Deur : Skriba  /  June 2nd, 2013

PREDIKANTEVERLOF

Ds Jan gaan met langverlof v/a 10 Junie tot 31 Julie en ds NJ met gewone verlof v/a 20 Junie tot 10 Julie.

 

JAARLIKSE DANKOFFER 9 JUNIE

Die koeverte word in die loop van Mei uitgedeel en ons bring ons dankoffer op 9 Junie of enige ander Sondag in Junie na die kerk.  Diakens en dienswerkers kollekteer dus nie in Junie nie.

 

40 DAE

V/a 4 Augustus tot 12 September 2013.  Hierdie jaar se tema is “Roete 12: Rom 12 na vernuwing”

 

VAKANSIE BYBELSKOOL

“Op Safari op Roete 254”.  Voorskool tot Gr 6 is baie welkom om v/a 24 tot 28 Junie deel te wees van ons ontdekking van Ps 25:4.  R160-00 per kind vir baie opwinding, pret en geestelike groei.  Inskrywingsvorms beskikbaar by die kerkkantoor, laerskole en tannie Adell.  Die sluitingsdatum is 21 Junie.  Sien uit om julle op safari te neem.

 

BESKERM KINDERS TEEN ONGEWENSTE MATERIAAL OP DIE INTERNET

Internet is  toeganklik vir almal. Dit kan baie gevaarlik vir kinders wees!  Pornografie en ander volwasse stof is gemaklik beskikbaar vir nuuskierige jongmense – dikwels sonder dat die kind dit doelbewus gesoek het.  Sosiale webwerwe kan jou uitnooi om ongemaklike of aanstootlike bladsye te besoek onder die voorwendsel dat dit eintlik baie kindervriendelik is.  “Oop” en onbeskermde internettoegang is onveilig vir kinders. Die digitale era bied werklik uitdagings aan verantwoordelike ouers.  K9 Web Protection is ’n gratis sagtewareprogram wat ouers kan aflaai om ongewenste materiaal te beheer en veilige internettoegang aan jou hele familie te verseker.  Meer hieroor by                                                                                                     http://www1.k9webprotection.com/aboutk9/protect-my-children

 

NUUS VAN MIRIAM / ELZA

Indien u haar nuusbrief per e-pos wil ontvang, stuur u besonderhede na carina.t@ibits.co.za  Indien u ‘n gedrukte kopie verlang, is dit by kerkkantoor  beskikbaar. Ons sal in die afkondigings aandui wanneer nuwe nuus beskikbaar is.   2 Mei se nuusbrief is nou te kry.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

WILD TE KOOP

Gekerfde wildsbiltong @ R20-00/100g, Kudusalami’s @ R120-00, wildspatties @ R35-00/600g (4 patties) en heerlike wildsbraaiwors @ R60-00 p/k te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure 08:00 tot 14:00 en ook op Woens 5 Junie v/a 18:00 tot 19:00.

 

WILDSFEESVERGADERING

Word gehou op Dinsdag 4 Junie om 18:00 in Die Sentrum.  Alle belangstellendes is welkom.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

WELLINGTON-OOS “T-SHIRTS”

T-hemde met die kerk se “logo” is beskikbaar in verskillende groottes en kleure by die kerkkantoor @ R60-00.

 

KERKDEURE

Indien u om een of ander rede ‘n deur in die kerk moet of wil oop- of toemaak, moet u dit asb nie forseer nie.  Die slotte word gebuig en beskadig.  Ons vra weereens u samewerking in die verband.

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

VREUGDEDIENS KERRIE EN RYS WEGNEEMETE

Vreugdediens verkoop weer kerrie en rys om weg te neem op Vrydag 14 Junie v/a 12:00 tot 14:00 by die kerk se kombuis om hulle fondse te versterk.  Die prys is nog steeds R25-00 net soos verlede jaar.  Kaartjies beskikbaar by komiteelede of die kerkkantoor.

 

VREUGDEDIENS VERGADERING

Die komitee se vergadering verskuif na Woens 5 Junie om 10:00 by Hetta Cloete se huis.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 8 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

FOTOBANK

Stuur asb fotos  van gemeente aktiwiteite vir Obie Prins.  Sy bewaar al die fotos vir toekomstige gebruik.  Nelstraat 1, 082 566 7867, obieprins@telkomsa.net

 

BREI- EN SWEETPAKPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, die maak van sweetpakkies of wol of sweetpakmateriaal kan skenk, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

WASGOEDPENNE

Die Barmhartigheidsbediening verkoop baie duursame wasgoedpenne @ R25 per pakkie van 20.  Kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

KLINIESE PASTORALE TERAPEUT

Ds George Conradie wat ‘n kantoor in ons kerkgebou gehuur het, het getrek na Malanstraat 11, binne dieselfde huis as die fisioterapeut Elmarie van Coller.  Hy kan gekontak word by 083 662 5126.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

ACVV  MAATSKAPLIKE DIENSE PROJEK WINTERHOOP 1 – 20 JUNIE 2013

Winterhoop is ‘n landswye veldtog wat PEN en Metro Evangeliese Sorg in samewerking met kerke, welsynsorganisasies, RSG,  KYKNET en koerante aanbied om die nood in ons land gedurende die wintertyd te verlig.   Ons doen ‘n beroep op die publiek om nie-bederfbare kos, toiletware en komberse te skenk.  Bydraes kan by die Maatskaplike Werk Kantore  (langs die Dienssentrum), Bainstr 20 besorg word.   Ons sal die bydraes onder die behoeftiges versprei.  Ons maak staat op u samewerking.   Navrae:  021-8732204

In die Nuus