Deur : Skriba  /  May 26th, 2013

JAARLIKSE DANKOFFER 9 JUNIE

Die koeverte word in die loop van Mei uitgedeel en ons bring ons dankoffer op 9 Junie of enige ander Sondag in Junie na die kerk.  Diakens en dienswerkers kollekteer dus nie in Junie nie.

 

NUUS VAN MIRIAM / ELZA

Indien u haar nuusbrief per e-pos wil ontvang, stuur u besonderhede na carina.t@ibits.co.za  Indien u ‘n gedrukte kopie verlang, is dit by kerkkantoor  beskikbaar. Ons sal in die afkondigings aandui wanneer nuwe nuus beskikbaar is.   2 Mei se nuusbrief is nou te kry.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

WILD TE KOOP

Gekerfde wildsbiltong @ R20-00/100g, Kudusalami’s @ R120-00, wildspatties @ R35-00/600g (4 patties) en heerlike wildsbraaiwors @ R60-00 p/k te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure 08:00 tot 14:00 en ook op Woens 5 Junie v/a 18:00 tot 19:00.

 

WILDSFEESVERGADERING

Word gehou op Dinsdag 4 Junie om 18:00 in Die Sentrum.  Alle belangstellendes is welkom.

 

SNOEKBRAAI MIDDELBURG 1 JUNIE

As u wil saamgaan om te help, skakel asb vir Nical Sauerman 021 864 3372 / 082 899 1005.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

T-hemde met die kerk se “logo” is beskikbaar in verskillende groottes en kleure by die kerkkantoor @ R60-00.

 

KERKDEURE

Indien u om een of ander rede ‘n deur in die kerk moet of wil oop- of toemaak, moet u dit asb nie forseer nie.  Die slotte word gebuig en beskadig.  Ons vra weereens u samewerking in die verband.

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

VREUGDEDIENS KERRIE EN RYS WEGNEEMETE

Vreugdediens verkoop weer kerrie en rys om weg te neem op Vrydag 14 Junie v/a 12:00 tot 14:00 by die kerk se kombuis om hulle fondse te versterk.  Die prys is nog steeds R25-00 net soos verlede jaar.  Kaartjies beskikbaar by komiteelede of die kerkkantoor.

 

VREUGDEDIENS VERGADERING

Die komitee se vergadering verskuif na Woens 5 Junie om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

WINTERVROLIKHEID

Groep 5 bied weer “Winter Vrolikheid” aan op Vrydag 31 Mei v/a 17:00.  Die vroue kan rus (geen kos maak of skottelgoed) na ‘n lang en besige week en die manne kan hulle vroue bietjie bederf.  Bring jou hele familie, al die bure en vriende saam na die vrolikheid en kom geniet die kos om ‘n lang kuiertafel terwyl die kinders vermaak word.  Daar is ook hope  handgemaakte produkte.  Om ‘n stalletjie te bespreek, kontak die kerkkantoor so spoedig moontlik en kom woeker vir jou basaar se groep.

 

FOTOBANK

Stuur asb fotos  van gemeente aktiwiteite vir Obie Prins.  Sy bewaar al die fotos vir toekomstige gebruik.  Nelstraat 1, 082 566 7867, obieprins@telkomsa.net

 

BREI- EN SWEETPAKPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, die maak van sweetpakkies of wol of sweetpakmateriaal kan skenk, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem. 

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

WELLINGTON-NOORD TALENTKOMPETISIE (FONDSINSAMELINGSPROJEK VAN ‘N WYK)

Slegs persone van Wellington mag deelneem.  Sluitingsdatum 30 Mei 2013, inskrywingsfooi R20-00 per item.  Kontak Ebeth 0729417670, Issie 0846787809, Lenie 0739297214 vir verdere inligting.

 

HUIS ANDREW MURRAY

Ons volgende fondsinsamelingspoging vind plaas op Sat 1 Junie in die vorm van `n markdag op die stoep van Moederkerk se kerksaal.  Ons gaan verskeie  stalletjies hê en sal dit waardeer indien u van die volgende produkte kan skenk:   vrugte, groente, Boerewors, tamatiesous, mosterd, helpers vir braai van wors, plaatkoek, “cup cakes”, beskuit, koeksisters, groot koeke, sopbestanddele (of maak van sop), tee, koffie, suiker , melk, suiker, meel, eiers, iets vir wit olifanttafel, handgemaakte of gekoopte lekkers.  Kontak Elsabe Sauerman 021 873 3834/5.

 

WELLINGTON-NOORD KUIEROGGEND

Kom geniet ’n onvergeetlike oggend met Martelize Brink van RSG wat gesels oor gemaksones.  Mans, vroue, kinders – almal welkom!   Wellington-Noord Onthaalsentrum 1 Jun om 09:30 vir 10:00 @ R70-00 pp.  Tee/koffie en verversings word bedien.  Bring kontant en ondersteun uitstallers.  Kaartjies by Noord se kerkkantoor 021 873 2763.

 

WINTERSKOOL STELLENBOSCH (4-6 JUNIE 2013)

Individuele Christene en gemeentes sukkel om op hulle eie ‘n verskil in Suid-Afrika te maak. Ons het nodig om van God en mekaar te leer.  Die Winterskool is so ‘n geleentheid waar predikante, dosente en lidmate van verskillende kerke by mekaar kan leer.  Dit vind plaas vanaf 4-6 Junie 2013 by die Fakulteit Teologie op Stellenbosch en die tema vanjaar is  “Met die oog op ‘n tyd soos hierdie – hoor die evangelie, die hoop vir ons tyd.”  Indien jy nie die volle drie dae kan bywoon nie, is jy welkom om vir ‘n dag of dalk net een sessie te registreer.  Kry die volledige program en inskrywingsvorm by die kerkkantoor of Communitas se webwerf (http://communitas.co.za) of skakel Wilma le Roux 021 808 3624.

 

DEUROFFER – BYBELGENOOTSKAP

Hul doelstelling is om die Bybel beskikbaar te stel, sonder enige dogmatiese aantekening of kommentaar, aan elke leser in sy eie taal teen ‘n prys wat dit binne bereik van die armste bring.  Hul gereelde werksaamhede sluit vertaling, produksie en verspreiding in.  Hul word gefinansier deur kerke, organisasies, skole en individue.

In die Nuus