Deur : Skriba  /  June 9th, 2013

PREDIKANTEVERLOF

Ds Jan gaan met langverlof v/a 10 Junie – 31 Julie en ds NJ met gewone verlof v/a 20 Junie – 10 Julie.  Ingeval van ‘n krisis is, kan u die kerkkantoor skakel of dr Ryk van Velden v/a 20 – 29 Junie by 082 857 4368, dr Hennie van Deventer v/a 20 Junie – 1 Julie by 072 433 0085 en ds George Conradie v/a 2 tot 10 Julie by 083 662 5126.

 

VAKANSIE BYBELSKOOL

“Op Safari op Roete 254”.  Voorskool tot Gr 6 is baie welkom om v/a 24 tot 28 Junie deel te wees van ons ontdekking van Ps 25:4.  R160-00 per kind vir baie opwinding, pret en geestelike groei.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ons kerkkantoor, Moedergemeente se kerkkantoor, laerskole en tannie Adell.  Die sluitingsdatum is 21 Junie.  Sien uit om julle op safari te neem.

 

VREUGDEDIENS KERRIE EN RYS WEGNEEMETE

Vreugdediens verkoop weer kerrie en rys om weg te neem op Vrydag 14 Junie v/a 12:00 tot 14:00 by die kerk se kombuis om hulle fondse te versterk.  Die prys is nog steeds R25-00 net soos verlede jaar.  Kaartjies beskikbaar by komiteelede of die kerkkantoor.

 

WILDSFEES 9 AUGUSTUS

Op Donderdag 8 Augustus kan u heerlike wildsburgers en “wilde honde” kom eet na werk v/a 18:00.  Vrydag is ‘n vakansie- en feesdag.  Middelburg bring baie wildsvleis en u kan woeker vir die basaar of u eie sak.  Bespreek betyds ‘n stalletjie.  Navrae kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

WILD TE KOOP

Gekerfde wildsbiltong @ R20-00/100g, Kudusalami’s @ R120-00, wildspatties @ R35-00/600g (4 patties) en heerlike wildsbraaiwors @ R60-00 p/k te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure 08:00 tot 14:00.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 29 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

40 DAE

Romeine 12 na vernuwing v/a 4 Augustus vir ses weke.  Elke groepslid kry ’n handleiding.  Indien u groep wil deelneem of as u wil inskakel, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons benodig getalle vir bestellings.  Alles in Afrikaans.

 

BESKERM KINDERS TEEN ONGEWENSTE MATERIAAL OP DIE INTERNET

Internet is  toeganklik vir almal. Dit kan baie gevaarlik vir kinders wees!  Pornografie en ander volwasse stof is gemaklik beskikbaar vir nuuskierige jongmense – dikwels sonder dat die kind dit doelbewus gesoek het.  Sosiale webwerwe kan jou uitnooi om ongemaklike of aanstootlike bladsye te besoek onder die voorwendsel dat dit eintlik baie kindervriendelik is.  “Oop” en onbeskermde internettoegang is onveilig vir kinders. Die digitale era bied werklik uitdagings aan verantwoordelike ouers.  K9 Web Protection is ’n gratis sagtewareprogram wat ouers kan aflaai om ongewenste materiaal te beheer en veilige internettoegang aan jou hele familie te verseker.  Meer hieroor by

http://www1.k9webprotection.com/aboutk9/protect-my-children

 

NUUS VAN MIRIAM / ELZA

Indien u haar nuusbrief per e-pos wil ontvang, stuur u besonderhede na carina.t@ibits.co.za  Indien u ‘n gedrukte kopie verlang, is dit by kerkkantoor  beskikbaar. Ons sal in die afkondigings aandui wanneer nuwe nuus beskikbaar is.   2 Mei se nuusbrief is nou te kry.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

BREI- EN SWEETPAKPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, die maak van sweetpakkies of wol of sweetpakmateriaal kan skenk, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

HENNIE BROODRYK – FIETSTRAP VIR FONDSINSAMELING

Hennie gaan fiets ry v/a 9 tot 22 Junie v/a Pomfret in Noord-Wes tot by Wellington.  Hy samel geld in vir Emmanuel Christian Outreach (Matie le Roux se seun) en Sunfield.  Indien u ‘n bydrae wil maak, skakel die kerkkantoor.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

ACVV  MAATSKAPLIKE DIENSE PROJEK WINTERHOOP 1 – 20 JUNIE 2013

Winterhoop is ‘n landswye veldtog wat PEN en Metro Evangeliese Sorg in samewerking met kerke, welsynsorgani- sasies, RSG,  KYKNET en koerante aanbied om die nood in ons land gedurende die wintertyd te verlig.   Ons doen ‘n beroep op die publiek om nie-bederfbare kos, toiletware en komberse te skenk.  Bydraes kan by die Maatskaplike Werk Kantore  (langs die Dienssentrum), Bainstr 20 besorg word.   Ons sal die bydraes onder die behoeftiges versprei.  Ons maak staat op u samewerking.   Navrae:  021-8732204.

 

DEUROFFER – JEUGWERK

Die visie van die Jeugkommissie is om vir alle generasies ruimte te maak binne die kerk.  Daarvoor doen ons navorsing, fasiliteer gesprekke en ontwerp prosesse wat gemeentes self kan gebruik om in hulle eie konteks hierdie uitdaging die hoof te bied.  Die Jeug kommissie ondersteun dit met materiaal wat ontwikkel word, kursusse wat aangebied word en gestruktureerde bedieninge.  Voorbeelde hiervan is KIX-strukture (Kinderkrans), NOUS clips en verskeie kursusse wat voortdurend ontwikkel en aangebied word. Vir verdere navrae, skakel die Jeugkantoor by 021-957 7199.  Besoek www.gemeentes.co.za vir verdere besonderhede.

In die Nuus