGADERING

Die kerke op die dorp wil graag handevat om ’n koeponstelsel, in samewerking met Paarl, in Wellington te vestig.  Dit behels dat jy ’n koepon koop wat jy vir ’n honger mens kan gee en hy/sy ruil dit vir ’n middagete op ’n spesifieke plek en tyd.  Verteenwoordigers van gemeentes vergader Don 23 Mei om 19:00 by die Marthasaal.  Mense wat bereid is om te help of te organiseer kan die vergadering bywoon.

 

DUVETPROJEK

Die projek is 10 jaar oud!  Dankie aan al die ruim harte wat deur die jare bygedra het om behoeftiges wat koud kry, warm te laat slaap.  Elke donasie, hoe gering ook al, help om die projek lewendig en die span werkers hoopvol te hou.  Bel Elsa Giliomee by 021 873 0110 vir meer inligting.

 

BREIPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.  Enige wol sal ook waardeer word.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

DEUROFFER – CLF

CLF (Christelike Lektuurfonds) bring steeds vir meer as 55 jaar die Bood -skap van die Bybel aan almal deur gratis en bekostigbare lektuur. Bestel gerus CLF pamflette in die tale van SA met onderwerpe wat wissel van geestelik tot sosiaal-maatskaplike probleme en vra God om jou te wys hoe om dit daagliks te gebruik om ander van Sy Liefde, Hoop en Verlossing te vertel.  Raak betrokke by die 1 MILJOEN BYBELS VIR 1 MILJOEN KINDERS PROJEK om die Boodskap na die kinders van ons land in Afrikaans, Engels, Xhosa, Sotho, Tswana, Zulu en Pedi te bring. Vir meer inligting of indien jy self die projek vir kinders in jou area wil aanpak, kontak Hedwig Moore by 021 864 3707.  Besoek ook ons webwerf by www.clf.co.za vir meer inligting.

 

DEPRESSIEONDERSTEUNINGSGROEP

Vlg byeenkoms op Dins 21 Mei om 19:15 by Moeder se kerksaal.  Die skrywer, motiveringspreker en sielkundige Dr ST Potgieter praat oor sy twee nuwe  boeke Pitkos en Jou laaste selfhelpboek ooit!

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons volgende fondsinsamelingspoging vind plaas op Sat 1 Junie in die vorm van `n markdag op die stoep van Moederkerk se kerksaal.  Ons gaan verskeie  stalletjies hê en sal dit waardeer indien u van die volgende produkte kan skenk:   vrugte, groente, Boerewors, tamatiesous,  mosterd, helpers vir braai van wors, plaatkoek, “cup cakes”, beskuit, koeksisters, groot koeke, sopbestanddele (of maak van sop), tee, koffie, suiker , melk, suiker, meel, eiers, iets vir wit olifanttafel, handgemaakte lekkers en gekoopte lekkers.  Elsabe Sauerman 021 873 3834/5.

 

WELLINGTON-NOORD TALENTKOMPETISIE AS ‘N FONDSINSAMELINGSPROJEK VAN OLYVENHOUT WYK

Slegs persone van Wellington mag deelneem.  Sluitingsdatum 30 Mei 2013, inskrywingsfooi R20-00 per item.  Bankbesonderhede is NGK Wellington-Noord, ABSA, rekno 430580019, takkode 334510, verw: WGT plus van en voorletters.  Pos/e-pos inskrywings tesame met bewys van betaling aan: talentwellington@gmail.com of Posbus 656, Wellington, 7655.  Kontak Ebeth 0729417670, Issie 0846787809, Lenie 0739297214 vir verdere inligting.

 

WINTERSKOOL STELLENBOSCH (4-6 JUNIE 2013)

Individuele Christene en gemeentes sukkel om op hulle eie ‘n verskil in Suid-Afrika te maak. Ons het nodig om van God en mekaar te leer.  Die Winterskool is so ‘n geleentheid waar predikante, dosente en lidmate van verskillende kerke by mekaar kan leer.  Dit vind plaas vanaf 4-6 Junie 2013 by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch en die tema vanjaar is  “Met die oog op ‘n tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd.”  Indien jy nie die volle drie dae kan bywoon nie, is jy welkom om vir ‘n dag of dalk net een sessie te registreer.  Kry die volledige program en inskrywingsvorm by die kerkkantoor of Communitas se webwerf (http://communitas.co.za) of skakel Wilma le Roux 021 808 3624.

In die Nuus