Deur : Skriba  /  July 18th, 2013

PREDIKANTEVERLOF

Ds Jan is nog met langverlof tot 31 Julie.

 

WILDSMARK 9 AUGUSTUS

Op Donderdag 8 Augustus kan u heerlike wildsburgers en “wilde honde” kom eet na werk v/a 18:00.  Vrydag is ‘n vakansie- en feesdag.  Middelburg bring baie wildsvleis en u kan woeker vir die basaar of u eie sak.  Bespreek betyds ‘n stalletjie.  Navrae kerkkantoor of Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

WILD TE KOOP

Heerlike wildsbraaiwors @ R60-00 p/k te koop by die kerkkantoor gedurende kantoorure 08:00 tot 14:00.

 

40 DAE V/A 4 AUGUSTUS

Die tema loop oor 6 weke in preke en in kleingroepe.  Romeine 12 die roete na vernuwing.  Indien u wil deel wees van ’n kleingroep of bereid is om leiding te neem, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Ons benodig getalle vir bestellings. Koste is R40-00 en  alles is in Afrikaans.

 

NUWE BYBELVERTALING

‘n Petisie wat die nuwe Bybelvertaling wil verdag maak, doen die rondte.  Die korrekte inligting is beskikbaar op ons webwerf, by die kerkkantoor en in die kerk se voorportaal.  U kan ook die kerkkantoor kontak indien u dit per epos wil ontvang.

 

“BONDEL SMS’E” VANUIT KERKKANTOOR

Wanneer u ‘n sms vanuit die kerkkantoor ontvang en u wil daarop antwoord, vra ons dat u asb meer volledig sal wees soos bv waaroor dit gaan en om ook u naam aan die einde van die sms te tik aangesien ons baie sms’e per dag uitstuur en sonder bg inligting nie altyd weet waaroor dit gaan of van wie dit kom nie.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag vroegtydig begin om weer vanjaar vir elke gevangene in die Hawequa en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie te gee wat hulle oor die Kerstyd vir hulle geliefdes kan stuur.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Indien u dalk iets soek om die kinders in die koue wintervakansie tuis besig te hou of saans voor die kaggelvuur ‘n tydjie kan afknyp om ‘n Kerskaartjie of meer te maak om ons daarmee te help, sal ons dit baie waardeer.   Ons kon verlede jaar 600 kaartjies vir hulle gee.  Ons wil ook asb vra dat u, indien dit moontlik is, ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat.  Kontak kerkkantoor of Lounette van Niekerk, Bainsvallei 15 082 774 9039 of 021 864 3175.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

BREI- EN SWEETPAKPROJEK

As u kan help met die brei van musse, serpe, truitjies en bedsokkies, die maak van sweetpakkies of wol of sweetpakmateriaal kan skenk, kontak Suzanne Fabricius 021 864 1122.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

DEPRESSIE EN ANGS ONDERSTEUNINGSGROEP

Vlg byeenkoms is 17 Julie om 19:15 in Wellington se kerksaal.  Die spreker is George Conradie ~ Kliniese Pastorale Terapeut en die onderwerp “HELP, ek het ‘n geliefde aan die dood afgestaan”.  George Conradie was 28 jaar ‘n predikant en het verder gestudeer in Sielkunde.  Hy het ‘n praktyk in Wellington en doen berading in verskeie areas, byvoorbeeld die rouproses, depressie, angs, krisishantering en nog vele meer.  George het ‘n sagte benadering tot mense, eintlik moet ek sê hy hanteer ander met liefde!  As jou  hart stukkend is of as dit voel asof jou lewe uitmekaar val nadat ‘n geliefde weggeneem is, kom na ons byeenkoms en ek is seker jy sal ‘n salfie kry. Bring gerus vriende en/of familie saam.  Voordat  George met ons gaan gesels, gaan ons eers lekker sop en broodjies geniet. Kontak Petro  072 709 8000 / 021 873 4688 vir meer inligting. 

In die Nuus