Deur : Skriba  /  July 22nd, 2013

KERKRAADSVERKIESING 19 AUG 2013

Die volgende wyke is vakant: 

Ouderlinge:  7, 8, 13, 14, 18, 19, 20, 21, 25, 26, 29, 30, 32, 34, Spruitrivier, Laer-Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Bordeaux, Blouvlei, Groenberg, Krommerivier, Patatskloof, Les Huguenote B, Dukes

Diakens:  1 Noord, 7, 8, 11, 12, 13, 14, 15, 17, 18, 19, 20, 21, 24, 27, 28, 30, 31, 33, Spruitrivier, Uitsig, Laer Uitsig, Uitsig-Noord, Uitsig-Suid, Onder Berg & Dal, Blouvlei, Les Huguenots A, Les Huguenots B, Groenberg, Dukes, Hertzog

Dit is elke wykslid se verantwoordelikheid om ‘n ouderling en diaken te nomineer waarmee u kan saamwerk sodat ons gemeente optimaal kan funksioneer.

 

VERLOF

Ds Jan is nog met langverlof tot 31 Julie.

 

WILDSMARK 8 & 9 AUGUSTUS

Ons noem dit nou die Wildsmark i.p.v. Wildsfees.  Donderdag kan u “hamburgers” en “hotdogs” met Middelburg se wors en “patties” kom koop v/a 17:00 by die “Drive Thru” by Die Sentrum.  Vrydag kan u wild en nog vele eetgoed kom koop en geniet.  Navrae  Danie Theart 021 873 1275 /  084 517 2610.

 

ROETE NA VERNUWING (40 DAE) 4 AUG – 12 SEPT 2013

Die tema loop oor 6 weke in preke en in kleingroepe.  Romeine 12 is die roete na vernuwing. Die 6 temas is soos volg:

  • Ken jy die groot ontferming van God?
  • Hoe om vir God te gee wat Hy soek
  • Laat God jou verander!
  • Ontdek jou ware self tussen ander
  • Gemeenskap:  ’n Nuwe lewe voor die Here!
  • Oorwin die bose

Indien u wil deel word van ’n kleingroep of bereid is om leiding te neem, gee asb u naam deur aan die kerkkantoor.  Die handleidings @ R40-00 (in Afrikaans) is nou by die kerkkantoor beskikbaar.

 

UITSTAANDE T-HEMP GELDE

Ons herinner u vriendelik daaraan om uitstaande gelde vir T-hemde (kerk se 40ste verjaarsdag) wat reeds geneem is, asb by die kerkkantoor in te betaal.

 

HUWELIK MET VONK

4 Huweliksverrykingsgeleenthede word aangebied v/a 7 – 28 Aug op Woensdagaande v/a 19:00 – 20:00 in Die Sentrum.  Toegang is gratis en die aanbieders is di NJ en Jan.  Inskrywings by die kerkkantoor voor of op 31 Julie.

 

GELOOFSOFFERS

Hiermee % van Geloofsoffers wat ons ontvang het v/a 1/3 – 31/5/2013:

Makhathini 73.3%, Mbekweni 10%, Amos 35%, Arbeidsbediening 38%, 10/40 Venster 76.9%, Ma- dagaskar 59.5% / Mosambiek 23.4% / Noord-Afrika 100% / TIW 100% / Malawi 100% / Sending- aksie van Wellington-Oos Jeug 13.63% / Algemeen 100%.  Fondse ontvang word gereeld aan die begunstigdes oorbetaal.  Die Getuieniskommissie wil lidmate hartlik bedank vir bydraes wat reeds ontvang is en rig ‘n vriendelike versoek dat u asb voortgaan totdat u beloftes ten volle inbetaal is.

 

NUWE BYBELVERTALING

‘n Petisie wat die nuwe Bybelvertaling wil verdag maak, doen die rondte.  Die korrekte inligting is beskikbaar op ons webwerf, by die kerkkantoor en in die kerk se voorportaal.  U kan ook die kerkkantoor kontak indien u dit per epos wil ontvang.

 

“BONDEL SMS’E” VANUIT KERKKANTOOR

Wanneer u ‘n sms vanuit die kerkkantoor ontvang en u wil daarop antwoord, vra ons dat u asb meer volledig sal wees soos bv waaroor dit gaan en om ook u naam aan die einde van die sms te tik aangesien ons baie sms’e per dag uitstuur en sonder bg inligting nie altyd weet waaroor dit gaan of van wie dit kom nie.

 

KLEREBANK BY KERK

Ons het netjiese klere by die kerk wat gratis beskikbaar is (of u kan ‘n donasie gee indien u wil).  Ons benodig tans aandklere wat vir bv ‘n Matriekafskeid/koshuisdinee geskik sal wees.  Indien u self klere nodig het of weet van iemand of indien u aandklere wil skenk, skakel die kerkkantoor of Suzanne Fabricius 021 864 1122 / 072 244 3931.

 

KERSKAARTJIES VIR GEVANGENES

Gevangenes kan oor Kersfees baie broos en afgesonder voel van hulle geliefdes tuis en wil graag kontak maak met hul mense, maar het gewoonlik nie die middele om dit te doen nie.  Die Vrouediens (Getuienis) wil baie graag  weer vanjaar vir elke ge- vangene in die Hawequa  en ander gevangenisse in die omgewing ‘n Kerskaartjie gee wat hulle oor die Kersseisoen vir hulle geliefdes kan stuur.   Ons sal dit regtig baie waardeer indien u kans sien om ons te help deur ‘n kaartjie of meer te maak.  Die Kerskaartjies kan gemaak word deur bv ‘n A4 blad in vier te vou en dan op die voorkant  ‘n prentjie te plak of om dit met enigiets anders te versier.  Ons wil ook vra dat u, indien dit moontlik is, asb ‘n koevert en ‘n posseël by elke kaartjie sal sit.  Baie dankie by voorbaat!  Kontak Lounette van Niekerk 082 774 9039 / 021 864 3175.

 

MAKHATHINI UITREIK

Wellington-Oos beplan ‘n Makhathini-uitreik vanaf ongeveer 22 Augustus tot 1 September. Ons fokusareas tydens Makhathini-uitreike is opleiding en ondersteuning tov primêre gesondheidsorg/tuisversorging van siekes en bejaardes, opleiding en ondersteuning by kleuterskole asook enige tipe vaardigheidsontwikkeling by werkloses, veral na-skoolse jeug.  Indien u belangstel om die uitreik mee te maak en ‘n bydrae wil lewer by genoemde fokusgebiede, skakel gerus vir Ds Jan 084 585 3531 of Wynand Lambrechts 083 454 5650.

 

SELGROEP VIR MANNE

Donderdagaande om 19:00 by Buks Oberholzer se huis by Van der Merwestraat 27.  Kontaknrs 021 864 1867 / 082 377 7705.

 

PLASTIESE BROODGOEDJIES

Baie dankie aan almal wat so getrou bymekaar maak – hou asb aan om dit te doen.

 

BEURSE AAN BEHOEFTIGE NGK-MATRIKULANTE

Daar is 30 beurse van R7 500 elk beskikbaar aan behoeftige NGK-matrikulante wat volgende jaar verder gaan studeer.  Vir verdere navrae skakel die kerkkantoor.

 

BAIE DANKIE

Die ACVV (Maatskaplike Dienste) wil graag vir Elsa Giliomee en haar span helpers bedank vir die pragtige duvets wat hul gemaak het.  Ons weet daar gaan baie tyd en liefde in en kan hul verseker dat hul baie harte daarmee verbly het.  Baie dankie ook aan almal wat kos, warm klere en komberse gebring het vir OPERASIE WINTERHOOP 2013.   Elkeen se bydrae word opreg waardeer en stel ons in staat om die nood te help verlig.  ACVV Bestuur en Personeel.

 

SANGDIENS WELLINGTON-NOORD

Sondag 28 Julie om 09:30 (toegang gratis).  “Wie is Koning?”  Liturgiese musiekdrama oor Politiek en Hoop!  Met Zanne Stapelberg, Johann Enslin, André Terblanché, Lizette Brewis, Francelle Venter, Kyle Seconna, Jan Olivier, Winand Grundling, Schalk Wasserman en die Hugenote Hoërskoolkoor.

In die Nuus