Deur : Skriba  /  June 17th, 2013

PREDIKANTEVERLOF

Ds Jan is met langverlof tot 31 Julie en ds NJ met verlof v/a 20 Junie – 10 Julie.  Ingeval van ‘n krisis, kan u die kerkkantoor skakel of dr Hennie van Deventer v/a 20 Junie – 1 Julie by 072 433 0085, dr Ryk van Velden v/a 20 – 29 Junie by 082 857 4368, en ds George Conradie v/a 2 tot 10 Julie by 083 662 5126.

 

KERKKANTOOR URE

Die kerkkantoor gaan gedurende die skoolvakansie v/a 1 – 5 Julie slegs oop wees tot 13:00 en nie 14:00 nie agv skriba wat met verlof gaan.

 

NUWE BYBELVERTALING

‘n Petisie wat die nuwe Bybelvertaling wil verdag maak, doen die rondte.  Die korrekte inligting is beskikbaar op ons webwerf, by die kerkkantoor en in die kerk se voorportaal.  U kan ook die kerkkantoor kontak indien u dit per epos wil ontvang.

 

“BONDEL SMS’E” VANUIT KERKKANTOOR

Wanneer u ‘n sms vanuit die kerkkantoor ontvang en u wil daarop antwoord, vra ons dat u asb meer volledig sal wees soos bv waaroor dit gaan en om ook u naam aan die einde van die sms te tik aangesien ons baie sms’e per dag uitstuur en sonder bg inligting nie altyd weet waaroor dit gaan of van wie dit kom nie.

 

VAKANSIE BYBELSKOOL

“Op Safari op Roete 254”.  Voorskool tot Gr 6 is baie welkom om v/a 24 tot 28 Junie deel te wees van ons ontdekking van Ps 25:4.  R160-00 per kind vir baie opwinding, pret en geestelike groei.  Inskrywingsvorms beskikbaar by ons kerkkantoor, Moedergemeente se kerkkantoor, laerskole en tannie Adell.  Die sluitingsdatum is 21 Junie.  Sien uit om julle op safari te neem.

 

WILDSMARK 9 AUGUSTUS

Op Donderdag 8 Augustus kan u heerlike wildsburgers en “wilde honde” kom eet na werk v/a 18:00.  Vrydag is ‘n vakansie- en feesdag en Middelburg bring baie wildsvleis en –produkte.  Gemeentelede wat wil woeker vir die basaar het ot 19 Junie kans om ‘n stalletjie te bespreek by die kerkkantoor.  V/a 20 Junie kan u ‘n stalletjie bespreek om u eie produkte te bemark @ R100-00 per produk.  Navrae kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

WILD TE KOOP

Gekerfde wildsbiltong @ R20-00/100g, Kudusalami’s @ R120-00, wildspatties @ R35-00/600g (4 patties) en heerlike wildsbraaiwors @ R60-00 p/k te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure 08:00 tot 14:00.

 

DIENS VAN BARMHARTIGHEID STRAATMARK

Ons beoog om ’n straatmark op 29 Junie te hou.  Klere, veral warm klere, en enige kombuisware, gordyne en beddegoed kan by die kerkkantoor afgegee word.  Ons benodig ook skoolklere.

 

40 DAE V/A 4 AUGUSTUS

Die tema loop oor 6 weke in preke en in kleingroepe.  Romeine 12 die roete na vernuwing.  Indien u wil deel wees van ’n kleingroep of bereid is om leiding te neem, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons benodig getalle vir bestellings.  Alles in Afrikaans.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie te gee wat hulle oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u dalk iets soek om die kinders in die koue wintervakansie tuis besig te hou of saans voor die kaggelvuur ‘n tydjie kan afknyp om ‘n Kerskaartjie of meer te maak om ons daarmee te help, sal ons dit baie waardeer.   Ons kon verlede jaar 600 kaartjies vir hulle gee.  Ons wil ook asb vra dat u, indien dit moontlik is, ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat.  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 082 774 9039 of 021 864 3175.

 

NUUS VAN MIRIAM / ELZA

Indien u haar nuusbrief per e-pos wil ontvang, stuur u besonderhede na carina.t@ibits.co.za  Indien u ‘n gedrukte kopie verlang, is dit by kerkkantoor  beskikbaar. Ons sal in die afkondigings aandui wanneer nuwe nuus beskikbaar is.   Junie se nuusbrief is nou te kry.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

NOODKAS

Barmhartigheidsdiens sê baie dankie vir gemeente se volgehoue ondersteuning.  Ons noodkas is egter nou baie leeg en ENIGE bydrae sal baie welkom wees.

 

BREI- EN SWEETPAKPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, die maak van sweetpakkies of wol of sweetpakmateriaal kan skenk, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

VREUGDEDIENS

Benodig leë 500ml yoghurt houers.  U kan dit na die kerkkantoor neem.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

DS DRIES VOLSCHENK KINDERBEDIENING MADAGASKAR

Preek Sondag  21 Julie by ons.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

ACVV  MAATSKAPLIKE DIENSE PROJEK WINTERHOOP 1 – 20 JUNIE 2013

Winterhoop is ‘n landswye veldtog wat PEN en Metro Evangeliese Sorg in samewerking met kerke, welsynsorgani- sasies, RSG,  KYKNET en koerante aanbied om die nood in ons land gedurende die wintertyd te verlig.   Ons doen ‘n beroep op die publiek om nie-bederfbare kos, toiletware en komberse te skenk.  Bydraes kan by die Maatskaplike Werk Kantore  (langs die Dienssentrum), Bainstr 20 besorg word.   Ons sal die bydraes onder die behoeftiges versprei.  Ons maak staat op u samewerking.   Navrae:  021-8732204.

 

ANGS EN DEPRESSIE ONDERSTEUNINGSGROEP

Woensdag 19 Junie om 19:15 Moeder se Kerkksaal.  Die spreker is Heleen Pretorius en die onderwerp “Van Trauma na Hoop en Lewe”.  Heleen Pretorius het ‘n grusame ongeluk oorleef en moes van vooraf weer leer om te loop, praat, lees ens.  Haar geloof  was haar anker en vandag leef sy met ‘n lied in die hart en altyd ‘n glimlag op haar gesig.  Kom na ons byeenkoms en kom skep moed!  Jy sal nie teleurgesteld wees nie!

Ons gaan lekker sop en broodjies geniet.  ‘n Vrywillige donasie is altyd welkom!  Kontak my indien jy meer wil weet. Petro 072 709 8000.

 

DEUROFFER –  INSTITUUT VIR BLINDES

Die Instituut vir Blindes is in 1881 deur die NG Kerk gestig en streef vandag daarna om persone wat blind, swaksiende, doofblind en siggestremd is met bykomende gestremdhede deur opleiding, ontwikkeling en versorging tot ‘n vervulde lewe en volle burgerskap te bemagtig.  U voorbidding word gevra vir die werk wat hier gedoen word.  U kan help deur ‘n siggestremde in diens te neem en deur van ons selfvervaardigde produkte (beddens, matrasse, rottang items) te koop.

In die Nuus